SAID haal miljoen-merk

Argieffoto

Argieffoto

Minstens een miljoen persone het reeds sedert die aanvang van die belastingseisoen op 1 Julie hul belastingopgawes ingedien, het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens Dinsdag gesê.

Die SAID het Maandag om 13:00 die miljoen-merk gehaal.

“Dit is bemoedigend en belangrik vir SAID, aangesien dit aandui dat 23.07% van belastingbetalers reeds hul belastingopgawes ingedien het, in vergelyking met die 18.79% teen hierdie tyd verlede jaar,” het die SAID gesê.

Minstens 60% van belastingbetalers het van eFiling gebruik gemaak, en 38.78% het ʼn SAID-tak besoek. Die oorblywende 0.27% het hul opgawes deur die pos of in posbusse by die SAID se kantoor ingedien.

“Hierdie prestasie is ʼn positiewe boodskap deur belastingbetalers en hul vertroue in die SAID,” het Tom Moyane, kommissaris van die SAID, gesê. “Namens die SAID wil ek graag belastingbetalers bedank vir hul bereidwilligheid om hul verpligtinge en verantwoordelikhede na te kom. Dit maak ons werk makliker.”

Die sperdatum vir nie-voorlopige belastingbetalers is 27 November.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

petro ·

Ja en raai net watter kultuur groep is die meerderheid wat wel ingedien het en belasting betaal!

JoeV ·

As ek said was, sou ek dit glad nie verkondig dat minder as 10% van die land se populasie verandwoordelik is vir 100% van die belasting wat op die 90% van die nie betalers spandeer word nie. Veiligheid, medies en onderwys is nog by daai belasting. Dit kan onmin veroorsaak in enige land.

Louw ·

Jah ne ek wonder wie is die miljoen mense en tot wie se voordeel betaal die mense

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.