SAID lê beslag op motor van byna R14 m.

Foto: SAID

Doeane-beamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het ʼn Ferarri F1-motor, wat ongeveer R13,9 miljoen werd is, onderskep toe daar gepoog is om die voertuig deur die Beitbrug-grenspos die land in te smokkel.

Die SAID het Woensdag in ʼn verklaring gesê die eienaar van die motor het in 2014 probeer om die motor in Suid-Afrika in te bring. “Die eienaar het versuim om die korrekte invoerprosedures te volg, onder meer om die nodige invoertariewe en BTW te betaal. As gevolg daarvan is die voertuig drie jaar lank in ʼn doeane-pakhuis gehou omdat die eienaar nie die nodige doeane-prosedures kon finaliseer nie,” het die SAID gesê.

In Februarie vanjaar het die voertuig se eienaar ʼn uitvoerverklaring ingedien om die motor deur die Beitbrug-grenspos na die Demokratiese Republiek van die Kongo te neem. Volgens die SAID is daar ʼn dag nadat die voertuig na die DRK geneem is, gepoog om dit weer deur dieselfde grenspos in Suid-Afrika in te smokkel.

“Daar is op die voertuig beslag gelê en ʼn brief van voorneme is aan die eienaar in ooreenstemming met die Wet op Bevordering van Administratiewe Geregtigheid gestuur om hom in staat te stel om ʼn vertoë aan die SAID te rig.”

Foto: SAID

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ange ·

R14 million kar maar hy weier om die invoerbelasting te betaal. Dan moet jou kar maar staan, Scrooge.

Alida ·

Hoekom word die eienaar se naam verswyg? Ek ruik Gupta/Zuma.

Chris Ws ·

Dis die seekoei se ore die.Daars baie Ferraris en ander voertuie op slinkse maniere en suksesvol ingesmokkel in die verlede.

Pik ·

Het julle al probeer iets invoer dis nag verby al betaal ons al die belastings en wat nog jy wil nie weet nie elke dag kos duisende rande maar hulle sal jou ophou met snert

Kensystuff ·

Daardie is n Ferrari LaFerrari, die gemiddelde her-verkoopwaarde van n 2014 model is $3.2-3.5 MIL USD, dit in huidige ZAR waarde is ZAR 45.5 miljoen + VAT X 130% luukse goedere invoerbelasting, dan draai jy gou gou rondom R100m, so teen R14 miljoen is dit n bargain!!!!

Oom Walker ·

Dis ‘n LaFerrari. Die Ferrari F1-motors word gebruik in Formule 1 Grand Prix wedrenne.
Lyk my nie baie slim om so kort na mekaar dieselfde grenspos te wil gebruik nie!

jaco ·

Is daar enigsins ordentlike paaie noord van beitbrug waar so n motor behoorlik gery kan word?

danie ·

Dan is dit dalk die probleem, hulle het die verkeerde kar .

Koos1 ·

Ek wonder nou, nadat daarop beslag gelê is, wie se ampsmotor dit gaan word, of gaan dit in ‘n garage op Nkandla geparkeer word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.