SAID: ‘Ons gaan vanjaar meer belasting invorder ondanks ekonomie’

Tom Moyane, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Foto: Flickr/GovernmentZA

Tom Moyane, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het die inkomsteowerheid Donderdag daartoe verbind om ʼn verhoogde inkomsteteiken vir die 2017/18 finansiële jaar te bereik.

Dit volg nadat Malusi Gigaba, minister van finansies, Woensdag die verwagte inkomsteteiken vir einde Maart volgende jaar van R1,214,7 miljard na R1,217,3 miljard verhoog het – ʼn verhoging van sowat R2,6 miljard.

Gigaba het gesê dié voorspelling spruit uit verbeterde maatskappy- en handelsbelasting wat sedert die laaste kwartaal van 2017 ingesamel is.

Die SAID het volgens hom steeds ʼn tekort van R48,2 miljard teenoor R50,2 miljard in die vorige boekjaar.

Moyane het gesê die SAID is daartoe verbind om belastinginvordering vir die regering se ontwikkelingsagenda te verhoog ten spyte van die sukkelende ekonomie.

“Suid-Afrika se skuldvlakke het gestyg tot 53,3 % van die bruto binnelandse produk (BBP). Die koste vir die skuld kom neer op R163,2 miljard. Ons het die nodige strukture in werking om die nakoming van belastingbetalers te monitor en die resultate lyk positief. Ons werk nou baie slimmer om enige tekortkominge aan te vul en die tekortkominge heeltemal stop te sit,” het hy gesê.

Moyane het gesê Suid-Afrika maak nou meer as ooit staat op die SAID-beamptes wat by hoë inkomsteteikens moet hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eps ·

Die begroting was net aansporing vir onwettige besighede. Teiken kan maklik beryk word as Guptas opdok.

Ek persoonlik doen alles in my vermoë om so min as moontlik belasting te betaal, wettiglik.

Riaan ·

Begin in te vorder by al hierdie chinese winkels. Hulle ontduik almal belasting,en maak sakke vol geld uit dwelms. Die winkels is net n rookskerm

Adrian ·

Tom jy hoort nie daar nie, jy het die Guptas gehelp deur baie minder belasting te betaal, jy het Jakob Zuma laat loskom met miljoene rande se belasting: die resultaat jy is korrup en moet so gou moontlik verwyder word. Hoe kan ons as belastingbetalers en publiek vir jou en jou organisasie vertrou. Cyril asb raak van die man ontslae

Koos1 ·

Logika, as alle belastings verhoog sal julle mos meer vorder!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.