SAID-ondersoek: Gordhan getuig vandag

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings (Foto: ANA)

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, sal een van die eerste getuies wees om voor die kommissie van ondersoek na administrasie en bestuurskwessies by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) te getuig.

Dié kommissie se openbare verhore sal vandag begin. Gordhan sal na verwagting om 14:30 getuig.

Die kommissie is in Mei deur pres. Cyril Ramaphosa op die been gebring nadat hy Tom Moyane, die SAID-kommissaris wat ook ʼn dissiplinêre verhoor te wagte is, geskors het. Die kommissie, wat deur regter Robert Nugent gelei word, sal na verwagting Vrydag sy eerste ronde verhore afhandel.

Die kommissie sal ondersoek of die SAID die nodige stappe gedoen het om belastinginvorderingstekorte in die afgelope jare aan te raak, asook die uitwerking wat die bestuur van die inkomstediens op sy openbare beeld gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.