Ondernemings in die Kaap sal volgende week tydens ʼn spesiale beraad vergader om die land se elektrisiteitskrisis te bespreek, het die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid Dinsdag gesê.
Eskom sukkel om aan die land se aanvraag te voldoen, gedeeltelik weens ʼn versuim om verouderde kragaanlegte in stand te hou en het geen ander keuse gehad nie as om beurtkrag verlede maand in te stel om te voorkom dat die hele kragnetwerk ineenstort.
Die Kamer het gesê ondernemings het “verwoestende verliese” beleef tydens die onlangse periode van “uitsonderlike kragonderbrekings” waartydens Eskom vlak 4-beurtkrag toegepas het.
“Ons kan nie die probleem in Eskom se hande los nie en ons het geen ander keuse nie as om op te tree in die belang van die mense in die Wes-Kaap,” het Geoff Jacobs, president van die Kamer, gesê. “Ons het dié beraad gereël omdat ons almal saam in hierdie situasie is en ons moet planne maak om uit die krisis te kom met nuwe hoop vir energiesekuriteit en ekonomiese groei.”
Hy het gesê die beraad, op 15 April, sal fokus op begrip oor die omvang van die probleme en hoe om oplossings te vind in die elektrisiteitsvoorraad eerder as om die skuld op iemand te plaas. Hy het bygevoeg Eskom-beamptes is welkom om deel te neem.
“Die Wes-Kaap het ʼn alternatiewe benadering vir langtermynprobleme en het leiding geneem om die groen ekonomie en hernubare energie te bevorder,” het Jacobs bygevoeg. Hy het gesê Kaapstad was die eerste stad in die land om sonkrag-dakpanele aan te moedig.
Go vir dit Kaapstad. Julle is n voorbeeld vir al die mislukte munisipaliteite.
Praat praat praat …..krag nog af …tipies !
Dit is nou ongelukkig so DAT ons nie almal sonpanele kan Bekostig nie.
Dit is nou ongelukkig so DAT ons nie almal sonpanele kan Bekostig nie. En krag onderbreking maak ons ook ongelukkig kos inyskaste elektriese apperate wat aan en AF gesit word.
Myns insiens is dit tyd dat die regering ons toelaat om die krag wat deur die dag opgewek word met ons sonpanele in die kragnetwerk ingestoot word. Jy gebruik “minder” elektrisiteit. Die regering moet sonpanele subsidieer, sodat elke huis in die land kan meehelp om krag op te wek.
… nee, hulle sal eerder nog gevaarlike gloeilampies wat vullishope verder vergiftig ten duurste uit Indiè invoer en uitdeel vir wanneer Eskom eendag ver in die toekoms meer krag … soos in nooit… kan opwek.