SAID lê beslag op R4 miljoen se metamfetamien

Argieffoto ter illustrasie (vloeibare kristal-metamfetamien)

Argieffoto ter illustrasie (vloeibare kristal-metamfetamien)

Doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Woensdag beslag gelê op vloeibare kristal-metamfetamien ter waarde van R4,26 miljoen.

“Doeanebeamptes het tydens ʼn roetineondersoek by ʼn pakhuis by OR Tambo Internasionale Lughawe 15 eenliterbottels met ʼn geel vloeistof gevind,” het die SAID in ʼn verklaring gesê. “Daar is bevestig dat dit kristal-metamfetamien is.” Volgens die SAID het die besending van Indië gekom.

Die SAID het nog nie bevestig of enigiemand in verband met die voorval in hegtenis geneem is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Charlotte ·

Ja en more is dit kwansuis weg en word dit deur die polisie op straat verkoop….dis mos normaal..

Jakes ·

Ek soek net 4 bottels , dit klink waardevol , watse middel is dit , dwelms

REGINA ·

Jakes, dis TIK daardie! n Gevaarlike verslawende dwelm, word veral op die Kaapse Vlakte erg misbruik

REGINA ·

Jakes, dis TIK daardie, n baie gevaarlike en verslawende dwelmmiddel

NET EKKE ·

Indie dan sit die guptas hier agter vra maar vir zoempie

willie ·

Goeie werk SAID- Maar kyk gerus na Zuma, Guptas en die gespuis. Dis dalk n baie grootter vangs.

Tessa ·

Breaking Bad, lyk asof ons ‘n Pinkman & Heisenberg in SA het wat tik verwaardig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.