SAID: R200 miljoen se inligtingstelsel ‘nooit geïmplementeer nie’

Die Nugent kommissie van ondersoek. Foto: ANA

Die Nugent-kommissie van ondersoek het Dinsdag gehoor die inligtingstegnologie-moderniseringsmodel ter waarde van R200 miljoen wat deur ʼn konsultasiefirma vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ontwikkel is, is nooit geïmplementeer nie.

Dié konsultasiefirma, Gartner, is in Julie 2015 deur die geskorste inkomstediens-baas, Tom Moyane, aangestel om die SAID se rekenaarstelsel te herstruktureer en te laat herleef. Moyane het in Desember 2014 die SAID se moderniseringsprogram gestaak, net drie maande nadat hy in die amp aangestel is.

Michael Lithgow, Gartner se hoof van openbare sektor- konsultering, het voor die kommissie verskyn wat onder die voorsitterskap van afgetrede regter Robert Nugent staan. Lithgow het erken die werk van R200 miljoen wat die maatskappy vir die SAID gedoen het, het nie waarde vir geld by die inkomstediens gelewer nie.

“Toe ons ingekom het, het ons met mense gewerk wat desperaat was vir verandering. Kan ons regverdig hoeveel geld bestee is vir die werk wat gedoen is? Op die oomblik, nee, want die helfte daarvan word tans nie geïmplementeer nie,” het hy gesê.

Lithgow het verduidelik hoe hulle aan die einde van fase 1 aanbevelings gemaak het waarmee die SAID reeds kon werk, maar die instansie het Gartner gevra om nog werk te doen en hulle het daarna in fase 2 inbeweeg. Hy het gesê al die aanbevelings wat aan die SAID gemaak is, is nie geïmplementeer nie.

“Ek aanvaar ons het misluk, want niks wat ons gedoen het, is geïmplementeer nie en dit is vir my onstellend. My vertroue dat selfs net 10% van wat ons aanbeveel het gedoen is, is min.”

Lithgow het gesê een van die oorsake waarom Gartner se pogings nie geslaag het nie, was omdat die inkomstediens swak leierskap gehad het. Volgens hom was daar faksies binne die inkomstediens; sommige werknemers was nie seker wat hul rolle behels het nie en van die personeel was huiwerig om hul samewerking te gee.

“Ek het ʼn brief aan mnr. Moyane geskryf en dit duidelik gemaak dat indien ons nie sterk, toegewyde leierskap het nie, sal die transformasieproses nie werk nie.”

Pres. Cyril Ramaphosa het Nugent in Junie aangestel om aan die hoof van die kommissie te staan wat opdrag gegee is om bewerings van finansiële wanbestuur by die SAID te ondersoek, insluitend dat dié beweerde wanbestuur gelei het tot ʼn tekort van R50 miljard tussen 2014 en 2018 onder Moyane se leiding.

Ramaphosa het Moyane geskors aangesien daar ʼn gebrek aan vertroue was in sy vermoë om dié belangrike organisasie te bestuur.

Die kommissie van ondersoek sal vroeg volgende maand sy werk voortsit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann ·

Is dit nie ongelooflik hoe sulke absurde bedrae links en regs genoem word as deel van mislukte projekte nie? ANC LEGACY van soandeer en uitgee sonder enige verandwoordbaarheid.

koos1 ·

waarheid, nou hoekom vra jy die vraag? Die geld is mos regverdig opgedeel!

LouE ·

Daar gaan binnekort ‘n soldaat op ‘n perd by jou huis opdaag en jou meedeel dat die koning drie sake mielies en ‘n skaap wil hê.

Alida ·

Dit is omdat hulle mense soos daai tannie aanstel wat nie n clue het wat aangaan nie. Kry vir julle net jammer ons moet daarvoor betaal. Die ANC kon nog nie uitmaak dat in 25 jaar kon hulle NIKS laat werk nie. Kan iemand dit in CR se kop kry asb.

Jan ·

Cyril weet dit hys slim en ryk en jy nie.hy hou almal arm dis tot sy voordeel dis nie cyril wat sukkelnie dis die afrikaners wat sulkel..

charmaine ·

R200 miljoen karre en huise en klere dis waar die geld is.

Arak ·

Ek wonder net hoekom daar geen aanspreeklikheid by die konsultasie maatskappye is nie. Lyk my hulle was nou hulle handjies ewe in onskuld nadat hulle die R200milj gevat het. Klink vir my baie soos die McKinsey manier. Betaal maar die R200milj terug of lewer die werkende stelsel.

Zumie ·

Goeiste….. kan die lot geld mors…..blitsig……
Ek doen aan die hand alle staatsamptenare kry beursies wat reg rondom toegewerk is waarin hulle hulle staatsgeld hou…

Peet ·

Nou moet ons betaal. My e-filing van 2014 en 2015 is net weg en nou beboet sars my met meer as R20000-00. Skelms!

Hanna Hoekom ·

Nog n uitstekende voorbeeld van kaderontplooing sowel as reg(weg)stellende aksie! En nou gaan die “blame game” begin. Watch this space… Ai, hoe lekker loop die soustrein!

Kobus ·

Kan nie glo dat n staats departement die elite skip van die regering was nou soos agteruit gegaan het. Wat het geword van die ekspertise wat in 2001 daar gewerk he?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.