Robert Levine, die twee se regsverteenwoordiger, het namens sy kliënte die ondersteuners buite die kantore bedank vir hul steun. “My kliënte glo daar is geen gronde vir die bewerings wat gemaak word nie. Hulle sal die korrekte proses binne hul regte volg. Dankie en dit is al wat ons nou gaan sê,” het Levine gesê voordat hy saam met Pillay weggestap het.
Pillay en Van Loggerenberg wou geen verdere vrae beantwoord nie en het gesê hulle volstaan by Levine se verklaring.
Die voormalige senior SAID-beamptes is net voor 09:00 die Valke se kantoor in en het na 13:00 eers uitgekom. Verskeie burgerlike organisasies en toonaangewende Suid-Afrikaners het buite die kantoor bymekaargekom in protes teen die oënskynlike “heksejag” teen Pravin Gordhan, minister van finansies en die Said-beamptes.
Oudregter Johann Kriegler, adv. George Bizos, verteenwoordigers van die Helen Suzman Stigting en ander burgerlike organisasies, waaronder die Right2Know-veldtog, AfriForum en Section 27, was daar.
Bizos het gesê dit is kommerwekkend dat mense onregmatig en sonder rede by strafregtelike vervolgings betrek word. “Ons is bekommerd oor die toekoms van reg en geregtigheid in Suid-Afrika. Regter Kriegler en ek, soos baie ander, het vir baie jare teen apartheid geveg. Ons is bekommerd dat die gebeure van die verlede nou weer herhaal word.”
Intussen het die presidensie Donderdag in ʼn verklaring gesê hy wil sy ondersteuning en vertroue in Gordhan uitspreek en beklemtoon dat Gordhan nie skuldig bevind is aan enige oortreding nie. “Die presidensie wil ook beklemtoon pres. Zuma is nie by magte om enige ondersoek oor enige individu te staak nie. Ons grondwetlike demokrasie, die mag van ons staatsinstansies en die effektiwiteit van ons howe om mense se regte te beskerm, is ons waarborg van geregtigheid en regverdigheid,” het die verklaring gelui.
“Die negatiewe uitwerking wat hierdie saak op ons ekonomie het en die persoonlike druk wat dit op individue of die hoofde van instansies sit wat geraak word, is ontstellend, maar nie rede vir die president om ongrondwetlik in te gryp nie.”
En Zuma en sy bende word vir niks ondersoek en aangekla nie want die belastingbetaler se geld word gebruik sodat hulle die sake kan uitrek.
As of ons nie weet wie agter alles sit nie.
As ek moet se wat ek graag wil se slaap ek in die tronk. Maar hoe is dit dat zuma nie kan verwyder word nie? Weeti waarheen want ek glo nie daar is n land wat hom wil he nie.
Zuma is ‘n Margaret
Skerp Henk!!!?
Die dag as Zuma waai, kan die Valke ook hul tasse pak.
Lees tog wat Sy Ydele Edward Zuma vertel
Charmaine, hy sal sy pa probeer beskerm. Dit is skokkend dat hy sulke uitlatings maak van ‘n persoon wat tenminste iets probeer doen om ons land te beskerm van gemors status.. Edward moes eerder geluister het wat Dr Mathew Phosa nou die aand op Kyknet gese het. Hy Dr Phosa verdien die nr een se stoel. Ons land sal weer herstel as ‘n land van vooruitgang op alle gebiede Viva Dr Phosa Vivaaa!!!!