SAID-beampte in hof vir korrupsie, afpersing

Daar is op die beampte se Mercedes beslag gelê (Foto: Verskaf)

ʼn 39-jarige beampte van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sal na verwagting Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn nadat hy glo ʼn maatskappydirekteur afgepers het.

Ao. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke, sê ʼn dagvaarding is in Februarie verlede jaar op die direkteur beteken vir uitstaande belastingopgawes en betalings. Die maatskappy se ouditeur het egter ʼn maand later met die betrokke SAID-beampte in verbinding getree en al die nodige dokumente oorhandig, soos afgespreek.

“Dit word beweer dat die beampte toe ʼn persoonlike ontmoeting met die direkteur gereël het. Tydens die ontmoeting het die beampte glo die direkteur beloof dat hy kan help om sy uitstaande belastingskuld in ruil vir R20 000 te laat verdwyn.”

Steyn sê die direkteur en beampte het daarna weer ʼn ontmoeting by die maatskappy se kantoor gereël waar ooreengekom is dat die direkteur R10 000 aan die beampte sal oorhandig.

Die direkteur van openbare vervolging (DOV) is Maandag in kennis gestel van die ontmoeting.

“Hulle het by die ontmoetingsplek opgedaag en die beampte summier in hegtenis geneem vir beweerde korrupsie en afpersing.”

Daar is ook op die beampte se private voertuig, ʼn Mercedes-Benz-sedan, beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Adam Adriaan ·

Absoluut normaan vir die kaders. Hoe nou anders. Dit is soos moedersmelk om in so ‘n pos ontplooi te wees. Wie sal nou hier kom kyk vir bedrog en korrupsie.

Juffrou ·

Ja Adam, dis wat hul dink né. Niemand sal my hier kom soek nie. Slim vang sy baas. Lekker. Ek laaik dit.

Persheks Adri ·

Mooi geleer by die kaders, want hulle is mos ‘n pragtige voorbeeld

Strandloper ·

Zumpie topie se onberispelike voorbeeld gevolg… Bly die wiel draai!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.