SAID-hoë weer geskors

sars logo 2Peter Richer, groephoof van risiko en beplanning, is weer deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) geskors.

Richer is Dinsdag amptelik geskors, het die SAID in ʼn verklaring gesê.

Richer en Ivan Pillay, adjunkhoof van SAID, is aanvanklik op 5 Desember deur Tom Moyane, hoof van die SAID, geskors waarna hulle die arbeidshof genader het. Die SAID het egter voor die saak in die arbeidshof aangehoor is Richer se skorsing teruggetrek om hom tyd te gee om redes aan te voer oor hoekom hy nie geskors moet word nie.

“Die SAID het mnr Richer se vertoë oorweeg en is steeds van mening dat hy geskors moet word,” het die SAID Woensdag in ʼn verklaring gesê.

Die arbeidshof het op 18 Desember beveel dat Pillay se skorsing onmiddellik tersyde gestel moet word. “Die skorsing van die applikant is onwettig, aangesien dit neerkom op ʼn verbreking van sy dienskontrak,” het regter Annelie Basson in haar uitspraak gesê.

Die Sunday Times het egter berig dat Pillay na die hofuitspraak weer ʼn kennisgewing van skorsing ontvang het. Pillay is tot 12 Januarie gegee om redes aan te voer oor hoekom hy nie geskors moet word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.