SAID onderskep renosterhorings ter waarde van R6 miljoen

Argieffoto

Doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het nog ʼn verdagte sak met 28,76 kg renosterhoring, ter waarde van R6 miljoen, by OR Tambo Internasionale Lughawe onderskep.

Dit is die tweede klopjag in minder as vier dae nadat beamptes Maandag tien renosterhorings, wat 24,96 kg weeg, ter waarde van byna R5 miljoen ook by die lughawe onderskep het.

“Doeanebeamptes het Woensdag ʼn verdagte sak opgemerk wat op ʼn vliegtuig was onderweg na Hongkong. ʼn Passasier is uitgeken as die eienaar van die sak,” het Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, gesê.

Vyf renosterhorings is versteek in was wat in papier toegedraai is.

Die passasier en goedere is aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorgegee vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.