SAID eis nog R14 miljoen ná Malema glo jok

Julius Malema (17 Desember 2014) Foto: EFF, Facebook

Julius Malema (17 Desember 2014) Foto: EFF, Facebook

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) daarvan beskuldig dat hy gelieg het oor sy bron van inkomste en eis nou ʼn verdere R14 miljoen, het die Sunday Times berig.

Dit is volgens die SAID se hofdokumente wat by die Pretoriase hooggeregshof ingedien is in ʼn aansoek om Malema se finale sekwestrasie. Volgens die berig het die SAID aangedui dat hy sy ooreenkoms met Malema verbreek het, aangesien hy nie die waarheid vertel het oor die bron van die fondse wat hy gebruik het om ʼn gedeelte van sy belasting te betaal nie.

Malema het glo ook probeer om nie skenkingsbelasting te betaal nie en hy het geld van twyfelagtige bronne bekom om sy belasting van R18 miljoen te betaal, wat verminder is na R7.2 miljoen kragtens ʼn ooreenkoms wat in Mei 2014 aangegaan is.

Die saak hervat in Junie in die hof.

Indien die hof die finale bevel toestaan, sal Malema nie meer ʼn lid van die parlement kan wees nie, het die Sunday Times verder berig.

Tumi Mokoena, Malema se prokureur, het in Maart gesê die SAID het ʼn verklaring uitgereik dat Malema nie aan die ooreenkoms voldoen het nie. Hy het egter bygevoeg kragtens die ooreenkoms met die SAID het Malema wel die bedrag betaal, het SAPA in daardie stadium berig. “Dit is ʼn verrassing, want hulle het die volledige betaling ontvang,” het Mokoena na die hofverrigtinge gesê. “Hulle het kwessies aangeroer wat ons nie gedink het saak maak nie. Ons dink dit is ʼn poging deur die SAID om die saak vir politieke redes uit te rek. Ons glo die ooreenkoms moes bevestig word en daar behoort nie ʼn behoefte te wees dat ons weer hof toe moet kom nie.”

Malema het in Augustus verlede jaar mediaberigte ontken dat die vermeende sigaretsmokkelaar Adriano Mazzotti hom gehelp het om sy belasting te betaal.

City Press het in daardie stadium berig dat “onberispelike bronne” aan die koerant gesê het dat Mazzotti ʼn groot finansiële skenker was vir Malema en dat dit moontlik die bron van die terugbetalings was. Mazzotti, ʼn direkteur van die sigaretmaatskappy Carnilinx, word ook deur die SAID ondersoek vir smokkelary en belastingontduiking. Hy het aan City Press gesê hy is “goeie vriende” met Malema.

Volgens hofdokumente skuld Malema die SAID R16 miljoen plus rente nadat hy versuim het om tussen 2006 en 2010 belastingopgawes in te dien.

Bron: News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Nico ·

Plaas hy konsentreer op dinge wat in sy belang is en standbeelde uitlos, gelukkig is die wiel rond en hy draai stadig maar seker. 10 uit 10 vir SARS

scalla ·

Tree op teen die belasting ontduiker, kan nie eens sy persoonlike finansies hanteer nie.

Leeutjie ·

Wonder of hy weet hoe? Miskien dink hy dit is nie sy verantwoordelikheid nie.

Peet Schabort ·

Sy selfBEELD kan nie skade kry want daar is nie een.

Gert ·

“Pay back da money”. How you going to pay back. “BY CASH, BY TJEK, OR BY EFT”?

Albert ·

Was dit een van ons wat die SAID geld geskuld het het hulle al lankal op ons goed beslag gelê of in hegtenis geneem vir belasting ontduiking bedrog ens ens.

CHRISTA ·

Hy is ‘n groter ‘fake’ as Zuma! Maar ek wonder of hy nie OOK gaan wegkom soos Zuma weggekom het nie.

CJAN ·

Zuma en Mal-ema is bloedbroers hulle vanne word net verskillend gespel.

Gina ·

Ja nee, almal is in vir ou MAL ema. Hy het nie eers itiket nie man. Hy steel van sy eie mense. SAID vat hom vas. Laat hy begin betaal vir al sy agter duimsheid. Zuma volg so op sy hakke

H ·

lekker, so kry elke barbaar sy dag!!! SAID beter net hierdie keer volhou met hulle klag en die uitstaande bedrag, as ons VAT n dag laat is betaal ons n tien present boete op die totale bedrag….hy kry nie boetes nie. Sal ook nie verbaas wees as een van die EFF se skenkers Charlize Theron is wat destyds vir Malema ingestop het toe hy nog deel was van die ANCYL nie. Kry vir jou JULIASSS!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.