SAIRR versoek Zuma om Onteieningswetsontwerp te wysig

huis eiendom

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) het ʼn beroep gedoen op pres. Jacob Zuma om nie die omstrede Onteieningswetsontwerp te onderteken nie, maar eerder na die Nasionale Vergadering terug te verwys.

Talle klousules in die wetsontwerp, wat Donderdag deur die parlement goedgekeur is, is teenstrydig met die Grondwet, het die SAIRR in ʼn verklaring gesê.

Daar is glo ook ernstige prosedure-tekortkomings toe die wetsontwerp deur die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur is, alhoewel die konstitusionele hof vroeër die behoefte aan behoorlike prosedures benadruk het, voor wetgewing goedgekeur word.

Volgens die SAIRR was daar ook nie voldoende publieke konsultasies nie, ondanks die konstitusionele vereiste dat dit moet plaasvind.

Kragtens artikel 79(1) van die Grondwet het die president ʼn verpligting, “indien hy sy bedenkinge het oor die grondwetlikheid van ʼn wetsontwerp”, om dit na die Nasionale Vergadering terug te verwys om dit te heroorweeg, eerder as om dit te bekragtig.

“Gegewe die verskillende maniere waarop die wetsontwerp teenstrydig is met die Grondwet, moes die parlement nooit die maatreël in sy huidige formaat aanvaar het nie,” het die SAIRR gesê. “Daar moes volle publieke deelname gewees het en die proses moes behoorlik voldoen het aan prosedures. Dit berus nou by pres. Jacob Zuma om dié tekortkominge aan te spreek.”

Volgens die SAIRR moet die Nasionale Vergadering die wetsontwerp heroorweeg en wysig om die gebrekkige definisie van “onteiening” in lyn te bring met die Grondwet; seker maak dat die voorgestelde onteiening wel grondwetlik is; en seker te maak dat diegene wat onteien word, ʼn eis sal kan instel vir die direkte verliese weens onteiening.

“Privaat eiendomsregte vir grond, huise en ander bates is noodsaaklik vir ʼn demokrasie, ontwikkeling en welvaart vir almal. Dit is waarom die diskriminerende wette, wat vroeër swart Suid-Afrikaners verbied het om grond en talle ander bates te besit, so ingrypend onregverdig was.”

Die SAIRR het gesê ʼn wetsontwerp, wat onteiening onder behoorlike omstandighede toelaat, maar ook grondwetlike voorsorgmaatreëls bevat om seker te maak dat mag nie misbruik kan word nie, kan maklik opgestel word. “Die SAIRR het pres. Zuma versoek om dit te laat gebeur.”

Lees alle vorige berigte oor die onteieningswetsontwerp op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

My opinie ·

zuma sal doen nét wat hy wil. Hy doen dit vandat hy aan bewind gekom het. Hoekom sal dit nou verander? Stemme moet gewerf word vir die komende verkiesing. Hy laat almal graag verstaan hy is “magtig” en skroom ook nie om dit te wys nie

Apie ·

Zumpie het by mugabes geleer daarom sal hy hierdie wet asap wil teken, EN HY GAAN!! Soek seker nog n paar stortkoppe om te onteien .

Koos ·

Die probleem is dat iemand dit vir hom moet voorlees, want self sal hy dit nie kan doen nie,sy denk vermoê strek net sover as die punt van sy neus

At van Jaarsveld ·

Dink iemand nou regtig hy sal dit terugtrek. Dis wensdenkery. Hofsake sal dit miskien langer rek ja.

johann cb ·

Eers beslis die konstitusionele hof teen JZ vir sy Nkandla, nou beslis hulle vir die nuwe wetgewing. Dubbele standaarde is alledaags. Al is dit twee verskillende sake, is die ooreekoms tog merkwaardig!

Joann ·

Koos jy is reg. Zuma sorg net vir hom self. Hy soek ok n stuk grond,Nkandla te min…

Lance ·

Hy wil die massas happy hou en stemme probeer trek so hy gaan dit teken in sy eie belang en nog meer investeering wegjaag …”he just doesnt get it” !!! Onthou hy het net std 3 so wat kan mens ook nogal verwag ….wat n verleentheid is hy darem nie vir SA ….eintlik n groot joke ….SA is a dangerous mess !!!

Ander Koos ·

SAIRR vra verniet. Hierdie wet is dan Zuma se inisiatief.

Jan ·

Ons afrikaanse volk het niks meer om voor te baklei nie ons het nie meer ń taal nie ,nie ń volklied geen kulturele reg of eiendomreg nie en my chritenskskap word bevraagteken. Ek as blanke suid afrikaner moet sukkel om kop bo water te hou ,my eiendomsbelasting het gestyg van 1mil. na 1.5m. toe sonder enige verbeterings ,is dit reg die kuptas se huiswaarde is gewaardeer vir 7 miljooen en hulle betaal maar R750.

Oom Kalahari ·

@Jan, jou stelling is korrek hierbo, ek sekondeer dit. Zupta gaan beslis dit teken, glo my en alle eiendomme wat afgeneem word moet ten volle toegeruste eiendomme wees met bewerkte gronde, aanplantings, werks implimente, diere/wild, huise, lapa’s, swembaddens, voertuie ens. Die witman/vrou het alreeds alles ingeboet, sy Vryheid, sy kerk en godsdiens, sy vlag en volkslied, sy kundigheid (werkloosheid), sy skole, kultuur, taal, eiendom ens, maar sy geloof, wilskrag, integriteit, insig en menswaardigheid sal niemand hom kan ontneem nie.

Grassie ·

Oom K – Ek stem saam met jou en Jan, maar dink jy regtig ons het ons menswaardigheid en wilskrag behou?

hou kop ·

Zzzz besig om homself op te hang ai kan hy dit nie vinniger doen, sien so uit daarna om NIKS in media van bg te lees of sien nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.