Sakeforum sal Nkandla-geld terugbetaal

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Die Madibeng-sakeforum sal pres. Jacob Zuma help deur die R7,8 miljoen terug te betaal wat gebruik is om opgraderings by sy private Nkandla-woning in KwaZulu-Natal te doen.

Robert Ngwenya het Donderdag namens die forum gesê Zuma moet onder “geweldige druk” wees om die geld terug te betaal. “Ons voel jou pyn en ons gaan daardie geld betaal. Wanneer jy die hofuitspraak lees, staan daar nêrens dat [Zuma] nie gehelp mag word nie,” het Ngwenya gesê.

Zuma was ten tyde van die forum se aankondiging in Letlhabile naby Brits in Noordwes vir ʼn ANC-veldtog in aanloop tot die munisipale verkiesing volgende week. Die forum het ook aan Zuma ses beeste geskenk en aan Supra Mahumapelo, die Noordwes-premier, twee beeste. Ngwenya het gesê die forum wil hulle bedank dat hulle die lewens van die land se mense verbeter.

Die konstitusionele hof het in Maart vanjaar bevind Zuma moet ʼn gedeelte van die koste terugbetaal wat gebruik is om nie-veiligheidsopgraderings by Nkandla te doen. Die tesourie is aangesê om ʼn redelike persentasie van die koste wat Zuma moet terugbetaal te bepaal en hulle het in Junie die bedrag van R7,8 miljoen aan die hof voorgelê.

Zuma is 45 dae gegee om die geld terug te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Katrien ·

Die onvermoeë om te kan sien dat die keiser nie klere aan het nie

MissDemeanor ·

Dalk sien hul dit as ‘n geleentheid om toegang tot die soustrein te klim…die skenking is hul treinkaartjies.

Anti DA ·

Waar sou ons Boere volkie vandag gewees het as ons so kon saamstaan en mekaar kon help.

Jordaan ·

Mens help nie iemand deur hom verantwoording te laat ontduik nie

lag lekker ·

Nou moet dan nie so dwarstrekkerig wees nie. Staan saam die Afrikaanses en Afrikaners in die DA.

Cherokee ·

‘Die Afrikaanses en Afrikaners in die DA’ wat vir grondhervorming en regstellende aksie stem.

Joann ·

Lekker man lekker,dan trek hul ook met hul families daarin. Een happy family.

Ron ·

En waar kry die Sakeforum dan soveel om weg te gee?? Genade, my pensioen geld sal na 35 jaar diens nie eers n kwart van dit wees nie!!!

MJL ·

Daar is sekerlik ‘n belastingimplikasie op hierdie skenking?

Jef ·

In feite kom dit hierop neer dat ons belastinggeld aangewend word om Z te help want waar anders kry die sakeforum die geld vandaan.
Ag ja gee die man sommer ses beeste ook want die pyn wat hy het en die geweldige druk wat hy ondervind maak hom beesagtig honger.

Paul ·

Jef, dis wat ek ook sê. Die sakeforum het hulle geld gemaak uit korupte staatskontrakte, en dis belastinggeld.

Sants ·

Kuripspul dis wat dit is waar kry Z in elk geval die geld om Nkandla te kon bou en herstelwerkte doen shame nou stress hy omdat hy moet terug betaal en n munimum van R7.8 hy moet alles terugbetaal nie net R7.8 nie.. ?

Stomgeslaan ·

Gebruik daai geld om die seekoeie uit die moddergate te help in Namibia. Hulle is besig om erg te ly!!!

Chrisjan ·

En nog steeds het niemand vir Zuma aangevat omdat hy in die parlement vir die hele gelieg het oor waar die geld vandaan gekom het nie.

willie ·

Madibeng Sakeforum moet ondersoek word en kyk wat se
verbintenis hulle met Zuma het,en voordele wat Madibeng van die
regerende party ontvang het.

andrea van vuren ·

Sukkel Madibeng nie finansieël nie? Kyk hoe lyk hul paaie, dienste, gesondheid ens. Ag nee wat, ons land is siek, siek, siek!!!

Pieter B ·

Wat dan van ons eie rekening (water) wat hulle nie kan betaal nie?? Kyk hoe lyk ons paaie! Vee jy nie eers jou eie erf skoon voor jy vir ander skoon maak nie??Ek vra maar net!!!

Columbiana ·

Iemand anders staan altyd pa vir JZ. As dit nie die speaker is nie is dit die ANC of een of ander organisasie wat uit die woodwork uitspring. Dis ‘n tragedy in the making. Hy sal nooit sy les leer nie hy gaan net aanhou vat en vat want sy party gaan hom duidelik nooit vra om die pad te vat nie. ‘n Dictatorship in the making hier reg voor ons oe. Stem tog asb net om dit te probeer keer.

Pieter ·

Niks in die wereld is gratis nie. Op die ou einde van die dag betaal ONS vir die opgradering… Hulle sal wel hulle geld wat hulle “Skenk” dubbel en dwars terug maak uit goeie guns…

Weereens is daar geeeeeeeeeeeeeeeen Morele Standaard!!!! Dit is duidelik dat die fondament van ons land verkrummel en weg sak. Ek kan net die soort van redenering verklaar met gierigheid. NIKS goed kan daaruit spruit nie…

jakes ·

Sal die beesboere van Brits asb. dubbel die getal veewagters aanstel ….. daar gaan nou weer beeste gesteel word. Wat die geld aanbetref, dis belaglik. Hele Madibeng is reeds bankrot weens korrupsie.

snoefie ·

wag maar eers en kyk of die madibeng sake forum die geld betaal. om te se “ons sal dit betaal” maak dit nog nie betaal nie.

Help eerder armes ·

Regtig? Help eerder die arm mense wat geen heenkome het, plakkerskampe en koop vir hul n stuk grond, magtig die man verdien reeds so baie en skep waar hy kan.

Help eerder armes ·

Hehehehehe lekker thanks vir die laggie Cherokee, ek stem saam …….. baie goeie humor

Leon ·

En dit van ‘n dorp wie se stadsraad seker die slegste is in die hele land, wat al telkemale onder administrasie geplaas is, miljoene skuld aan agterstallige rekenings! Dit is dan mos duidelik waar al die geld vandaan kom! Eerder hul eie stadsraad help…..nooit nie

Jan maak n Plan ·

Ek’t mos gese Zuma sal die geldjie terug betaal maar beslis nie uit sy sak uit nie. Hierdie Madibeng sogenaamde sakeforum word seker befonds uit geld wat vanaf die regering gegee word of tender entrepeneuerskap. Proudly weer South Africa.

joan ·

Madibeng stadsraad is bankrot!!!! Wie verstaan dit nie? Daar word geen instandhoudig van paaie of riool of water hier gedoen nie, dit terwyl Hartbeespoort inkomste gebruik word vir feitlik al hul huitgawes. Dan word ons geld gesteel en word krag, water en ander verpligtinge nie nagekom nie!! Ry Brits binne dan word jy begroet deur die reuk van riool en abbatoir afval wat nie weggevoer word nie by die Brits Mall. Daar is geen verkeerspersoneel om verkeer wat nie kan vloei nie te reguleer nie. Absolute skande!!! Wat ons nodig het is die DA en nie ANC kadawers nie.

Kleintjie ·

Die ergste is, is dat mr Z ‘n BESLUIT geneem het om Nkandla op te gradeer. Nou is daar kamma druk op die “onaantasbare” man. Elke ding wat in die lewe met ‘n mens gebeur is deur ‘n besluit wat jyself geneem het. Hy het gekies…. hy moet opdok!!!!

Frederik ·

Die sg ” Forum ” moet erg uit voeling met die werklikheid wees as hul glo dat Zuma & Supra mense se lewens verbeter.

Alida ·

Mense mense mense , daai forum bestaan nie eens nie, dis weereens iets wat hulle binne die ANC geskep het en nou gaan die belasting betaler dit weet moet betaal. Met anderwoorde hulle vat geld weer iewers in die budet en stig n forum en whalaaa daar is geld om sy kak te betaal.Dis so corrupt dar binne julle verstaan nie, daar is niks wat daar binne gebeur wat legal is nie. Dis net n skein , alles wat hy se wors hy geback , uit moet hy uit . Dis verseker .

Lance ·

Deur dit te doen stem hulle saam dat dit reg is om van die staat te steel . …ons verdien regtig rommel status !

Kan die Sake Forum asseblief help my om my skuld klaar te betaal...ek wil graag uit die skuld kom.Help asseblief. ·

Kan die Sake Forum my ook asseblief help om my skuld te betaal…help asseblief ek kan nie kop bo water hou nie.

Nadia ·

Goeie dag kan die Sake Forum my ook asseblief help om my skuld te betaal..ek kan nie kop bo water hou nie…kan u asseblief help.

Henk ·

jy sien, die geld is natuurlik reeds, met ‘n bobus daaraan gekoppel, uit een of ander staatsrekening oorgedra!

Lida ·

Ai mens kan dit nie glo nie. Ek het 20 jaar in Brits gebly van 1969 tot 1990 toe alles nog goed en skoon was. Die nuwe munisipale kantore is gebou en dit was pragtig. Die hospitaal was oud maar goed onderhou en skitterskoon. Het talle operasie daar ondergaan. Daar was absoluut NIKS verkeerd met dienslewering. Waar het hierdie agteruitgang ontstaan. Kan die mense nie sien dat dit alles aan die ANC te danke is nie. Is hulle blind of wat. Stem asb vir DA om verandering te sien. Al stem ons nie met alles saam nie maar hulle is die enigste party wat ‘n 98% kans staan om die klomp skelms uit te werk.

Wern ·

Ek sal beslis nie weer besigheid doen met enige besighede wat deel maak van hierdie forum nie. Nooit weer nie.

JAN ·

Waar kry die Madibeng-sakeforum skielik al die geld vandaan? Hoekom so gretig om Zuma se skuld te help betaal? Iewers is ‘n slang in die gras. Hoogtyd dat die Madibeng-sakeforum se finansies ondersoek word – dalk is die Guptas deur die kanaal werksaam óf hoe?

Johan ·

Die vraag is “you owe me” wat se houvas het Zuma op hulle……?

Nita ·

Zuma word waaragtig wonderlik bygestaan deur sy voorvadergeeste. Absoluut niks en niemand kan hom skaad nie.

Anja ·

Hierdie mense dink ons is dom. Daar is iets meer agter hierdie sg. forum. Daai forum, het beslis nie al daai geld nie. Die liewe Guptas het ‘n vet vinger in die “paai”. Nou gaan die petrol weer met ‘n volle R1 af. Hoekom voor die verkiesing?? Dis so “corrupt”. Dis om van naar te word. Z druk vir ons net elke keer ‘n vet toffie en lag sy as af vir ons naïwe mense….

martin ·

Dis nou dieselfe sakeforum wat nie die broodnodige geld het vir noodsaaklike ontwikkelings in Noordwes nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.