SAID dreig met regsaksie oor jongste Zuma-boek

Omslag van die boek (NB Uitgewers)

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) oorweeg dit om regsaksie te neem teen die ondersoekende joernalis Jacques Pauw en die Sunday Times.

Pauw skryf in sy nuutste boek, The President’s Keepers, dat pres. Jacob Zuma ’n “salaris” van R1 miljoen per jaar van ’n omstrede tendermagnaat ontvang het sonder om dit aan die SAID te verklaar. Die Sunday Times het Sondag hieroor berig met die opskrif Gangster Republic.

Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, het gesê is baie bekommerd oor die publisering van vertroulike inligting rakende belastingbetalers wat strydig is met die Wet op Belastingadministrasie. Volgens Memela verbied die wet die openbaarmaking van belastingbetalers se inligting deur ’n SAID-beampte of ’n voormalige SAID-beampte.

Memela het gesê Pauw het die wet oortree. “Hy maak verder die ongegronde bewering dat Tom Moyane, kommissaris van die SAID, pres. Zuma bystaan om sy belastingverpligtinge te vermy. Hy voer aan die SAID kan sedert Moyane se aanstelling nie sy mandaat vervul nie, aangesien Moyane glo sy posisie gebruik om die president te beskerm.”

Volgens Memela oorweeg die SAID regstappe teen Pauw en die Sunday Times. “Die SAID verwerp met minagting die bewerings dat beamptes wat Zuma se belastingsake hanteer het uit die organisasie verwyder is. Nog ’n feit wat bewys dat die boek en die koerantartikel geen feitelike inhoud bevat nie, is dat al die voormalige SAID-amptenare wat in die artikel genoem word, vrywillig by die SAID bedank het.”

Memela het gesê die kommissaris sowel as alle huidige en vorige SAID-beamptes is verplig om die vertroulikheid van enige belastingbetalers se inligting te handhaaf, ondanks die posisie of status van die betrokke belastingbetaler.

“Die SAID kan nie dié tipe roekelose verslaggewing weerlê deur die korrekte inligting te publiseer nie, aangesien die organisasie sodoende die wet sal oortree en die verhouding tussen die organisasie en belastingbetalers sal skend.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

zoom zoom ·

Het hulle iets wat hulle dalk wegsteek en gaan dit oor die gravy trein. Hier is ‘n geraamte wat geskud moet word.

Manie ·

Gaan praat die snert in die parlement. Daar is baie ANC lede wat gering gaan word om dit te glo

Soetjies poep. ·

Ag, ek is te bang ek se iets verkeerd, en Maroela plaas nie my kommentaar, soos al die vorige kere wat ek die waarheid gepraat het nie. Ou Manie ek verstaan nie mooi nie, bedoel jy dat die boek snert is?
Dink jy enige skrywer sal homself so uitlaat in n boek en in die publiek as hy nie sy feite reg het nie? Hier kom n ding ek wens ou zoempie en sars will Mnr. Pauw dagvaar, om die bewyse op die tafel te sit. Dit sal vet pret wees.

Eish ·

Ek sal my liefs skaar by n gesoute joernalis in die aangeleentheid. Die waarskynlikheid van waarheid in die boek is oordonderend indien volgens joernalistieke standaarde van verifikasie geskryf.

Gatvol ·

Stem heeltemal saam. Die skrywer sal hom nie doelbewus blootstel aan lastering nie. Waar daar n rokie is, is daar n vuurtjie. Dit is tipies van die ANC om te dreig as hulle in n hoek vasgekeer word. Nog nie geleer dat daar nie meer vir koue pampoen geskrik word nie.

Erika ·

Ek het 2 weke gelede die boek : Die Lang Generaal van Alan D Elsdon gelees. Kon nie die noek neersit nie.
Ek lees nou The President’s Keepers.
Jacques Pauw …. wonderlike geskryf en ek dink ons moet almal die boek lees. Ons is vir soveel jare om die bos gelei ….. ons moet weet hoe daar vir ons gelieg is. Stem saam met Max du Preez … THIS IS DYNAMITE. Mense maak oop jul oe.

Darius Els ·

Ek hou ook van die boek ,EN DIE INHOUD.Ongelukkig is ek een wat vergewe maar nie vergeet nie.Pauw was ook die skrywer toe oorlede Dirk Coetzee die ou SAP uitmekaar getrek het,en buitendien Rooi Max du Preez se naam staàn ook daarop.

My ou geliede se ding :Wat se Pink Frikkie en sy gang hiervan? Maar nou ja ,ek dink $40m is lekker vir kersfees.

Darius Els ·

Dame, u moes lang Genl al 2 jaar tevore gelees het.Elsdon is in gewone lewe net n tussenganger vir skrywers.Die boek is eintlik deur n oud SAP lid in Australie geskryf.

Hendrik ·

Hou op dreig! Ons almal staan daam met Jacques! Hy sal die bollie brei nie…hy het feite gestaaf! So hardloop voor die pad vol dubbeltjies raak…of dink mooi voor julle n lat vir julle eie boude pluk!

Darius Els ·

Ek hou ook van die boek ,EN DIE INHOUD.Ongelukkig is ek een wat vergewe maar nie vergeet nie.Pauw was ook die skrywer toe oorlede Dirk Coetzee die ou SAP uitmekaar getrek het,en buitendien Rooi Max du Preez se naam staàn ook daarop.

My ou geliede se ding :Wat se Pink Frikkie en sy gang hiervan? Maar nou ja ,ek dink $40m is lekker vir kersfees.

Anika ·

Van watter “verhouding” praat die SAID nou tussen hulle en die belastingbetalers ? Enigste “verhouding” wat daar is, hulle VATNET en MORSNET en ons BETAALNET!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.