SAID sal agterstallige R15 miljoen van maatskappy invorder

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het magtiging bekom om beslag te lê op die bates van ʼn steenkoolmaatskappy, Shefa Group, in ʼn poging om belastingskuld van R15 miljoen in te vorder.

Die belastingbetaler het PAYE, BTW, WVF en vaardigheidsontwikkelingsheffing-opgawes ingedien, maar nie enige betaling gemaak nie. Dit is ʼn strafregtelike oortreding.

Edward Kieswetter, SAID-kommissaris, het gesê die SAID neem ʼn sterk houding in teen maatskappye wat belasting by hul werknemers aftrek, maar versuim om dié belasting aan die SAID oor te betaal – ʼn wettige vereiste. Hy het gesê die belasting is verskuldig aan die fiskus en nie vir die persoonlike of sakevoordeel van die maatskappy of sy direkteure nie.

“In hierdie tyd van ekonomiese herstel wat gekortwiek word deur die erns van die Covid-19-pandemie, het die regering alle hulpbronne nodig om armes en kwesbares te help en om belastingverligting te kan bied aan belastingbetalende maatskappye,” het Kieswetter bygevoeg. “Ons strategiese doelwitte is duidelik: SAID sal dit maklik maak vir belastingbetalers om hul plig na te kom, maar sal dit ook moeilik en duur maak vir belastingbetalers wat nie hul verpligtinge nakom nie. Vandag se optrede, en ons voortgesette pogings is ʼn bewys van ons voornemens om sulke niebetalende maatskappye aan die kaak te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hennie ·

Maar as die ANC dit doen dan is dit sommer niks nie… Lekker dubbel standaarde!

Anel ·

Ons moet ons oor ‘n mik betaal aan al wat ‘n belasting is sodat hulle dit aan “die kwesbares en armes” KAN GEE!!!! ‘n Handjie vol mense moet hulle allies af werk sodat die meerderheid op hull onderstelle kan sit en vermeerder en dan bakhand kan staan vir al wat ‘n toelaag is. Kyk nou in Middelburg en dan wil hulle hê ons moet nog 8 tot 12% van ons inkomste ekstra gee vir die wat nie wil werk nie. Dis geen wonder alnal is so skelm met hul belasting nie. Dit word net gemors!!!!!

Riana ·

En wanner gaan ANC hulle agterstallige skuld terugbetaal?????hulle kan mos nie staan in vlge verskiesing as hulle SARS geld skuld nie…..?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.