Sahpra ondersoek J&J-entstof ná FDA-verslag

Johnson & Johnson-entstof (Foto: Justin Tallis/AFP)

Die departement van gesondheid het gesê hy neem kennis van ʼn verklaring Vrydag deur die Amerikaanse kos-en-medisyne-owerheid (FDA) oor dosisse van die Johnson & Johnson (J&J)-entstof wat by die Emergent BioSolutions-aanleg in Baltimore in die VSA vervaardig is.

Die FDA het ondersoek ingestel by dié aanleg ná berigte dat werknemers bestanddele van die J&J- en die AstraZeneca-entstof deurmekaar laat raak het.

“Ons bevestig dat die FDA aangekondig het dat twee besendings van die dosisse veilig is en goedgekeur is vir noodgebruik,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Die implikasies vir Suid-Afrika is soos volg: Die entstof wat wag vir verspreiding by die Gqeberha-aanleg (Port Elizabeth) moet verder deur die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) ondersoek word en Sahpra sal binnekort bevestig of dit veilig is vir gebruik in Suid-Afrika. “Daar is nou ʼn moontlikheid dat dit nie veilig sal wees vir gebruik nie, maar die reguleerder sal hieroor ʼn beslissing moet gee.”

Altesaam 300 000 dosisse is goedgekeur vir dringende besending na Suid-Afrika.

“Die FDA het verder aangekondig dat, ná deeglike evaluasie van die dosisse, dat dit goedgekeur is dat die sperdatum uitgestel kan word nadat daar bevind is dat die entstof gestoor kan word by 2 – 8 grade Celsius (gewone kroegyskas-temperatuur) vir 4,5 maande, in plaas van drie maande.”

Die departement het gesê ʼn ondersoek is nou van stapel gestuur om nog veilige dosisse te identifiseer vir die massa-inentingsprogram.

“Ons neem ook kennis dat die FDA nog steeds van die dosisse entstof evalueer en ons wag vir die uitslag van die ondersoek, met die verwagting dat nog dosisse van die J&J-entstof beskikbaar gemaak kan word aan die internasionale gemeenskap, insluitend Suid-Afrika.”

Die departement het gesê nog aankondigings sal binnekort gemaak word. “Ons bly verbind tot die sukses van die Suid-Afrikaanse massa-inentingsprogram en ons doen alles in ons vermoë om veilige en doeltreffende entstof vir almal in Suid-Afrika te verseker.”

Deel van: SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
melaney

En hulle wil ons daarmee inent?

Stephen

The manufacturer messes it up and then adding SAHPRA to the mix to decide if it is safe for humans means it is a disaster waiting to happen.

Strandloper

Hou verby! Mense met gesonde verstand weet daar is ander meer betroubare middels beskikbaar. Een van hulle is common sense!

Anel

En hulle wil ons inint met die goed? Ha, ha, ha. Hou maar verby, dankie. Ek is NIEMAND se profkonyn nie!!

VaalDonkie

Hulle kan maar hulle protein-dorinkies vir hulself hou. Ek vreet groente en vrugte.