Sahpra gekap oor trae reaksie rakende ivermektien 

Ivermektien. (Foto: SA Polisie)

Die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid het die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) gekap oor sy oënskynlik trae reaksie rakende die debat oor die gebruik van ivermektien vir Covid-19.

Ná sterk druk mag dokters nou onder streng voorwaardes in beperkte gevalle ivermektien voorskryf aan pasiënte wat besef dat die middel se doeltreffendheid en veiligheid by die bekamping van Covid-19 in mense nog nie vasgestel is nie.

“Wat die nut van ivermektien betref, kan ons nie sê dat die gebruik daarvan vir die behandeling van Covid-19 in hierdie stadium goed of sleg is nie,” het prof. Helen Rees, raadsvoorsitter van Sahpra, gesê.

“Ons weet nie, ons het goed gekontroleerde studies nodig oor die doeltreffendheid van ivermektien – wat eers in Februarie en Maart verskyn.”

Die komitee meen Sahpra moes die voorloper gewees het toe die kwessie van die gebruik van ivermektien vir Covid-19 vir die eerste keer in die openbare domein ter sprake gekom het. Sahpra se trae reaksie rakende die kwessie is kommerwekkend, het die komitee gesê.

Dr. Boitumelo Semete-Makokotlela, uitvoerende hoof van Sahpra, het egter gesê hulle was nie passief rakende die kwessie nie, maar het eerder met ander reguleerders saamgewerk om gekontroleerde en gemoniteerde toegang tot ivermektien te verseker.

Toetse en proewe hieroor word tans gedoen aan die Universiteit van die Vrystaat, die Universiteit van die Witwatersrand en die Universiteit Stellenbosch.

Ivermektien word gewoonlik in Suid-Afrika gebruik vir die beheer van parasiete in diere. Dit is in 1988 in die land vir menslike gebruik goedgekeur, maar slegs vir die bekamping van wurms, kopluise en sekere tropiese siektes wat byna nooit in Suid-Afrika voorkom nie.

Dit is so min gebruik dat die destydse vervaardiger die registrasie daarvan vir menslike gebruik laat verval het. Die sukses en newe-effekte daarvan in die behandeling van die koronavirus is onbekend.

Dit is goedkoop om te vervaardig en word tans in baie lande vir gebruik teen die koronavirus getoets, maar tot dusver is die toetsgetalle te klein om dit sonder risiko vryelik voor te skryf.

Dr. Kenny Jacobs, ANC-LP, het gewaarsku dit is regtig beter om te wag tot al die toetse afgehandel is voordat mense ivermektien neem.

Sahpra se verskyning voor die komitee kom net ʼn dag nadat ʼn skikkingsbevel in die hooggeregshof in Pretoria bekragtig is waarvolgens dokters nou Covid-19-pasiënte met ivermektien kan begin behandel sodra hulle ʼn artikel 21-aansoek ingedien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

houopkruip ·

Sahpra se argument is verstommend swak.
As die middel goedgekeur is vir menslike gebruik, is daar mos niks om te verloor nie ?
Of dit help of nie help vir Covid 19 kan mos metteryd uitgevind word ?
Intussen bestaan daar die MOONTLIKHEID (al is dit hoe klein) om Covid te bekeer / bekamp ?

Robert ·

Iemand moet hulle wakker maak, dalk sal ‘n krimminele klag van menseslagting dit doen. Want die vertragings lei tot mense wat doodgaan.

quartus ·

Ek persoonlik weet van 2 mense wat herstel het van die corona virus na hulle ivermektien gebruik het,binne 1 dag was daar al n positiewe verbetering,en selfs die een se dr is baie tevrede met die herstel.my botteltjie ivermektien is veilig in my yskas weggebere vir as dit benodig word!.die cANCer kan maar die ander ingevoerde teenmiddel op hulle en mede boeties en sussies gebruik vir al wat ek omgee,daai gemors kom nie naby my nie

Werner ·

Net die feit dat hulle traag is om ivermektien goed te keur wys dat hulle weet dit werk

Stefaan ·

As hulle dit nie kan beheer en geld maak nie sal hulle voete sleep met die goedkeuring.

Robert ·

Dit maak nogal sin. Dan hoef die entstoff mos nie gebruik te word nie. Oops dan maak die cANCer nie geld nie…

koos10 ·

Is dit die rede dat R300.00 per art. 21 aansoek betaal moet word? Is ‘n mens se lewe net R300.00 werd in die regering se oë?

Carina ·

Ek persoonlik weet van 10 mense wat eintlik in hospitaal moes wees so swak was hulle van Covid. Almal het die gewone diere ivermectien spuitstof gedrink. Na slegs 3 dosisse was hulle weer op die been en terug by die werk. Dit WERK!! Kry nou end met julle voete slepery – dis net speel vir tyd om te sien hoe wie waar wanneer hoeveel daaruit kan maak. Alles gaan mos oor geld!!!

henndrik ·

Hulle het nie tyd gehad om die middel te toets nie maar die entstof is 100% – dubbel standaarde

koos10 ·

Ek persoonlik dink die middel is beter as die endstof.
Hoekom nie dit toets en feite kry of dit werk of nie? Pas dit nie in die regering se planne nie?
Hoekom word die endstof net deur die regering verspei? Ek vertrou nie eers die regering met my belasting geld nie, wat nog met my lewe! In alle komunistiese lande beheer die regering alles. Is dit nog ‘n verdere aanduiding van wat nog gaan kom?
Die endstof se lang termyn newe efekte is nie bepaal nie, wat beteken dat oor 5 jaar jy kan kanker ontwikkel wat aan die endstof toegeskryf kan word.
Ivermektien is al in 1988 goedgekeur vir menslike gebruik, maar dit is oorspronklik vir menslike gebruik ontwikkel, wat beteken dat dit deur die normale toets prosesse gegaan het.
COVID endstof is binne 6 maande ontwikkel en gemaak . Die somme maak net nie sin nie!

Jaco ·

die vervaardiger van invermektien is seker nie BEE compliant nie. Daarom word dit afgeskiet. Dis ‘n ding wat in die wit boerderysektor gebruik word. BEE speel geen rol in die invoer daarvan nie. Terselfdertyd is daar reusagtige kritiek uit wit geledere teem die regering se entstof. So ek het ‘n uitstekende oplossing vir dié hele drama oor invermektien: laat die wit boere dit aanhou invoer en onder wit mense versprei en laat die regering en BEE besighede aanhou entstof invoer en onder die res van SA se mense (ramaphosa se our people) versprei. Dan is almal mos nou tevrede. Dan voldoen dit ook sommer aan die twee stelle reëls wat reeds vir so baie goed in SA vir wit mense en swart mense geld.

Grassie ·

Die landsburgers in RSA word soos slaafse onderdane behandel. Die kaders in beheer wil nie hê ons moet vir onsself dink nie, ons moet doen wat hulle sê. Toordokters, kwaksalwers en bossiedokters kan enige konkoksie aanmekaarslaan en vir hul “pasiënte” ingee, dit pla hulle nie maar maar moet net nie ivermektien probeer kry nie. Al rede waaraan ek kan dink is dat as dit werklik help dit dalk kan inbreuk maak op hul planne om hul eie geldsakke goed te vul met die verskaffing van entstof.

Jaco ·

Het almal wat so invermektien se lof besing darem eers seker gemaak dat dit nie die merk van die dier is nie? Want dis wat van alle ander entstowwe gesê is.

koos10 ·

En as jy die Heuwels Fantaties se musiek agter uit speel kry jy potjiekos resepte!

Rosie ·

Volg die geld!!! Dit strek baie verder as Suid Afrika.
Dankie Abba Vader vir Ivermektien.

Annette ·

Ek persoonlik weet ook van mense wat vinnig herstel het na die gebruik van Ivermectin. Een persoon het bietjie naarheid ervaar. Ek self het dit ook gebruik, met geen newe effekte nie. Ek wil net graag weet, waarom hierdie dubbele standaarde? Lees bietjie die lys van moontlike newe-effekte van enige medikasie, sommige laat jou hare rys, jy kan selfs sterf, maar dis goedgekeur vir menslike gebruik. Dis my liggaam en ek het die keuse wat ek daarin gaan sit. Ivermectin is my keuse. Ek vertrou nie die entstof nie. Wat van die mense wat gesterf het na die entstof (talle inwoners van ouetehuise in Noorweë)? Dankie, maar nee dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.