Safa ondersteun Danny Jordaan ná verkragtingsklag

Danny Jordaan (Foto: safa.net via ANA)

Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) het Donderdag aangekondig dat sy nasionale uitvoerende komitee hul president Danny Jordaan sal ondersteun te midde van bewerings van verkragting teen hom.

Klagtes is teen Jordaan aanhangig gemaak deur voormalige ANC-LP Jennifer Ferguson. Ferguson, ʼn sangeres wat nou in Swede bly, het in Oktober 2017 beweer dat Jordaan haar in 1993 by ʼn hotel in Nelson Mandelabaai verkrag het tydens ʼn funksie waar sy opgetree het. Sy het verlede week ʼn klag van verkragting teen Jordaan aanhangig gemaak by die Parkview-polisiestasie in Johannesburg.

Safa het Donderdag tydens ʼn perskonferensie in Johannesburg gesê Jordaan is onskuldig totdat hy skuldig bevind word.

Die Nasionale Vryheidsparty (NVP) het Dinsdag vir Danny Jordaan, president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa), aangemoedig om te bedank te midde van die aanklag van verkragting. Die NVP het gesê Jordaan het tien dae om uit sy pos te bedank.

Jordaan, voormalige burgemeester van Nelson Mandelabaai, het die voorval ontken en hou vol hy is onskuldig. Hy het verlede jaar Ferguson se aanbod vir bemiddeling tussen die twee van die hand gewys omdat hy gevoel het die publiek sal dit as ʼn toesmeerdery beskou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

zoom zoom ·

As hy onskuldig is soos wat hy sê, hoekom open hy nie ‘n saak teen haar vir naamskending???.

Gys ·

Ek sal graag wil weet hoe sulke sake bo redelike twyfel bewys word indien dit in n privaat kamer plaasgevind het? Sy woord teen haar woord. Kyk, ek hou net mooi niks van hom nie, maar elke Jan Rap en sy maat word deesdae van kamstige verkragting beskuldig.

Oom Kalahari ·

Jennifer ek glo jy het al die jare deur nagmerries gehad en baie vroue vandag sal gril vir sokker monstertjies.

Koos ·

Puik opsomming Bloudraad. Sy gaan ‘n “own goal” aanteken teen ou Danny Boy in hierdie episode. Selfs al het dit gebeur het sy te lank gewag. Rip van Winkel se moses!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.