SAID-grootkop spartel voort ná TV-onderhoud

Makhete-Mokhuane tydens die TV-onderhoud.

Mmamathe Makheke-Mokhuane, inligtingshoof by die SAID, het Woensdag, ná haar rampspoedige TV-onderhoud, verdere verwarring veroorsaak tydens haar verskyning voor die Nugent-kommissie van ondersoek.

Makheke-Mokhuane, hoof van digitale inligtingsdienste en tegnologie by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het Woensdagoggend ʼn huishoudelike naam geword nadat ʼn bisarre TV-onderhoud wat sy met die SAUK gevoer het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het.

Makheke-Mokhuane het later die dag voor regter Robert Nugent verskyn waar sy onder meer moes getuig oor die SAID se infrastruktuur. Sy het egter nie veel beter gevaar as tydens haar TV-onderhoud nie.

Makheke-Mokhuane het herhaaldelik vrae ontduik en kon nie samehangende antwoorde gee in vrae wat sy wel geantwoord het nie.

Op ʼn vraag van Vuyo Kahla oor wat die SAID doen om verouderende infrastruktuur te onderhou, het Makheke-Mokhuane weer vaag geantwoord.

“Ons bou tans. Ons het nog nie vermoë gebou om nuwe oplossings te bou nie, so ons onderhou wat ons het.”

Makheke-Mokhuane het op ʼn vraag oor wat sy bedoel het in haar voorlegging toe sy verwys het na die lang ampstermyne van SAID-werknemers, oor die Drakensberg Seunskoor begin praat.

“Die Drakensberg Seunskoor is in 1867 op die been gebring en in 2018 word meisies steeds nie toegelaat om te sing nie.”

Makheke-Mokhuane se uitlatings is met verbasing begroet. Die kommissie het ook gehoor dat Makheke-Mokhuane net vier van die 14 vergaderings in haar afdeling die afgelope jaar bygewoon het.

Sy het egter gesê dit is “classified rubbish” voordat regter Nugent vir haar die rekords gegee het wat aan die kommissie verskaf is.

Makheke-Mokhuane het toe gesê sy het ʼn “seldsame oogkwaal” wat dit moeilik maak om te lees, maar dat sy daarna sal kyk. Sy het toe onder meer aangevoer dat haar handtekening nie op die dokumente is nie.

Makheke-Mokhuane tydens haar verskyning voor die Nugent-kommissie. Foto: Brenda Masilela/ANA

Regter Nugent het gesê dit is nie die kwessie nie, maar wel of die rekords akkuraat is. Makhete-Mokhuane het toe uitgevaar teen Nugent en gesê sy rapporteer nie aan hom nie.

“Wat ek verstaan omtrent die kommissie se opdrag is dat dit is om te kyk na bestuur en nie wat ek as ʼn hoofbeampte doen nie, insluitend wanneer ek badkamer toe gaan. Met respek meneer, beskerm my asseblief.”

Makhete-Mokhuane se getuienis kom ná die oggend se TV-onderhoud waartydens sy ook vreemde uitlatings gemaak het.

Tydens die onderhoud het sy onder meer gesê dat inkontraktering by die SAID nodig was om beurse aan werknemers se kinders te gee. Sy het ook in ʼn stadium vir onderhoudvoerder gevra: “Mevrou kan jy my beskerming bied teen jouself?” Die onderhoudvoerder en kameraman kon kwalik hul lag hou.

Makhete-Mokhuane het ook herhaaldelik gesê sy is nie in ʼn posisie om sekere vrae te antwoord nie.

Volgens haar profiel op die SAID se webwerf het Makhekhe-Mokhuane “verskeie diplomas in inligtingstegnologie aan ʼn aantal instansies” verwerf en sy het ook ʼn MBA van die Noordwes-Universiteit. “Sy het haar loopbaan as ʼn rekenaarspesialis in 1992 begin.” Makhekhe-Mokhuane het reeds by die departemente van finansies, vervoer, kommunikasie en water en sanitasie gewerk.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Theresa B ·

En die onbevoegdheid seëvier!! Maar voort gaan hulle voort.

Skerpioen ·

Sy het beskerming nodig teen haarself en haar kwalifikasies

CVDS ·

Sy het geen benul waarvan sy praat nie. Dit is absoluut skokkend!

LOSKOP ·

Pateties verby , en dit is die mense wat met belastinbetalers se geld moet werk en beskerm teen korrupte en skelm amptenare ,sy kan nie eens n sin voltooi sonder n gehakkel nie

Koos de Meyer. ·

Onbevoeg is eintlik nie die woord nie. Dit is hoekom die land is waar hy is. Die Vaaldam is vol maar ons het water beperkings in thwane as gevolg van onbevoegdheid. Die reservoirs het nie genoeg water nie want die pompe word nie versien nie. Seker nie geld nie want dit word mos geswendel.

PJC ·

Dit moet seker nie baie lekker wees as ń mens jou eie onbevoegdheid op so ń manier in die kollig plaas nie.

Johnnie ·

Hoe- nou ek stem 100% saam met jou. Ek sal net graag wil weet waarom hulle nie haar kwalifikasie ondersoek nie wat sy seker mar op die swart mark gekoop het. Sy is n skande vir Said, maar dis die nuwe SA.

Hansie Slim ·

Hulle stuur haar van departement na departement. Gaan iemand die boodskap kry….een dag? SY IS ONBEVOEG!!
Eeeeee..and so on snd so forth. ..
Dis seker duidelik hoekom SAID in so ‘n gemors is… “met al die groot koppe”

C ·

“Madam, please give me protection against yourself” Bwhaaaahahahahaha. Ooo neeee!!! Waar gaan als heen? Die beste wat die SAID kan doen is om van hierdie madam ontslae te kan raak. As jy eers kore met finansies begin verwar, dan moet jy weet dit is die begin van die einde.

Grysburger Pretoria ·

Die dame is duidelik puik ambassadeursmateriaal. Ons regering behoort haar aan te stel as ambassedeur in die VSA of by die VN.

Benjamin ·

‘n MBA van NWU … laat my wonder hoekom het ek dan moeite gedoen het en geld gespandeer het om ‘n MBA aan die NWU te doen. Eina! Naas verwysing mbt KPMG, sal ek ook nou moet dink om verwysing na NWU van my CV weg te laat :-(

Eddie ·

MISKIEN MOET HULLE DIE EGTHEID VAN DIE KWALIFIKASIES NAGAAN!!!!!!!!!

Anoniem ·

Nog ‘n bewys dat bevoegdheid nie tel nie, jy moet net ‘n kader wees, dan is jy in.

J van Rustenburg ·

Sjoe dit sal interesant wees om haar geskiedenis na te gaan N meestersgraad by NWU Ek dink nie so nie Wonder hoe goed ken sy vir Jacob Zuma

Sdl ·

Gelukkig het sy nie ontken dat daar enigsins rekenaars is …….

Blommie ·

Haar diplomas in inligtingstegnologie was seker vir kursusse soos hoe om ‘n rekenaar aan te skakel, dat ‘n muis nie kos is nie en instruksies dat die “coffee holder” eintlik vir ‘n cd bedoel is.

Johan ·

Ek wonder maar net wie se suster of niggie of tannie is sy. Iemand trek vet voordeel uit die onkundige persoon uit

johan ·

As jy kyk waar sy orals gewerk het, kan ‘n mens maar net jou kop skit. Orals waar sy gewerk het, het korrupsie sy kop ingesteek. Sy is sekerlik president material vir SA. As Zuma dit kon reg kry, is haar kans 100%. NWU se standaarde is sekerlik baie lag en die wereld sal seker die NWU se naam op die lys sit vat skande. Ek sal seker ook my graad daar moet dit, die slag syfer is sekerlik 00005%, so my kaans om ‘n doctor te word is 100%

Spike ·

Die hartseer is. Hierdie intelligensie ooral in sa besluit oor ons toekoms. Dis vreesaanjaend.

thelsa ·

Vader, vergewe haar want sy weet nie wat sy doen nie. Dit is tipies soos die skilpad wat bo-op die paal sit: Hy weet nie wat hy daar maak nie, hy weet nie hoe het hy daar beland het nie en weet nie wie hom daar geplaas het nie.

marous ·

Voor die einde van die jaar is gebare taal verpligtend vir alle staats amptenarre want niks wat oor die lippe kom is sinvol nie …..

Annemarié Bakker ·

Ek sou graag by die NWU wou hoor hoe sy n MBA by hul kon verwerf. Lyk my die kwaliteitsbeheer het deur die mat geval.

HOBBO ·

Glo my. ‘n Ware staatsamptenaar sal moet ver soek om ‘n beter baas te kry. Rome brand en Ceasar hou partytjie. Hoop van harte NWU het nie hierdie persoon so ‘n kwalifikasie (MBA) laat verwerf nie??? Hierdie tipe onbevoegdheid begin in verskeie staatsdepartemente sy kop uitsteek. Vra vir pas getroudes boedelberrederaars.

Zella ·

Ek het die onderhoud op Morning Live gesien. Dit was pynlik om daarna te kyk.
Ek het gewonder wat haar werkgewer van haar gaan dink. Sy het duidelik geen idee gehad van wat aangaan nie. Dit is ‘n skande.

Marly ·

En om te dink meeste mense werk by SARS wat n skamele R12000 huis toe vat. Dan moet Petrol huur en al daai dinge nog betaal word. Skande vir Tussen 20 en 30 jaar diens.

MarieM ·

Ag toemaar wat, by ons is ‘n dame wat ook reken sy het ‘n IT graad maar oooooooo weeeeeeee sy kan niks op ‘n rekenaar doen nie. Weet nie waar om dit te kry nie dan word mens gebel om te help.

So vra ek die ander dag maar jy het dan ‘n Graad in IT, jy moet die tog weet. Reken my sy het al vergeet waar om alles te kry en sy het 3 jaar terug die “graad” gekry

Adriaan Roscher ·

Sy lyk op die foto na ‘n giftige paddastoel…….(actually we need protection!)

Nerina ·

Waar kan ek haar nommer kry? Ek wil haar as ‘n motiveringspreker gebruik. LOL

Martie ·

Ag asseblief! Pateties verby. Waar is die dae toe ons mense in haar posisie met respek kon bejeen?

Hannah ·

Senior Bestuurder/ Bestuur/Toesighouer/Administratief etc. etc. 101 Raak vinnig vertroud met die verantwoordelikhede, basiese beginsels en begrip van die pos waarin jy aangestel is. Inteendeel, tydens enige onderhoud en aanstelling is die kandidaat se kennis en toepassing van kwalifikasies van kardinale belang. In ‘n senior posisie veral is kommunikasie ononderhandelbaar! Of het ek erens die pot mis gesit?

Marie Visser ·

Hoop Regter Nugent beveel aan dat dié dame DADELIK uit haar pos verwyder word – sy doen die IT-bedryf ‘n oneer aan. Seker ‘n rekenaar vir haarself gekoop en sommer besluit sy’s nou voldoende opgelei. Pateties.

Marie Visser ·

Hoop Regter Nugent beveel aan dat dié dame DADELIK uit haar pos verwyder word – sy doen die IT-bedryf en SAID ‘n oneer aan. Seker ‘n rekenaar vir haarself gekoop en sommer besluit sy’s nou voldoende opgelei. Pateties.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.