Sakegroep bekommerd oor MultiChoice-bewerings

Die groep Business Leadership South Africa (BLSA) het Donderdag gesê hy is diep bekommerd oor berigte wat die satelliettelevisiemaatskappy Multichoice, een van sy lede, by bewerings van knoeiery betrek.

Die DA het gesê ʼn notule van ʼn raadsvergadering by die SAUK toon dat Multichoice, die grootste betaal-TV-verskaffer in Suid-Afrika, glo R100 miljoen vir sy 24-uur-nuuskanaal wou betaal in ruil vir politieke invloed oor digitale migrasie.

Bewerings staar Multichoice ook in die gesig dat hy glo die nuuskanaal ANN7, wat in daardie stadium deur die omstrede Gupta-familie besit is, miljoene betaal het in ruil vir soortgelyke invloed oor die regering se posisie oor die bekendstelling van die betrokke dekodeerders.

“Die BLSA is diep bekommerd oor onlangse mediaberigte van beweerde staatskaping en korrupsie teen Multichoice, een van sy lede, rakende handelinge met die regering en sy inhoudsverskaffers,” het die groep in ʼn verklaring gesê. “Die BLSA kan bevestig dat gesprekke met MultiChoice begin is oor die bewerings in die media.”

Multichoice het gesê hy stel ondersoek in of daar enige korporatiewe bestuursfoute by die maatskappy was.

Die welgestelde Gupta-broers word veroordeel oor bewerings dat hulle hul bande met pres. Jacob Zuma misbruik het om onvanpaste politieke invloed te bewerkstellig en rykdom in Suid-Afrika bymekaar te maak. Zuma ontken dat sy verhouding met die Guptas korrup is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eish ·

Mensig, kommentaar op die aardskuddende bewerings oor twee van Suid Afrika se grootste maatskappye, is skraps! Besef ons wat gebeur het by Naspers en Steinhoff? Meeste van ons se pensioene het aansienlik gekrimp agv die optredes.
Bewerings van onbehoorlike optrede en onetiese gedrag is deur die ” kapteins van die industrie” ontken, ontken en weereens ontken, op dieselfde wyse as waaraan ons gewoond geraak politici doen.
Daar is ook nog gerugte van n klasaksie in die VSA teen Multichoice.
Ek wil my verstout om te sê dat die sistemiese verrotting van alles wat waardevol was in die land, onherroeplik aangetas is.
Die val van “Wit monopoliekapitaal” is op hande.
Tragies!

Rabes ·

Dankie vader my oë is oop. Ek het na die sauk debakel besluit geen verdere tv lisensie nie en ook dstv gestop. Ek en my vrou begin nou weer te komminikeer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.