Suid-Afrika se medisyne-reguleerder, Sahpra, het ʼn innoverende, plaaslik ontwikkelde Covid-19-blitstoets goedgekeur.
Die MD SARS-nCoV-2-antigeen-toestel is deur Medical Diagnostech ontwikkel, ʼn plaaslike ontwikkelaar en vervaardiger van hoë gehalte diagnostiese toetse.
Ashley Uys, stigter en uitvoerende hoof van Medical Diagnostech, sê toegang tot kostedoeltreffende diagnostika is noodsaaklik in die stryd teen Covid-19, veral in Afrika. Sahpra se goedkeuring van die MD SARS-nCov-2-antigeen-toestel bied só platform.
Uys sê die maatskappy is besig om ʼn app vir slimfone te ontwikkel wat uitslae van die toestel kan interpreteer. Dit sal subjektiwiteit verminder en ʼn portaal skep vir datagenerering, data-interpretasie en bestuur, tesame met statistiese analise – wat voldoen aan die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popi).
“Medical Diagnostech het reeds ʼn paar toestelle vervaardig vir kommersiële verkope, en het ʼn produksiekapasiteit van 20 miljoen eenhede per jaar,” sê Uys. Hy sê die maatskappy is reeds besig om sy kapasiteit te verhoog en alle toestelle word in Kaapstad vervaardig.
SARS-CoV-2-antigene sal na verwagting binne 15 tot 30 minute opgespoor kan word deur Medical Diagnostech se toestel.
Sahpra het in Augustus die vervaardiging van blits- polimerase kettingreaksiemetode (PKR)-toetse deur die plaaslike biotegnologiemaatskappy CapeBio goedgekeur.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
… en as ek reg onthou was dié toets reeds vroeg in 2020 ontwikkel in SA, maar die onnoukeurige toetse uit Sjina moes voorkeur geniet. . Seker maar een of ander minister wat eers geprofiteer het daaruit…?
Kan julle toets tussen griep en covid asseblief
Op 24 November 2021 het Maroela berig: ‘Skielike styging is weens antigeentoetse’ – volgens die artikel was dit toe al deur Sahpra goedgekeur gewees. Die besluit van Sahpra, en die skielike toename was heelwaarskynlik die rede waarom die wêreld so vinnig hul grense vir SA gesluit het. Hoekom die ou nuus na weke weer herhaal asof dit nuwe nuus is?
Ek sou laaik hulle moet soos in die VK die goed in apteke verkoop sodat mens ‘n paar by die huis kan hou en periodies jouself toets.