SAID hof toe oor Pauw se boek

Jacques Pauw, die skrywer van The President’s Keepers, by die bekendstelling van die boek in Pretoria (9 November 2017). Foto: ANA

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het ʼn aansoek teen Jacques Pauw, ʼn ondersoekende joernalis en outeur van The President’s Keepers, by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien.

Die inkomstediens beskuldig Pauw daarvan dat hy die Wet op Belastingadministrasie oortree het deur belastingbetalers se vertroulike inligting bekend te maak.

Pauw het aan African News Agency gesê hy was verstom toe hy ʼn kennisgewing van die hofaansoek ontvang, maar dit voel asof dit ʼn erkenning is dat die onthullings in sy boek waar is. “Dit is nie ʼn aanval op die geloofwaardigheid van die boek nie, maar bevestiging van die geloofwaardigheid van die boek,” het hy gesê.

“Hulle wil bloot ʼn hofbevel hê dat ek die wet oortree het. Wat dan?”

Hy het gesê die saak sal vroeg in die nuwe jaar hanteer word aangesien sy prokureurs reeds met vakansie is. “Ek is nie bekommerd hieroor nie; ons sal dit teenstaan. Ek is seker daar is nog aan die kom.”

Pauw het gesê aanklagte is reeds by die Hatfield-polisiestasie aanhangig gemaak, wat hierdie hofaansoek “baie verrassend” maak.

ʼn Beëdigde verklaring van Tom Moyane, hoof van die SAID, haal ongeveer 15 bladsye van The President’s Keepers aan wat volgens die inkomstediens die wet oortree. Dit sluit onthullings in oor betalings wat aan president Jacob Zuma en Edward Zuma gemaak is. Dit behels ook Pauw se bewerings dat Mark Liffman, ʼn Kaapse bendelid, en ander glo honderde miljoene aan die SAID skuld.

Moyane het gesê die verklarende bevel wat aangevra word, is nodig weens die “belangrikheid en omvang van die oortreding”.

“Sulke verklarende bevele is noodsaaklik om vertroue aan die publiek te gee sodat hulle weet belastingbetalers se inligting kan nie sommer na willekeur deur derde partye bekendgemaak word wanneer hierdie derde partye geen gesag het om sulke inligting te besit of sonder gevolge te openbaar nie.”

Vroeër vandeesmaand is ʼn strafregtelike ondersoek teen Pauw in Durban begin. Kolonel Reuben Govender, wat na bewering ʼn reputasie het dat hy verdagtes intimideer, was die ondersoekbeampte in dié saak. Die saak is intussen by hom weggeneem en word nou deur die provinsiale hoofkantoor hanteer.

Pauw het gesê die prokureurs wat namens hom in Durban optree, doen dit op ʼn pro bono-basis en hy is oorweldig deur die “welwillendheid” van mense.

“Ek wil nie vir die volgende twee jaar van my lewe in regsgedinge gewikkel wees nie, maar as dit is wat hulle wil doen, sal ons baklei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Eish ·

Op die keper beskou is die Pauw boek die enigste wyse waarop openbare belang gedien word synde die totaal korrupte staatdiens se volgehoue nalating om reg te laat geskied, die hele nes probeer wegsteek. Dit is n riem onder die hart dat soveel regsgeleerdes bereid is op pro bono op te tree vir die skrywer. Mag die vryheid van spraak, openbare belang en geregtigheid seëvier.

Die Jagter ·

Het die Guptas en Zuma ‘n happie aan die Ruperts en banke se koek gevat?

bgj van der westhuizen ·

wel die boek sit hulle in die oog wand as ek nie my belasting betaal nie is hulle gou op my net en hier is mense wat baie nie betaal nie en daar word niks gedeon om die te kry nie en nou kan die mense sien dat said nie hulle werk doen nie

Henk ·

In die Bybel staan geskryf dat dit wat in die donker is, in die lig sal kom……… En my eie afleiding is dat die wat in die donker is duidelik nie gaan hou van wat in die lig na vore gaan kom nie….. soos SAID, soos die Suptas, ens

Hans ·

Wel daar het mens dit nou. vat jy die mense vas wat veronderstel is om n voorbeeld te wees kom jy in die moeilikheid. Ek wonder of SAID al gewonder en begin ondersoek instel hoe die inligting uitgekom het eerder as hul tyd en ons geld te mors om die boodskapper te wil skiet. Bewys vir my die teendeel dan praat ons…… in vandag se tyd en era wat ons is, is dit so maklik om inligting te bekom. Wonder maar net, is dit nie inligting in belang van die land nie????????? Name en shame is die game in vandag se lewe. Maar o wee dit geld mos net vir sekere van ons. Wat is daardie plaas verhaal nou wee????????

kat ·

Jy is heeltemal reg, Henk. Ek kan nie wag dat al die onheil ge-openbaar moet word nie!! Met die dat hulle Pauw hof toe neem skiet hulle hulself lekker in die voet!!! Lekker man lekker!!

Johanna Botha ·

Baie stof ….gaan niks van kom nie….gaan dit hof toe gaan alles ontbloot word en wil hulle nou dit he ….eintlik kan en wil hulle niks doen nie hehe

SjN ·

maw dan is die ontvanger mos skuldig deur te versuim om sy werk te verrig. Die feite is klaar geboekstaaf, wat help dit nou om hof toe te hardloop.

dinarie ·

Dieselfde opmerking kom voor in Johan van Loggerenberg se boek “Rogue”.
the
JvL beskryf presies dieselfde detail maar noem net nie name nie.
Dieselfde tabaksmokkellaarz worx beskryf – dieselfde modus operandi en dieselfde bevindinge word beskryf.

Kan daar meer as drie sulke sake bestaan wat met mekaar verwar kan word ?
Ek twyfel.

Die inligting waaroor Moyane dus so bekommerd is, is lankal al (sedert 2016) in die operbare terrein beskikbaar.

As die.boek “Rogue” aanvaarbaar is, dan moet “The President’sKeepers” ook aanvaarbaar wees.

Hoe ookal mey sy erkenning van die sake bevestig Moyane dat dit die wetklokheid werrspieël.en dan word dit belangtik dat dit in die openbare velsng bekend sal wees.

Veritas ·

Die hofsaak is op die ingewing van die oomblik gemaak. SAID is tog seker nie oningelig oor die gevolge wat die hofsaak kan hê nie. Alle feite gaan nou in die hof openbaar word en dit gaan beslis wyer uitkring en nie net diegene wat nou betrokke is, betrek nie. Hierdie optrede van SAID is blote magsvertoon en nie weldeurdag nie. Sterkte mnr Pauw, jy gaan dit nodig hê.

Pop ·

Nouja soos met aes gaan le die stof mis naderhand en mense vergeet daarvan. Maar hier is die SAIDnou so onnosel om dit heeltyd op die voorgrond te stoot. Mooi so want die wat die boek nou nog nie gelees het nie sal dit nou beslis ook wil lees. So hou asb nou aan om hofsake te wil begin dit spaar mnr Pauw om die boek te bemark.

Domvraag ·

Alles om korrupsie weg te steek. Hoe is dit dat sekeres vir jare nie belasting betaal nie. SAID mors die belastingbetalers se geld deur Pauw hof toe te wil vat. Miskien moet SAID aangekla word van pligsversuim, diskriminasie en mense soos Tom in eiereg aangekla word. Wys jou die verrotting soos in Pauw se boek is waar.

Andre Reinecke ·

Dit bevestig weereens dat die anc korrup is. Daar is so baie korrupsie en bewyse van korrupsie, maar hulle will eerder die wat hulle blootstel vervolg.

Pierre van Zyl ·

Nou wil hulle vir Pauw ondersoek/vervolg. Hoekom nie eers sy bewerings en die mense betrokke daarby ondersoek nie?

jan_alleman ·

Ek sal bly wees as hulle die hofsaak ook soos oscar sin oor die tv sal uitsaai

Tammy ·

SAID Het n reuse fout gemaak om die kollig op hulleself te sit. Dit laat my wonder as hulle ondersoek sou word of daar dalk grillerige gemors uitgegrawe gaan word? Ek het nognie daaraan gedink nie maar my verstand se my hier mag dalk iets wees om weg te steek….

Tammy ·

Ek MOET net eenvoudig hierdie boek in die hande kry om te lees…vrek van nuuskierigheid. Waar kan ek dit in die hande kry?

Cherokee ·

Hy begin sy boek deur te vertel dat hy (voor 1994) onder ‘n wit diktatorskap gelewe het en volg op deur dan van die ‘good guys’ te praat. Onder die ‘good guys’ sluit hy die volgende name in Anwa Dramat, Shadrack Sibiya, Johann van Loggerenberg, Ivan Pillay, Glynnis Breytenbach, Robert McBride, Mxolisi Nxasana, Gibson Njenje and Johan Booysen.
Moet vir geen oomblik dink dat hy konserwatief is nie. Dit verduidelik waarom Du Preez se naam verskyn op die voorblad van sy boek. Hulle was (of is) boesemvriende en huldig dieselfde politiek.

Lynette ·

Wanneer n joernalis iets uitvind is dit sy plig om daaroor te skryf, dus is SAID heeltemal verkeerd om Pauw te wil vervolg. Probeer eerder die mense wat die informasie verskaf het te vervolg want hulle het “uitgepraat”.

Jerry ·

Die aansoek teen Pauw is n powere poging tot intimidasie. Dit is ook n bevestiging dat daar waarheid is in die aantygings in die boek. Vir die wat geregtigheid soek is dit nou die tyd om Tom Monyane te ondersoek en om onweerlegbare bewyse te bekom by alle ongeruimdhede en korrupsie waarby hy betrokke was en ook tans is. Teiken hom en ontbloot sy hele geraamtekas en dan sal diegene soos hy 7 keer dink voordat hulle pogings aanwend om geregtigheid te probeer stop. Burgerregte organisasies, ondersoekende joernaliste en politieke partye moet nou vir Tom Monyane ontbloot.

Jacques venter ·

Pauw moet maar net appeal en appeal en appeal soos die staatspresident doen.

Dalk land hy dan na 12 jaar in die hof.

Die ander alternatief is dat Dr Nkonde Balfour hom “treminally ill” verklaar soos in die geval van wyle Schabir Schaik.

Bossie ·

Kyk maar oral in die land, plaasmoorde, werkplekke, en so kan ons tot vervelens toe aanhou… In die meeste gevalle word die moordenaar, krimineel, oortreder, teisteraar ens. beskerm. Ek het ‘n teisteraar, na 5 jaar gaan aangee. Die verwagting was dat die teisteraar die gevolge sou dra. Moenie glo nie. Die teisteraar het GEEN gevolge gedra nie en word nou in watte toegedraai. Die persoon is lid van ‘n bekende en prominente familie in Suid-Afrika. Die gevoel wat ek kry is dat ek nou eerder nog verder geteister word. Laat my nou soos die skuldige voel. My geval is nie uniek nie. Daar is duisende sulke gevalle. Korrup is ‘n baie magtige woordjie. Eerlike mense kry alle hel durf hul opstaan vir reg en geregtigheid. Maar daar is ‘n God. Moet dit NOOIT vergeet nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.