SAID dank regshoof af

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Refiloe Mokoena, sy regshoof, afgedank nadat sy skuldig bevind is aan ernstige wangedrag.

Die besluit is geneem ná ʼn dissiplinêre verhoor, wat deur die Johannesburgse Balieraad se senior advokaat behartig is. “SAID het die voorsitter se aanbevelings om Mokoena onmiddellik af te dank aanvaar. Haar dienste is dus op 15 November beëindig,” het ʼn verklaring van die inkomstediens gelui.

Hoewel die klagtes teen Mokoena nie bekend gemaak is nie, het verskeie media-instansies berig dat sy na bewering aan die stuur was van ʼn terugbetaling van belasting op toegevoegde waarde ten bedrae van R420 miljoen aan die omstrede Gupta-familie.

Die afdanking is deel van  ʼn deurlopende en omvattende hersiening van die hele leierskap van die SAID deur die kommissaris. Dit kom deels na aanleiding van die verslag van die Nugent-kommissie van ondersoek na die SAID.

Die Nugent-kommissie het vroeër bevind daar was ʼn beduidende gebrek aan integriteit en bestuur by die inkomstediens, ʼn doelbewuste aftakeling van bestuur, ʼn wegkalwing van vaardighede en ʼn verbrokkeling van verhoudings.

Mokoena is reeds vroeër vanjaar saam met vyf ander bestuurslede geskors hangende die afhandeling van ʼn tugproses ten opsigte van ernstige bewerings van wangedrag.

Die vier ander geskorste bestuurslede is Hlengani Mathebula, hoof van korporatiewe beheer, internasionale betrekkinge, strategie en kommunikasie, Teboho Mokoena, hoof van mensekapitaal en -ontwikkeling, Luther Lebelo, hoof van werknemerbetrekkinge, Mmathe Makhekhe-Mokhuane, die voormalige inligtingshoof van die SAID.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Leon ·

Michael, soos jy seker sou lees, was sy reeds op “verlof tuis”, maar is darem nou ontslaan. Ongelukkig gaan sy nou seker apelleer om in haar pos terug te kom, want dis mos wat hulle doen.En daar is ‘n verdere raad van ondersoek ens ens. En die geld bly weg van waar dit hoort.

Theresa ·

Vra ek ook Michael P. Is daar een wat met geld kan werk? Is daar een wat eerlik is en almal se belange op die hart dra?

Kat Kos ·

Hoe nou Theresa, daar is baie, Zumoie, Julias, Floyd, Sisulu en Ace en die lys gaan net aan.

Maljan ·

Waar gaan sy nou teen trippel die besoldiging ontplooi word? Dalk hoof van sal?

leser ·

en die guptas het haar sakke vol geld gegee
ondersoek almal by die said, julle sal geskok wees wat julle sal kry

Wonner ·

Gaan hulle ooit hierdie geld terugkry of is dit nie ter sprake nie ?????

Osie ·

Sy is seker die volgende Ambassadeur na japan of amerika….

Hagar ·

Asseblief geen afdraaipadjies nie, sommer reguit tronk saam met die ander. Hardepad

Willie ·

So het Zumpie, of Guptie hulle lekker geplaas en nou te siek te weet waar en hoekom?

Brak en Jan ·

Zumpie sal binnekort as “nie toerekenbaar” gesertifiseer word. “Mark my words”

Johan Pretorius ·

Almal nuwe Suid – Afrikaners wat net op senior posvlakke aangestel is.

Pampoen ·

As ek nou R420 miljoen by my werk verduister – Gaan hulle my ook net afdank, of gaan ek vervolg word en tronk toe gaan vir 25jaar?

JohanR ·

Ek kan die nie glo nie! ‘n Staats amptenaar skuldig aan wangedrag. Daar sit al klaar iemand met ‘n wit bord, en werk uit waar hierdie staats kader amptenaar kan ge “recycle” word! Parliament toe, VN toe, ambassadeur toe? Altyd werk vir ‘n “recycled” kader iewers.

Elsa ·

Sy moes in die eerste plek nie daar gewees het nie. Gee slae wie haar aangestel het.
Good riddens

an ·

‘Slaan die honde tot die BAAS uitkom!’ Het Julius gesê.

Wie het haar aangestel?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.