SAID-beampte ontvoer: Drie hoor oor borgtog

Argieffoto

Argieffoto

Die drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Anisah Moosa, ʼn beampte van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), ontvoer het, het Donderdag in die Polokwane-streekhof om borgtog aansoek gedoen.

Samuel Kabo (28), Masilo Gafane (33) en Benny Mudau (34) is op borgtog van R10 000 elk vrygelaat. Maroela Media het vroeër berig die mans het na bewering die 35-jarige Moosa in Maart voor haar oom se huis in Nirvana, ʼn woonbuurt in Polokwane, ontvoer. Hulle het ʼn losprys van R3 miljoen geëis.

Moosa is drie dae later ongedeerd vrygelaat tydens ʼn polisieoperasie waartydens drie polisiebeamptes gewond is. Die verdagtes is later in hegtenis geneem.

Moosa se familie het Donderdag buite die hof hul ontevredenheid uitgespreek omdat die verdagtes op borgtog vrygelaat is en het gesê die mans word ook verbind met ander sake van ontvoering, rooftogte en drie aanklagte van poging tot moord wat verband hou met die skiet van die polisiebeamptes.

Yusuf Abramjee, ʼn woordvoerder van die familie, het gesê hulle is teleurgesteld in die landdros se besluit. “Ons het geen ander opsie nie as om die besluit van die hof te respekteer. Ons sien nou uit dat die verhoor vinnig afgehandel word. Ons wil sien dat die reg sy loop neem en ons hoop dat die polisie binnekort nog verdagtes in hegtenis sal neem,” het hy gesê.

Abramjee het gesê die familie is dankbaar teenoor die gemeenskap vir die ondersteuning wat hulle in hierdie tyd ontvang het. “Ons moet saamstaan teen misdaad en ons stemme laat hoor. Geen borgtog moet toegestaan word vir ernstige misdade soos ontvoering nie. Anisah herstel goed ná haar beproewing en sy het ook weer Suid-Afrikaners bedank vir hul volgehoue ondersteuning.”

Lees alle vorige berigte oor Anisah Moosa op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marous ·

Waaat??? Menseroof en 3 polisie beamptes gewond en hulle kry borg van R 10 000 ???

lynette ·

Daar moet GEEN borgtog vir moord, verkragting, ontvoering en aanranding met doel om ernstig te beseer, toegestaan word nie!!!!

Irene ·

Hoe kan hulle aansoek vir borgtog doen vir so iets moet dadelik gevonnis word

Theuns ·

Met die plaasmoorde het ek al snaakse uitsprake in Landroshowe gesien. Moordenaars word gevang en vrygelaat, selfs waar daar gsteeen twyfel is dat dit die skuldige mense is nie! Landroste is soos die Polisie onbekwaam vir hulle werk en verkies die kortpad met die minste weerstand! Ons mense kla nie genoeg nie en as ons kla word ons uitgekryt as die “weense seuns koor”!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.