SAID verwelkom nuwe taksbaas

Finansiesminister Tito Mboweni en die nuwe kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) Edward Kieswetter (Foto: Oupa Mokoena/African News Agency/ANA)

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Woensdag formeel Edward Kieswetter verwelkom in sy nuwe rol as kommissaris.

Kieswetter het Woensdag met sy pligte begin en vervang die vorige taksbaas Tom Moyane.

Dit het gekom nadat die vorige SAID-kommissaris, Tom Moyane, vroeër deur Ramaphosa in die pad gesteek is na aanleiding van aanbevelings deur ʼn kommissie van ondersoek na bestuursprobleme by die SAID. Die kommissie is deur afgetrede regter Robert Nugent gelei.

Kieswetter is vir ʼn periode van vyf jaar aangestel.

“Ons verwelkom Kieswetter en sien uit daarna om die SAID saam met hom te herbou,” het die inkomstediens in ʼn verklaring gesê.

Hy het tussen 2004 en 2009 as adjunkkommissaris vir die SAID gewerk. Die instansie het gesê hy het, kragtens goeie bestuur en die betrokke beleide, al sy buitebelange en betrokkenheid in verskeie organisasies bekend gemaak.

Hy het reeds met ʼn hersiening van sy portefeulje van belange begin en het sy bedanking ingedien as hoof onafhanklike direkteur van Shoprite.

Tito Mboweni, minister van finansies, het Kieswetter alle sukses toegewens en gesê hy wil graag sien hoe die SAID “weer opgebou word as ʼn gerespekteerde belastingvorderaar”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

schaun ·

Is dit dieselfde kieswetter waaroor die bohaai was dat hy familie van Trevor Manuel sou wees en dat die toutjies getrek het sodat hy aangestel word in die pos.

TLC ·

Hoop regtig ek kom more by werk en het mail gekry dat daar nou pakket vir bo 55 gaan wees want na 30 jaar plus het ek nou genoeg gehad van sars
Die vloere loop nog vol van al Tom se tjommies

jaco ·

Vreemde regstellende aksie. Al hoe meer moet kleurlinge soos hy en ook Indiërs hoor “sorry no job for you because you are not black enough”.
En VOOR almal my nou kruisig: ek hét bewyse vir my kommentaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.