Sahpra keur opvolginenting goed

(Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) het die gebruik van ʼn bykomende en opsionele derde dosis van die Pfizer-entstof teen Covid-19 goedgekeur.

Die raad sê ná evaluering van die data wat daaroor voorgelê is, het hy goedkeuring gegee dat ʼn derde dosis van die entstof vir diegene 18 jaar en ouer minstens ses maande ná die toediening van die tweede dosis gedoen kan word.

Sahpra het ook goedkeuring gegee dat ʼn derde dosis van die entstof in diegene 12 jaar en ouer, wie se immuunstelsel ernstig verswak is, minstens 28 dae ná die tweede dosis toegedien kan word.

Die data wat voorgelê is, het net betrekking op ooreenstemmende bykomende dosisse, dus waar die derde dosis van dieselfde entstof as die aanvanklike twee dosisse is.

Dr. Boitumelo Semete, hoof van Sahpra, sê die raad is bewus van die groot belangstelling in die doeltreffendheid en veiligheid van ʼn benadering waarvolgens verskillende entstowwe gebruik word. Sy het ʼn versoek gerig vir voorleggings daaroor.

Daar was die afgelope ruk groot druk om ʼn bykomende dosis entstof beskikbaar te stel aan mense wat dit verkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Erik

Goed so! Inent sal ek inent…

Delene

Never Ending Story!

Ilze

Februarie 2022 sal ek my derde dosis gaan kry.

Elmien

Ek is bly dat almal kan gaan vir hulle 3de dosis maar ek sukkel al 3 weke om my 2de dosis te kry. Ek maak n booking ek daag daar op dan het hulle geen voorraad nie. So hoe kan ons al laat mense gaan vir n derde dosis as almal nog nie eers hulle 2de dosis het nie

Lizelle

Wat van johnsons inenting? Enige nuus oor n aanvullende ent?