SAID bekyk bewerings rakende Valke-ondersoek

Pravin Gordhan. Argieffoto

Pravin Gordhan. Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het gesê ʼn volledige ondersoek sal gedoen word na bewerings dat ʼn SAID-werknemer aangehou en hardhandig behandel is in die Valke se ondersoek na Pravin Gordhan, minister van finansies.

“Die SAID het kennis geneem van die mediaberigte en beeldmateriaal wat die ronde doen. ʼn volledige ondersoek sal gedoen word en ʼn verklaring sal later uitgereik word,” het die SAID in ʼn verklaring gesê.

Gordhan het vroeër gesê dit is totaal onaanvaarbaar indien die bewerings waar is. Vlok Symington, adj.dir. van die SAID se regs-en-beleidsafdeling, is na bewering deur lede van die Valke aangehou in ʼn poging om ʼn dokument by hom te kry.

Tom Moyane, kommissaris van die SAID, se lyfwag was glo ook by die onderonsie betrokke. Dit het glo gegaan oor ʼn afskrif van ʼn e-pos wat ʼn SAID-regsverteenwoordiger vir Moyane gestuur het. Die regsverteenwoordiger het glo in die e-pos aangevoer dat hy om etiese redes nie vir Symington sal ondervra om inligting vir die Nasionale Vervolgingsgesag te bekom nie.

Gordhan het intussen ook gesê hy sal Moyane konfronteer oor die bewerings. Gordhan word van bedrog aangekla en moet op 2 November in die hof verskyn.

Die twee organisasies wat aansoek gedoen het dat die aanklagte teen Gordhan laat vaar moet word, het vroeër die week ʼn bykomende verklaring by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien.

Die Helen Suzman Foundation en Freedom Under Law voer in die bykomende verklaring aan dat die Nasionale Vervolgingsgesag steeds inligting versamel om hul saak te probeer versterk.

Francis Antonie, direkteur van die Helen Suzman Foundation, het gesê die dagvaarding wys dat die NVG oorhaastig vir Gordhan aangekla het sonder die nodige bewyse en nou ʼn saak teen hom probeer bou.

“Die dagvaarding is eerder ʼn aanklag op die ondersoekende en vervolgingsproses,” voer Antonie aan. “Dit is ook duidelik dat die NVG nooit voldoende ondersoeke voltooi het of voldoende bewyse het om Gordhan aan te kla nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Liewe heksie ·

Go Pravin hul het n gat gegrou en nou val een vir een in daai gat en wragtag ek is eerste om jou daai gat te help toegooi

Louis ·

Ja ek dink benoude katte maak snaakse spronge. Zuma sal egter steeds vir Tim Moyane, beskerm.

Cherokee ·

Jy gebruik die term ‘ons’ baie roekeloos. Ek is nie een van die ‘ons’ waarby jy jouself inlyf nie.
Gordhan is steeds ‘n lid van die ANC en as jy jouself by ANC-lede skaar praat jy twakkies wanneer jy so maklik ‘ons’ sê.

Alida ·

Pravin Gordhan het bietjie verder gekom as st 3. As hierdie ongeletterde mense teen gegradueerdes wil baklei moet hulle vat wat na hulle kant toe kom. Niemand, maar niemand nie eers Zuma is verhewe bo die wet nie, maar hy wat Zuma is maak al vir jare kaapse draaie om die hof vry te spring. Sy doppie gaan nog klink. Hulle moet hom GEEN uitstel gee om te reageer op die verslag nie. Hy het 8 maande gehad om voor te berei. As hy minder rondrits en vlug uit die land uit het hy genoeg tyd gehad. Daar is slim mense daar buite en nie almal was beeswagters nie.

Jan ·

No 1 sal nog 2019 daar sit.
Hy het mos on be perke fondse om alle uitsprake teen te staan

Koos1 ·

Nou maar wie moet die ondersoek lei?
Die SAID? Sy hoof was dan direk betrokke. Min. Gordan? Dan sal gese word hy gebruik dit om sy saak te sterk. Die Valke? Nee wat hulle raporteer mos aan Zuma.
Ek wil graag die uitkoms van hierdie een sien. Ek dink dit kan die spilpunt word van die hele Zuma, Gupta, Gordan sage!

Buitestander ·

Benoude KAT maak benoude spronge. Wat is volgende van Zuma maatjiesm

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.