Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het bevestig sy omstrede inligtingshoof, Mmamathe Makhekhe-Mokhuane, het met onmiddellike effek bedank.
Volgens ʼn verklaring deur die inkomstediens was daar gesprekke tussen die SAID en twee geskorste uitvoerende lede, Makhekhe-Mokhuane en Luther Lebelo, hoof van werknemerbetrekkinge. Makhekhe-Mokhuane en Lebelo het ingestem om met onmiddellike effek te bedank.
“Die SAID sal nie voortgaan met enige stappe teen Makhekhe-Mokhuane en Lebelo wat betref bewerings teen hulle nie,” lui die verklaring.
Die twee beamptes is die afgelope paar maande voorlopig geskors.
“Die kommissaris, Edward Kieswetter, is verbind tot die belangrike werk om interne en openbare vertroue in die SAID te herstel,” het die SAID gesê.
Lebelo is in Julie vanjaar voorlopig geskors hangende ʼn dissiplinêre proses. Die Nugent-kommissie van ondersoek het gehoor Lebelo het ʼn rol gespeel in die omstandighede wat gelei het tot die skorsing in 2014 van die voormalige adjunk- SAID-kommissaris, Ivan Pillay.
Makhekhe-Mokhuane is in Augustus vanjaar voorlopig geskors hangende die afhandeling van ʼn tugproses ten opsigte van ernstige bewerings van wangedrag. Sy het verlede jaar oornag bekend geword ná haar getuienis voor die Nugent-kommissie van ondersoek en ʼn bisarre televisieonderhoud.
Tydens haar getuienis voor die kommissie het sy op ʼn vraag oor wat sy bedoel het in haar voorlegging, toe sy verwys het na die lang ampstermyne van SAID-werknemers, oor die Drakensberg Seunskoor begin praat. “Die Drakensberg Seunskoor is in 1867 op die been gebring en in 2018 word meisies steeds nie toegelaat om te sing nie.”
Tydens die SAUK-onderhoud het sy onder meer gesê dat inkontraktering by die SAID nodig was om beurse aan werknemers se kinders te gee. Sy het ook in ʼn stadium vir die onderhoudvoerder gevra: “Mevrou, kan jy my beskerming bied teen jouself?”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
21 Kommentare
Drakensbergse Seunkoor!!
Oi ek kan nie ophou lag nie en my kop skud so heen en weer dat dit voel of ek n siekte het!!
Beskerm my o o o beskerm my teen yourself!!!
En na die bedanking kry hul seker vet pensioene
As hulle bedank word hulle mos nie vervolg nie. Lekker.
Die gewese IT-hoof, as jy haar so kan noem, het in Oktober 2018 die “April-grap onderhoud” gehad!! Die vraag is egter = wat het sy die afgelope jaar by SARS (nie)-gedoen nie? Natuurlik geskors gewees met volle voordele, met die waarskynlike uitgangspunt dat sy minder kan aanjaag as sy eerder tuis bly! Ongelukkig is sy en die ander trekpasser, nou skotvry van die bollie wat help doen is, en die belastingbetalers moet vir die Sirkus betaal! Dis om van NAAR te word, Eish!!!
Moes nooit aangestel gewees het nie.