SAID-tak in Alberton gesluit

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het sy tak Maandag in Alberton, Gauteng gesluit ná ʼn brand op die eerste verdieping uitgebreek het.

Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, het gesê die gebou is ontruim en geen beserings is aangemeld nie. “Bedrywighede is opgeskort by die tak tot verdere kennisgewing en die gebou veilig verklaar is. ʼn Mobiele eenheid sal by die Alberton-kampus ontplooi word om beperkte belastingverwante dienste te lewer.”

Memela het gesê doeanehandelaars en kliënte word aangeraai om by die OR Tambo-lughawe aan te klop (eerste verdieping), New Agents-gebou, Kempton Park, of by SAID se kantore in Pretoria (Francis Baard (Schoeman)-straat, Lillian Ngoyi (Van der Walt)-straat of die SAID-hoofgebou in Pretoria. Aksynsdokumente kan ook by die Alberton-kampus, Enforcement-gebou, St Austellstraat, 15 McKinnonsingel, New Redruth, Alberton ingehandig word.

Navrae wat met persoonlike belasting verband hou, word na alternatiewe takke in die omgewing (Soweto: Dube of Orlando-Oos, Edenvale, Boksburg, Benoni en Roodepoort) verwys.

“Die SAID vra om verskoning vir enige ongerief en wil belastingbetalers gerus stel dat bedrywighede so vinnig as moontlik sal hervat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

pieter ·

Hoop hulle sluit almal want ons word almal uitgebyt met belasting

Dankie SARS! ·

“Die SAID vra om verskoning vir enige ongerief en wil belastingbetalers gerus stel dat bedrywighede so vinnig as moontlik sal hervat.”

O ag dankie SAID. Ons voel soveel beter nou dat ons weet julle gaan weer vinnig aan die gang kom om ons geld by ons te vat en uit te deel vir die wat te lui of te skelm is om te werk.

Ek wonder wat sal gebeur as al SARS se geboue skielik begin brand?

AndrewL ·

Volgende veskonining omdat geld nie terug betaal word nie is seker omdat dit alles daar uitgebrand het.

EKstemsaam ·

SARS is daagliks verantwoordelik vir die bankrotskap van honderde klein besighede

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.