SAID-beampte se ontvoering: Borgtogaansoek hervat

Argieffoto

Argieffoto

Die aansoek om borgtog van die mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Anisah Moosa, beampte van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ontvoer het, hervat na verwagting Dinsdag in die Polokwane-streekshof.

“Die aansoek om borgtog van die drie mans wat daarvan verdink word dat hulle deel was van die bende, insluitend die meesterbrein, hervat môreoggend om 11:00,” het Yusuf Abramjee, woordvoerder vir die Moosa-familie en anti-misdaad-aktivis, gesê.

Die 35-jarige Moosa is in Maart voor haar oom se huis in Nirvana, ʼn woonbuurt in Polokwane (Pietersburg), ontvoer. Dit is die derde soortgelyke ontvoering in Maart in Limpopo.

Volgens Abramjee het drie gewapende mans Moosa agter in ʼn silwerkleure Audi gedwing. Haar gesin het kort daarna lospryseise begin ontvang.

Drie dae ná die ontvoering het die Suid-Afrikaanse Polisiediens haar ongedeerd aan haar gesin terugbesorg, sonder dat enige losprys betaal is. Drie polisiebeamptes is egter tydens die reddingspoging geskiet en beseer.

Die polisie het in April met die inhegtenisnemings begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.