SAID-inligtingshoof reageer ná bisarre onderhoud

Makhekhe-Mokhuane tydens haar verskyning voor die Nugent-kommissie. Foto: Brenda Masilela/ANA

Mmamathe Makhekhe-Mokhuane, inligtingshoof by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) wat haarself heelwat bespotting op die hals gehaal het ná haar getuienis voor die Nugent-kommissie van ondersoek en ook in ʼn televisieonderhoud vroeër vandeesweek, het om verskoning gevra vir haar optrede.

Makhekhe-Mokhuane het ʼn kort verklaring uitgereik waarin sy sê sy het gaan nadink oor haar onderhoud op die SAUK se Morning Live-program, asook haar getuienis voor die kommissie Woensdag. “My gedrag, liggaamstaal en houding kon die indruk geskep het van arrogansie, ongeërgdheid en onprofessionele gedrag, en het my bevoegdheid en kennis in twyfel getrek,” lui die verklaring.

“Dit is jammer en betreurenswaardig. Hiervoor neem ek ten volle verantwoordelikheid. Ek vra om verskoning aan almal wat ek teleurgestel of aanstoot gegee het deur hoe ek albei situasies hanteer het. Daar is geen verskoning of regverdiging hiervoor nie.”

Makhekhe-Mokhuane het die verklaring afgesluit deur te sê sy is jammer dat sy nie voldoen het aan die hoë standaarde van professionaliteit en bevoegdheid “waaraan my kollegas en portuurgroep my ken nie”.

Maroela Media het vroeër berig Makhekhe-Mokhuane, wat aan die stuur van digitale inligtingsdienste en tegnologie by die SAID is, het vandeesweek ʼn huishoudelike naam geword nadat ʼn bisarre TV-onderhoud wat sy met die SAUK gevoer het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het.

Makheke-Mokhuane het later dieselfde dag voor regter Robert Nugent verskyn waar sy onder meer moes getuig oor die SAID se infrastruktuur, maar het hier nie veel beter gevaar nie.

Op ʼn vraag van Vuyo Kahla oor wat die SAID doen om verouderende infrastruktuur te onderhou, het Makhekhe-Mokhuane, soos met die meeste vrae, vaag geantwoord. “Ons bou tans. Ons het nog nie vermoë gebou om nuwe oplossings te bou nie, so ons onderhou wat ons het.”

Sy het op ʼn vraag oor wat sy bedoel het in haar voorlegging toe sy verwys het na die lang ampstermyne van SAID-werknemers, oor die Drakensberg Seunskoor begin praat. “Die Drakensberg Seunskoor is in 1867 op die been gebring en in 2018 word meisies steeds nie toegelaat om te sing nie.”

Tydens die SAUK-onderhoud het sy onder meer gesê dat inkontraktering by die SAID nodig was om beurse aan werknemers se kinders te gee. Sy het ook in ʼn stadium vir die onderhoudvoerder gevra: “Mevrou, kan jy my beskerming bied teen jouself?” Dié vreemde uitlating het só wyd op sosiale media versprei, dat dit intussen in talle grappe gebruik en selfs ʼn spottende liedjie omskep is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

'MAM ·

Ek laat my nie vertel SY het daardie verklaring self geskryf NIE. Sy kan nie eers n simpel vraag antwoord tydens n onderhoud nie so waaaaaaar gaan sy nog die breinkrag he om sulke groot woorde te skryf.
Oe maar dis lekker in Suid-Afrika

Dissie ·

Ek vermoed dat sy ook iemand betaal het om haar thesis vir haar te skryf.

Hanna Hoekom ·

Blah-blah-blah-blah… Drakensberg Seunskoor… Blah-blah-blah-blah… You’re the weakest link, good bye!

Ellisras ·

Ek vra verskoning dat ek niks se nie. Om te laster en vloek is teen die reëls. Toe soos ‘n klei os se ore.

Foxi ·

Ag tog Makheke….gee tog net pad, jy is n verleentheid vir jouself. En ja, jy is onbevoeg.
Deesdae hoor jy net…SORRY……SORRY. Pateties man!

willie ·

Haar verklaring gaan geen verskil maak nie, daar moet eerder ñ oudit gedoen word t.o.v. haar kwalifikaasies! Dit wil voorkom of sy nie eers matriek het nie wat nog van al haar papiere!

Koos1 ·

Sy het iets in haar verklaring vergeet. “Ek is onbevoeg en het die SAID in ‘n slegte lig gestel. Ek is jammer en dien hiermee my bedanking in.”
Aai, hoe droom ek nou!

Johann cb ·

Die verskoning help niks! Sy het reeds haar naam met ‘n plank geslaan…eina…!

Waarheid ·

Too late.Nou maak jy nog n groter fool van jouself indien jy weet wat dit beteken.

Realis ·

SARS is op dieselfde pad as Denel, SAL, Eskom en die SAUK! Kaderontplooing is besig om die land met ‘n spoed grond toe te vat! Maak vas julle veiligheidsgordels! Die val gaan nou vinnig wees…..

Alida ·

Jy het self jou onbevoegdheid op nasionale TV verkondig. Verskongs help niks. TOTSIENS.

PIENKIE ·

Wie het haar verklaring vir haar geskryf? Ek dink nie sy het sulke groot woorde in haar woordeskat nie.

Stephanus ·

En vir dit moet die belastingbetalers oor die R3 000 000 per jaar betaal!!!!

Ralph ·

Stephanus ek verstaan nie die R3 000 000. Is dit haar salaris in staatsdiens? Meer as die president.?

Staak saam ·

Sy beskik oor al die nodige kundigheid en het ook die regte houding om die inkomstediens te laat sink, hou haar daar, maak haar minister.
Dit sal darem so aangenaam wees as sy die oorsaak is dat al my inligting by hulle verdwyn. Sal sy darem nie die swaar belaste publiek se hero wees nie.
Die ANC is nie net sleg nie, hulle stel mense soos sy aan!

Jaap ·

En so gaan die land stap vir stap.
Onbevoegde na meer onbevoegde.
Cheers SA hier kom nog slegter dinge…veral met ANC in beheer van als.

saar ·

ja jaap “cheers sa” dan tokkel jy net verder op jou foon op die bank in jou sitkamer in good ole SA.

Ellisras ·

Berge val op my. Heuwels bedek my. Madam protect us from u.

Koos ·

Op watter manier het sy verantwoordelikheid aanvaar? Deur te bedank, deur ‘n posverlaging of deur haar bonus te verbeur? Ek dink nie sy het enigsins verantwoordelikheid aanvaar nie

ne ·

Waar het jy gesien ‘n mens gee sulke antwoorde? Is dit die mense met salarisse van meer as R3 miljoen per jaar? Dan kwalifiseer ek seker vir R30 miljoen per jaar. Hoe dommer hoe beter in die regering….

Henk du Toit ·

Dit is wat gebeur as jy die skole se akademiese standaare laat sak om die meerderhein in ons land slimmer te laat lyk. Soustrein seisoenkaatjie.

Avra ·

Ek aanvaar geensins die verskoning nie. Dis nie goed genoeg dat almal net onverskoning vra en Jan Publiek moet tevrede wees. Bedank met onmiddelik van krag.

RN ·

Stupudgeit kan nie verskoon word nie. En dit was seker nie sy wat verskoning geskryf het nie. Iemand cover nou weer vir haar. Seker die een wat haar aangestel het.

GM ·

En so moet ons almal net ‘n amptelike verklaring uitreik waarop ons verskoning vra omdat ons nie belasting betaal het nie, en ook nie meer gaan nie, dan vergeet ons almal daarvan en beweeg aan :-) Probleemoplossing 101 in S.A.

Juffrou ·

Toe wonder ek nou skielik waarom ek my so oor ‘n mik werk dat leerders elke taalreël ken en kan toepas … goeie mondelinge toesprake kan lewer en nog vele meer. Glo my, die leerders wie ek onderrig gaan beslis nooit in hul lewens R3m p.j. by SARS verdien nie. Hulle gaan nie omdat … dalk is hulle te blond?

Callie ·

Wat verstaan niemand nie. Dis die kwaliteit en intelektuele vlak van die mense in beheer. Dis hoekom alles tot niet gaan. Hemele behoed ons

$ ·

Ma’m, I think you need to also request yourself to protect you from yourself …

Oom Kalahari ·

Dit is ons wonderlike BEE en die wereld se mense lag vir ons 3de wereld en ons optredes. Maar nou-ja die grade word vrylik uitgedeel en poste vir aanstellings is wie jy ken en baantjies vir boeties. Ek verkoop die vakature aan jou solank ek ook ‘n paar rand in my sak kan steek. Maar nou-ja ons kon darem bietjie die lagspiere prikkel met die kader. Wonder wat se die ANC vroue liga!!!

Tokkolos ·

Skade is gedoen proplap
Skade is gedoen
Hoop net daar word n oudit op jou ook gedoen
Wonder wat weet jy als
O ja jy weer niks

Tjert ·

Sy kan 100 jaar daaroor ‘dink’… dat kan en sal GEEN verandering teweeg bring nie! Al stamp jy ‘n sot saam met koringkorrels in ‘n stamper sy/haar sotheid sal nie vanhom/haar wyk nie… finish en klaar…

C op C ·

Hierdie vrou moet dringend by ‘n dokter uitkom-daar moet ‘n verklaring wees vir haar onsamehangendheid. En ja, gaan ondersoek maar haar kwalifikasies ook…

Mickey ·

Sy het my lekker laat lag, so erg dat ek geskreeu het van die lag met trane ook. Ek dink sy het haar waarlike beroep gemis.

Basjan ·

Sy het ons nie teleurgestel of aanstoot gegee nie, maar het ons net lekker laat lag! ???

Swartwolf ·

Ongelukkig sien mens reg deur hulle maar die arrogansie en aangeplakte ego is gewoonlik om die onbevoegdheid en lae kognitiewe kapasiteit te probeer verdoesel. Kyk na die dame, Brian Molefe, Bathabile Dlamini, Zwane en daai nar in ‘n suit Gigaba. Meeste totaal onbevoegd en onnosel. Se altyd baie maar eintlik niks.

Willem ·

Gaan Kyk mooi , die een wat die skryfwerk gedoen het , het STD 5 en sy het ook net STD 5 , saam het hulle matriek (std10 ), hulle het beter gevaar as Zuma met net STD 8 ( gedruip )

Willem ·

Gaan Kyk mooi , die een wat die skryfwerk gedoen het , het STD 5 en sy het ook net STD 5 , saam het hulle matriek (std10 ), hulle het beter gevaar as Zuma met net STD 8 ( gedruip ) Dis die nuwe Suid Afrika!!

Andre ·

Hoeveel kanse het sy nog nodig om haar totale onbevoegdheid te demonstreer ?

Ralph ·

Verneem nou Noord WesUniversiteit staan met rooi gesig hoor gekoopte MBA. Ai, lekker landjie hier aan Afrika se suid puntjie.

Israel ·

Dis die beste wat die regering het!! Daar is baie ander wat se ik baie laer is , wat verwag n mens dan dat n land moet staande bly, dis vir hulle n groot prestasie

madels ·

Ek het nou daai video gekyk waar sy die onderhoud met die ander dame het, o genade, ek dink sy was definitief dronk, want die ander onderhoud is sy baie meer helder denkend… maar die ander een sleep haar tong n bietjie, so sy was verseker nie heeltemaal nugter nie :-(.. BELAGLIK!

Sanet Butler ·

Sy het blykbaar die einde van 2003 aan die voormalige Universiteit van Bophuthatswana die MBA graad verwerf voordat die universiteit met NWU in Potchefstroom saam gesmelt het. Volgens haar CV , afgesien van haaar MBA het sy verskeie kort kursese gedoen. Sy het in n kort tydjie verskeie indrukwekkende poste beklee. Dit is dood eenvoudig skrikwekkend wat hier aangaan, waar gaan dit eindig?

Piet Magriet ·

Klink vir my maar na ‘n copy and paste verskoning verklaring daardie.

SjN ·

Verseker het iemand namens haar gecopy en paste, Piet Magriet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.