SAID moet Pillay se skorsing ophef

sars logo 2Ivan Pillay, adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), se skorsing moet onmiddellik tersyde gestel word, het die arbeidshof in Johannesburg Donderdag beveel.

“Die skorsing van die applikant is onwettig, aangesien dit neerkom op ʼn verbreking van sy dienskontrak,” het regter Annelie Basson in haar uitspraak gesê. Sy het beveel dat Pillay op die volgende werksdag terugkeer werk toe. Die SAID is ook beveel om die kostes van die saak te betaal.

Pillay en Peter Richer, groephoof van risiko en beplanning, het die hof genader nadat hulle op 5 Desember deur Tom Moyane, hoof van die SAID, geskors is. Dit het gevolg nadat Pillay ʼn paneel aangestel het om bewerings te ondersoek oor ʼn spesialeprojekte-eenheid se beweerde onwettige aktiwiteite.

Die SAID het egter Woensdag Richer se skorsing teruggetrek waarna dit ʼn bevel van die hof gemaak is en die SAID beveel is om Richer se regskostes te betaal. Pillay se aansoek om sy skorsing tersyde te stel is deur die hof aangehoor en uitspraak was tot vandag voorbehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Joe64 ·

Nou wie betaal nou vir die foutjie? Moet die persoon wat die gemors gemaak het nie nou ‘n rekening kry nie?
Die belasting betalers vereeniging moet nou dringend begin optree teen die soort handelinge met belasting geld.
Die 10% van die bevolking wat belasting betaal moet die reg hê om seker te maak die soort spandering vind nie plaas nie of hoe?
Die oorsaak moet ook vasgevat word, in die geval klink dit amper soos ‘n bang oproep een aand na iemand met gesag by die kantoor van SAID. Dalk sommer kwalifikasies nagaan terwyl mens nou besig is.

Gert ·

Zuma en sy kaders maak alhoemeer foute en so bly hy (stortkop) “bullet proof”! Sy Broers en Susters wil niks doen nie want as hy nie meer daar is nie, sal hul partytjie ook oor wees. Gemors!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Drieks ·

Ek stem, Tom moyane is zuma se BEE aanstelling. Hy moet die regkostes betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.