Sake-egpaar lê klagte teen mekaar ná ‘voorval’

Given Mkhari. Foto: Twitter

Given Mkhari, sakeman en bekende in mediakringe, en sy vrou, Ipeleng, het die naweek albei klagte van aanranding teen mekaar by die polisie aanhangig gemaak, maar dit kort daarna weer teruggetrek.

Die egpaar het Maandag ʼn gesamentlike verklaring uitgereik waarin hulle bevestig “ʼn ongelukkige voorval” het die afgelope naweek by hul huis plaasgevind. Hulle het egter nie uitgebrei oor die aard van die voorval nie.

“Ons bevestig ʼn ongelukkige voorval het Saterdag tussen ons in ons huis plaasgevind. Ons het albei individueel die saak by die polisie aangemeld. Ons trek nou die aanklagte teen mekaar terug om die kwessie in die privaatheid van ons huis op te los,” lui die verklaring.

News24 berig Mkhari en sy vrou is in hegtenis geneem op aanklag van aanranding en sou vandag in die Randburg-landdroshof verskyn het voordat die aanklagte teruggetrek is. PowerFM het egter Maandagmiddag berig die aanklagte teen die Mkhari-egpaar is nié teruggetrek nie en die egpaar moet steeds in die hof verskyn.

ʼn Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Mkhari is die stigter en voorsitter van die MSG Afrika-groep wat kommersiële radiostasies soos PowerFM en Capricorn FM besit. Ipeleng is die uitvoerende hoof en stigter van Motseng Investment Holdings en die president van die South African Property Owners Association.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Alida ·

Nou is die geheim uit want die media gons. Hou julle probleme by die huis ons wil dit nie hoor nie.

marous ·

Gaan pleit in die hof dat die klagtes terug getrek word , en bied dan sommer aan om die belasting betalers se koste te betaal ….

John ·

Is die egpaar buitelanders van oorsprong…. Met soveel weelde plaaslik verwerf… moes dit nogal gedoen gewees het. Vreemde land nou die stukkie in die suide van Afrika. Daar word so gekerm oor die vorige bedeling maar wie het destyds veel rykdom bekom soos so baie van die Afro’s doen…. en dis nie net een of twee nie…

Ander Annie ·

Nou gaan almal tog net wonder oor wat regtig gebeur het, omdat altwee ‘n klagte gaan lê het. Dit klink vir my nogal woes. Mens was nie jou vuil wasgoed in die openbaar nie.

Colleen ·

Soek aandag en gratis publisiteit. Hulle gee nie om of dit negatief of positief is nie, solank dit aandag trek.

How ·

Nou hoe lek die goed uit of vertel hulle dit self vir die media?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.