Sake-eienaar skiet inbreker dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Inbreker is Sondagaand in Kempton Park aan die Oos-Rand doodgeskiet.

Kapt. Jethro Mtshali, woordvoerder van die polisie, het gesê die eienaar van ʼn besigheid in Newtonstraat is omstreeks 21:15 deur veiligheidswagte ingelig dat die alarm by sy sakeperseel geaktiveer is.

Volgens Mtshali het die eienaar en veiligheidswagte na die perseel gehaas waar hulle gesien het die gebou se dak is beskadig. “Die eienaar het beweging op die dak gesien en waarskuwingskote afgevuur.”

Mtshali het gesê een van die verdagtes is in sy onderlyf getref. Hy is op die toneel dood. ʼn Sak met sigarette en alkohol is by hom gevind.

Die polisie soek na nog twee verdagtes. ʼn Saak van besigheidsroof word ondersoek en ʼn geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elizabeth Bothma ·

So vreemde ding … dubbele standaarde. Hoekom mag een nasie swak praat soos “Kill the boer, kill the farmer”, dit beteken mos maak die witmens en die plaasboer dood, maar daar mag NIKS gesê word oor swart nie, dan is dit rasisties en rassehaat. Dit sal NOOIT verander nie. Zuma het dit verwoord met 1652 se opmerking. Hy voel nog op sy gemaklikste met die karossie aan.

Pierre Celliers ·

Jammer om te se maar, daar wag ‘n opdraende stryd vir die besigheids eienaar!

Lillian ·

10/10 vir daai ou, maar ai, sy drama begin nou eers … jy gaan aangekla word, so seker as wat ek hier sit … kriminele het mos meer regte in hierdie land as gewetsgehoorsame burgers wie se lewens en eiendom bedreig word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.