Saftu verwelkom ondersoek oor pryse vir kankermedikasie

medisyne-farmaseutiese-laboratorium-medikasie-pexels

Die Suid-Afrikaanse mededingingskommissie ondersoek drie farmaseutiese maatskappy se pryse vir kankermedisyne. Foto: Pexels.com

Die vakbondfederasie Saftu het gesê hy verwelkom die Mededingingskommissie se besluit om die pryse van kankermedikasie te ondersoek ná besware wat die advokate vir Borskanker, die Kanker-alliansie, die Kankervereniging van Suid-Afrika en Section27.

“Die farmaseutiese maatskappye wat tans ondersoek word, sluit Roche in, wat borskankermedikasie in Suid-Afrika verskaf, Pfizer wat longkankermedikasie verskaf en Aspen wat medikasie vir verskillende vorme van kanker verskaf,” het Saftu in ʼn verklaring gesê.

“Die kommissie sal ondersoek instel oor bewerings dat hierdie maatskappye kankerpasiënte uitbuit deur hul monopolie en deur buitensporige bedrae te vra vir medikasie wat lewens kan red en moontlik diegene se dood veroorsaak wat dit nie kan bekostig nie.”

Inligting waaroor die kommissie beskik “bevestig dat borskankerbehandeling onbekostigbaar is” in Suid-Afrika en talle mediesefondsskemas weier om vir die behandeling te betaal, gebaseer op die koste. ʼn 12 maande-kursus van Roche se Herceptin in die privaat sektor kos meer as R500 000, en dit is selfs duurder indien ʼn hoër dosis vereis word. Borskankerpasiënte kan dus in die privaat en openbare sektor dus nie behandeling bekostig nie, het Saftu bygevoeg.

Die kommissie ondersoek ook bewerings dat die maatskappye hul monopolie beskerm het deur patentewette te omseil deur “nuwe weergawes” van bestaande gepatenteerde produkte met geringe veranderinge registreer of net met ʼn nuwe naam, om generiese weergawes van dieselfde medikasie in die mark te vertraag.

“Een van die maatskappye, Aspen, is pas met €5,2 miljoen beboet ná ʼn appèlaansoek, wat met sy portefeulje van onkologieprodukte wat in Italië versprei word, van die hand gewys is,” het Saftu gesê.

“Tydens onderhandelinge oor medikasiepryse in Spanje in 2014, het Aspen vermoedelik ook gedreig om op te hou om kankerbehandeling te verkoop, tensy die minister van gesondheid instem om pryse tot en met 4 000% te verhoog. ʼn E-pos, wat uitgelek het, dui daarop dat personeel by Aspen selfs oorweeg het om voorraad te vernietig tydens die onderhandelingsproses. Dit is afpersing en uitbuiting.

“Saftu stem met die Mededingingskommissie saam dat die gesondheidsorgbedryf, veral farmaseutiese maatskappye, is ʼn prioriteitsbedryf weens die negatiewe impak wat ʼn nie-kompeterende produk in die bedryf sal hê op gebruikers in die algemeen, en veral arm en weerlose mense.”

Lees ook: Pryse vir kankermedikasie word ondersoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Reg ·

Al die medikasie moet n slag so ondersoek word.
Veral meds waar n mediesefonds betrokke is. Ook waar die GP ook med uitdeel.

piper ·

om n middel te ontwikkel kos jare se navorsing . eers moet die middel ondek of geskep word. die mense wat dit doen is nie straatveers of skoonmakers nie maar persone met minstens n doktorale kwalifikasie. verder word dit gedoen in hoogs gesofiskeerde laboratoriums en nie in koeksisterkombuise nie. dan word dit vir n paar jaar op diere getoets en nie deur straatveers of skoonmakers in nie pannekoek kombuise nie. daarna word dit op mense getoets weereens deur hoogs gekwalifiseerde persone in wat nie n vetkoekkombuis is nie. dan veral in amerika moet versekering geneem word teen moonlike eise teen die vervaardigers. dan moet nog stabiliteits toetse en doseringsvorme ontwikkel weereens deur top mense en nie in n sopkombuis nie. dan moet die middel geregistreer word en dan bemark word. ons kan kyk na 10 tot 20 jaar wat al die prosesse neem. maak jou somme.

Wow ·

Dit is die grootheidswaan wat die gevaar is. N pannekoek, sop, vetkoek kombuis en kok of bakster het sy ewe belangrike rol in die samelewing, daarsonder sal die vername dokters en labortoriums nie oorleef nie. Ek is nie in een van enige beroep hier nie, maar ook n belangrike skakel, die finansiele sy, sonder dit sal al die beroepe hier ook nie reg funksioneer, maar neersien op n ander. Straatveer en skoonmakers, dankie vir jul deel, anders het vername dokters nie by hul labs uitgekom of skoon klere aangehad nie, nie versuip in hul skottelgoed. Alle beroepe is noodsaaklik en verdien respek, trots op jou werk is grootste vereiste, nie grootheidswaan, dit kom tot n val.

Cherokee ·

Wow….. hiermee het ek ‘n wow(!) vir jou erkenning aan ons straatveërs. Ons voel gewoonlik misken en nie raakgesien maar dit is lekker om te sien dat ons wel waardeer word. WOW!!!

kelner ·

en dan is daar natuurlik duegene wat so beibdruk is deur sy/haar SG matriek dat dit nog nooit opgekom het dat twakpraat deur mense uit n boerekombuis eintlik wys dat hulle onbewus is dat straatveëers, skoonmakers, koeksisterbakkers , pannekoekbakkers, vetkoekbakkers en huisvroue nie noodwendig almal ploerte is net natruek en n diploma van die pokky Ann school of beauty is nie.

Middelburger ·

Tot een van jou geliefdes met kanker gediagnoseer word..

Wow ·

Ek weet nie of jy spot Cherokee, maar n straatveer wat met trots sy werk doen is meer eerbaar as die neerhalende pharmacist/dokter bo, hy doen dit vir geld. Verder is dit vir ons almal se belang en veiligheid dat strate skoon moet wees. As ek so persoon of selfs toilet skoonmakers kry wat met trots alles mooi skoonhou,gee ek hul n goeie fooitjie, want min mense is bereid om dit te dien en ek het groot waardering vir die diens,

Werklik geskok ·

Ek het nog nooit soveel lelik in iemand se hart gesien teenoor eerbare beroepe en mense.

Byvoeging ·

Ek wil byvoeg die sogenaamde fisioterapie wat gedoen word op kankerpasiënte wat reeds met een voet in die graf staan. Dan word daardie pasiënt ook sommer bibberend van koue gelos totdat my dogter haar moeder moet terugneem na haar bed. Wanneer die medies uitgeput is word die bedrag verskuldig sommer van my spaarrekening gedeelte van die fonds verhaal.

al ·

Ons almal betaal tog een of ander belasting, ek glo die middele moet ‘vrylik’ beskikbaar wees. Nie almal kan ñ mediese fonds bekostig nie – en medies is verskriklik duur met ñ hoop bybetalings. Al het jy ñ mediese fonds.

Jacques Venter ·

Piper my vriend
Ek het al agter gekom dat soveel op die blog nie die essensie van n boodskap nie volg of verstaan nie. En dan sommer dwars inval oor n voorbeeld wat jy genoem het.
Niemand is so blind as hulle wat nie wil sien nie

Wow ·

Nee ons verstaan dit is duur en jare se navorsing deur mense wat jare ten duurste studeer, hierdie sin sou sy hele boodskap van koste verduidelik het, dit was so swak en onnodig om n ellelange neerhalende boodskap van belediging teenoor ander beroepe wat in elke samelewing net so belangrik is.

Wow ·

Afterall koop hierdie eenvoudige beroepe hul produkte en hou hulle aan die lewe nie net met hul beroepe, maar ook met koopkrag.

John ·

Ja, Hamelin is ook deur so ‘n meneer om die bos gelei…. en wat het toe van hom geword?

Francois le Cockon ·

Om kankermedikasie se koste in perspektief te stel, dit kos tussen R2 miljoen en R3 miljoen per kilogram.
Geen wonder my vrou se viendin wat ‘n mediese “rep” is kry R80,000 per maand basies, plus nog komissie. Daarby ‘n nuwe motor elke jaar, plus ‘n 4 weke oorsee se vakansie elke jaar vir die hele familie. Gratis mediese fonds, skoolgeld, kruideniersware en vele meer. In haar eie woorde, haar maatskappy maak so baie geld, hulle weet nie wat om daarmee te doen nie.

Barnie ·

Hel Piper na al die geleerdheid, kursusse, navorsing en gesofistikeerde labratoriums gaan daar daagliks nog BEHANDELDE mense dood aan kanker. Wat is dan fout?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.