SAID se omstrede inligtingshoof bedank

Mmamathe Makheke-Mokhuane (Foto: ANA)

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het bevestig sy omstrede inligtingshoof, Mmamathe Makhekhe-Mokhuane, het met onmiddellike effek bedank.

Volgens ʼn verklaring deur die inkomstediens was daar gesprekke tussen die SAID en twee geskorste uitvoerende lede, Makhekhe-Mokhuane en Luther Lebelo, hoof van werknemerbetrekkinge. Makhekhe-Mokhuane en Lebelo het ingestem om met onmiddellike effek te bedank.

“Die SAID sal nie voortgaan met enige stappe teen Makhekhe-Mokhuane en Lebelo wat betref bewerings teen hulle nie,” lui die verklaring.

Die twee beamptes is die afgelope paar maande voorlopig geskors.

“Die kommissaris, Edward Kieswetter, is verbind tot die belangrike werk om interne en openbare vertroue in die SAID te herstel,” het die SAID gesê.

Lebelo is in Julie vanjaar voorlopig geskors hangende ʼn dissiplinêre proses. Die Nugent-kommissie van ondersoek het gehoor Lebelo het ʼn rol gespeel in die omstandighede wat gelei het tot die skorsing in 2014 van die voormalige adjunk- SAID-kommissaris, Ivan Pillay.

Makhekhe-Mokhuane is in Augustus vanjaar voorlopig geskors hangende die afhandeling van ʼn tugproses ten opsigte van ernstige bewerings van wangedrag. Sy het verlede jaar oornag bekend geword ná haar getuienis voor die Nugent-kommissie van ondersoek en ʼn bisarre televisieonderhoud.

Tydens haar getuienis voor die kommissie het sy op ʼn vraag oor wat sy bedoel het in haar voorlegging, toe sy verwys het na die lang ampstermyne van SAID-werknemers, oor die Drakensberg Seunskoor begin praat. “Die Drakensberg Seunskoor is in 1867 op die been gebring en in 2018 word meisies steeds nie toegelaat om te sing nie.”

Tydens die SAUK-onderhoud het sy onder meer gesê dat inkontraktering by die SAID nodig was om beurse aan werknemers se kinders te gee. Sy het ook in ʼn stadium vir die onderhoudvoerder gevra: “Mevrou, kan jy my beskerming bied teen jouself?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Waarheid ·

Drakensbergse Seunkoor!!
Oi ek kan nie ophou lag nie en my kop skud so heen en weer dat dit voel of ek n siekte het!!
Beskerm my o o o beskerm my teen yourself!!!

Koos de Meyer. ·

As hulle bedank word hulle mos nie vervolg nie. Lekker.

Gert van Wierdapark ·

Die gewese IT-hoof, as jy haar so kan noem, het in Oktober 2018 die “April-grap onderhoud” gehad!! Die vraag is egter = wat het sy die afgelope jaar by SARS (nie)-gedoen nie? Natuurlik geskors gewees met volle voordele, met die waarskynlike uitgangspunt dat sy minder kan aanjaag as sy eerder tuis bly! Ongelukkig is sy en die ander trekpasser, nou skotvry van die bollie wat help doen is, en die belastingbetalers moet vir die Sirkus betaal! Dis om van NAAR te word, Eish!!!

wilma ·

Oe LMGA. Die nar. Hoe de hel kon sy aangestel wees in daardie pos. En die president doen niks omtrent die korruptes. Dit is net beloftes en dink hy kan ons paai

George in Bloem ·

Shame. Ek wonder wie’t haar bedankingsbriefie vir haar geskryf?

Scalla ·

George, haar kleinkind het n standaard bedankings brief gegoogle en vir haar geprint.

Foxi ·

Dankie tog, nog n spook uit! Gaan seker in n ander plek intrek en daar sweef. Skrikwekkend!

o ·

Ek voel siek. Elkeen van hierdie insidente kos ons nog ‘n hele paar miljoen…. Dis ‘n maalkolk met geen einde nie

A ·

Sy gaan tien teen een ‘n million dollar handshake ook kry, ek kots sommer!!

Rina ·

Dit is n seunskoooooorrrrrr …… mense wat klippe gooi oor bestaande skole ens ens ens ….. begin jul eie ding ….. ook maar goed sy het bedank …..

Jerry ·

Die arme mens se psige was so opgefoeter deur kommunistiese indoktronasie dat sy nie by die SAID regtig geweet het of sy moet kom of gaan nie. Dit blyk darem nou dat haar kommunistiese hanteerders besluit het dat sy eerder maar moet gaan (herontplooi) voordat teveel geheime oor haar werklike doen en late uitkom.

JohanR ·

Oe my gooiste! Die een het met rekenaar bedieners, en belangrike IT goed gewerk. Wie stel hierdie mense aan in soe ‘n belangrike possisie, en word die CV ooit na gekyk. Seker nog ‘n de Lille ding……”kom my sussie laat ek vir jou ‘n lekker job kry”!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.