Saftu: Busstaking sál verskerp as ooreenkoms nie bereik word

Puseletso Molise, die provinsiale sameroeper van Saftu in Noordwes, praat met stakende busbestuurders by ʼn busstasie in Rustenburg. Foto: ANA

Die vakbondfederasie Saftu het Dinsdag gedreig dat die landwye busstaking verskerp sal word indien ʼn ooreenkoms tussen partye nié teen Dinsdagaand bereik is nie.

Puseletso Molise, die provinsiale sameroeper van Saftu in Noordwes, het gesê die vakbondfederasie verwag dat ʼn ooreenkoms teen 18:00 Dinsdagaand bereik is.

Molise het gesê taxi- en vragmotorbestuurders, mynwerkers en die algemene publiek sal ook nou gevra word om by die staking aan te sluit. “Die staking gaan aan. Ons het kragte gemobiliseer. Die taxi-bedryf sal by die staking aansluit, vragmotorbestuurders sal hul vragmotors in die middel van paaie stop en dit daar los, mynwerkers sal ophou werk en die algemene publiek sal die staking ondersteun,” het hy gesê.

“Saftu sal nie verantwoordelik gehou word vir wat ook al van vandag af vorentoe gebeur nie.”

Dit was teen Woensdagoggend onduidelik of ʼn ooreenkoms bereik is.

Stakende busbestuurders het Maandag met pendelaars in Rustenburg in Noordwes vergader in ʼn poging om hul samewerking te kry in die stryd om beter lone.

“Ons wil hê passasiers moet weet en verstaan dat dit nie ons is wat die vervoer [busse] weier nie. Daarom moet hulle aansluit by die stryd teen die mense wat nie vir hulle omgee nie,” het Molise gesê.

Die landwye busstaking het reeds op 18 April begin en lei daartoe dat duisende pendelaars daagliks gestrand is of noodgedwonge van duurder alternatiewe vervoer gebruik moet maak. Busbestuurders dring aan op beter werkstoestande en ʼn minimumloon van R8 000. Busbestuurders, onder leiding van die vakbond Satawu, staak al sedert verlede week landwyd terwyl hulle ʼn algemene salarisverhoging van 12% eis. Werkgewers was slegs bereid om 7% aan te bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Heerlik ·

Lekker staak dit is HEERLIK SONDER Die ongeskikte onpadwaardige busse op die pad . en ek gee nie ‘n duit om vir die pendelaars nie, hulle STAAK te heerlik saam … bly dan maar sonder werk en sonder vervoer . Hoekom is sommige mense tevrede met die minimumloon en die ander nie? Dit is weer FAT CATS wat die mense opsteek en verwagtinge skep wat NIEMAND kan bykom nie … HOU AAN STAAK .. net vreemd op SWART MAANDAG toe die EFF en almal se monde vol was oor die ‘ontwrigting’ wat die WIT MAN veroorsaak het maar as die SWART MAN ontwrigting (en brande en gewelddadige optogte het) dan is dit NIKS, solank die WIT MAN net nie ‘n swart themp aantrek en stadig ry nie is ALLES REG …

Stem saam ·

Stem met jou saam Heerlik. In apartheid se tyd op die myne (ek was mynopmeter) is jy as mynamptenaar summier weggejaag sou jy staak. Tog gaan ek ‘deelneem’ aan die staking om nie fiets te ry maar met my voete te loop . . .

L ·

Hulle almal het motors in elkgeval. Geen verskoning om nie te gaan werk nie, nou pleit hulle kastig weer “poverty”!

bgj van der westhuizen ·

hulle staak vir meer geld maar lig hulle ook die penelaars in dat as hulle meer loon kry hulle meer moet betaal vir die bus trip en ja daar kan gerus gekyk word na die bestuurder hoe hulle op die pad bestuur en na die busse ook wrakke

Wolf ·

Wat ons op maroela sien is niks.
Oral brand die land, is daar moord, word kinders verkrag, diefstal, anargie daars nie werk nie, stede is oorbevolk met baie buitelanders. Die gewese mooi land is onregeerbaar. Moet daar nie maar weer n “STATE of EMERGENCY” afgekondig word sodat die ou bietjie polisimanne en weermag die klomp wetteloses vasvat nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.