Sakekamer besorg oor beurtkrag

Argieffoto

Die implementering van fase 4-beurtkrag deur Eskom, om druk op die nasionale netwerk te verlig, sal sakevertroue ondermyn, het die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid, Maandag gesê.

Eskom het gesê hy pas fase 4-beurtkrag toe wat 4 000 MW vereis ná fase 2-beurtkrag Sondag toegepas is. Die kragvoorsiener het onverwags ses bykomende kragopwekkers verloor en moes ʼn aanpassing maak in die beurtkragfases.

“Fase 4-beurtkrag is baie ernstig en dit sal handel en nywerheid beïnvloed,” het Janine Myburgh, president van die sakekamer, gesê. “Dit sal ook die werk van ander werkers benadeel, veral diegene in swaar nywerheid en daardie werkers, wat nou die kans staan om hul werk te verloor, moet hul stemme dik maak.”

Myburgh het gesê die krisis kan daartoe lei dat buitelandse beleggers eerder ander beleggingsgeleenthede gaan soek.

“Hoe is dit moontlik dat ses eenhede gelyktydig onklaar kan raak? Is dit te veel van ʼn toeval en moet ons vra of hierdie weer sabotasie is?” wou sy weet, met verwysing na ʼn vorige periode van beurtkrag wat vermoedelik veroorsaak is toe werkers steenkoolaflewering verhoed het.

Die sakekamer het gesê die jongste beurtkrag kom te midde van die toeristeseisoen en dit is ʼn noodsaaklike tyd vir landbou – twee van die land se belangrikste bedrywe.

“Dit beteken ook dat nog meer ondernemings en huiseienaars die besluit sal maak om so ver as moontlik onafhanklik te wees van Eskom en sy personeellede.”

Maandag is die tweede agtereenvolgende dag waar beurtkrag toegepas moet word sedert 9 Desember 2018.

Eskom het onlangs ʼn jaarlikse elektrisiteitsverhoging van die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) versoek, drie keer die koers van verbruikersinflasie oor die volgende drie jaar. Die kragvoorsiener het gewaarsku beurtkrag kan tot April voortduur.

Die Demokratiese Alliansie het ʼn parlementêre debat oor die elektrisiteitskrisis versoek en gesê dit is belangrik dat dit voor Donderdag plaasvind wanneer Ramaphosa vrae sal beantwoord oor sy staatsrede verlede week.

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het intussen gesê Ramaphosa se aankondiging, dat Eskom in drie entiteite verdeel sal word, sal tot beter deursigtigheid lei wat die bestuur van die kragvoorsiener betref, maar sal nie finansiële probleme oplos nie. Die drie bedryfsmaatskappye sluit kragopwekking, kragvoorsiening en verspreiding in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Negatief ·

Ek probeer aanpas met beurtkrag en reel my dinge daarvolgens. Eskom hou nie by die skedule nie!!!!!! Ek is woedend op die oomblik!!!!!

Blaarman ·

Jy besef nie wat dit is waarvoor jy so wens nie. Hierdie gaan nog lewens van mense naby jou verwoes, indien nie ook jou eie nie.

So dink asb mooi voor jy vir die afgrond wens. Die val is hoër en harder as wat jy dink!

verbitter ·

verhoging in kragtariewe is nie die oplossing nie. Skuld van munisipaleteite word net meer en meer. al word tariewe verhoog, eskom se inkomste sal nie meer word nie. Indien dit wel sou steig sal daardie inkomste steeds mee gemors word. N plan moet verkry word om munisipale skulde te in, maar dit lyk of daar geen plan is nie.

James ·

En so gaan hulle mos miljoene afskryf vir soweto. Dink dis iets in die 50 miljoen. So hoe nou… moet ons ook maar krag trek van lamp paal soos die res en due eerlikheid waarvoor ons staan vernietig…..

Chris Ws ·

Soweto se krag skuld was laas wat ek gehoor het R600miljoen.Ja dis hoekom Escom in die finansiele knyp sit.Nou soek hulle die geld by getroue betalers.

Letta ·

Skande, en so ploeter Eskom voort. Verskonings, verskonings, verskonings. Dank die hele spul af en stel mense aan wat iets weet.!! Wat kennis het!!!

ZAR ·

Dit was presies die oplossing wat my 8 jarige kleinseun voorgestel het. Ek dink hy sal beter in beheer wees daar.

Volhoubaar ·

Alle alternatiewe eko-vriendelike metodes van kragopwekking moet aangemoedig word en ondersteuning van regering ontvang. Waarom is dit nog so duur en moeilik?

Opisthophthalmus ·

Kamp en braai tot April … haha…..As DIT maar net moontlik was…

Johanna Botha ·

En die skuldiges loop nog al te lekker rond ….niks gebeur nie !

Wiehan ·

Wat hey RSA he had voor kerse en grond paaie – elektrisiteit en teer paaie.

Chris van der Merwe ·

Dis tyd vir n 2de en derde krag voorsienee.Dis tyd dat Eskom se krag monopoly in die kiem gesmoor word

Vissie ·

So lekker nadat ek my besigheid toegemaak het hoef ek nie meer salarisse vir die “peoples” te betaal terwyl daar beurtkrag is nie, hoef ook nie meer BTW en inkomstebelasting te betaal nie. Die 50 Sjinese wat nou die 70 peoples se werk doen is baie dankbaar en dra my op die hande en bou my produk met beter gehalte…….En my Laptop kan darem werk dwarsdeur die beurtkrag.

Tyd dat ons ophou steur aan ‘n kriminele regerinkie se wette en ons eie kragnetwerk met sonpanele en windopwekkers begin bou sodat Eskom in rus en vrede kan bankrot gaan!!!

Klopjag ·

Nog belastings, duurder krag, nog korrupsie, nog mislukking.

Daar is net een regte antwoord op hierdie probleem.

Laat die privaatsektor toe om onafhanklik krag op te wek.

Inteendeel. Hier is nog ‘n moontlike belastingboikot op pad – kan Afriforum of Sakeliga dalk uitsluiting op kragregulasies dmv die howe bewerkstellig, gegewe die omstandighede?

Maljan ·

Dit is eenvoudige afpersing om die groter verhoging af te dwing. Eskom se bestuur behoort voor die voet afgedank te word en mense wie kan en wil werk, behoort aangestel te word met realistiese salarisse en voordele. Berder as almal oral in doe land krag betaal, sal een eenheid, een prys of jy 10 in Soweto of 10 000 in Groenkloof koop, n realiteit word.

gert ·

Stem saam!!Sodra iets gebeur wat eskom nievan hou nie is daar beurt krag, nooit andersins nie. Fire die hele spul en begin voor!!!

Maljan ·

Buitendien, ek het vandag gesien hoe word n twintigtal mense sommer uit winkels gedruk, sommige nog met inkopiemandjies in die hand. Lekker ole free 4 awl en daar gee ek my mandjie vir die deurwag.

Chris Ws ·

Die buitelandse beleggers by wie Ramaja so flikvlooi om hier te kom bele sal beslis 2 keer dink agv die beurt krag.Wie wil ‘n fabriek kom opsit in ‘n land waar daar nie ordentlike kragvoorsiening is nie?En wat van fabrieke wat van oonde gebruik maak in hul prosesse wat nou vir 2 ure of self meer sonder krag elke dag moet klaarkom nie?Hulle gaan of mens e afdank om te besnoei of hul fabriek skuif na ‘n ander land toe.
Escom kan nie aan ons land se eie krag behoeftes voorsien nie maar voer steeds krag uit na al ons buurlande?Hoe werk dit?Ons land kom mos eerste en sou kragopwekking nie voldoende is nie moet kraguitvoere gestaak word om seker te maak ons land het genoeg krag.Ramaja slaap vas!

Johanna Botha ·

En Soweto skuld eskom miljoene rande ! Onwettige konneksies oral ! ! En so word die res gemelk ! !

Tanya ·

Waar os al die geld wat geleen is by ander lande.As almal gas in sit en sonkrag waar gaan die werkers dan maak.Hierdie land is nie net donker nie die bank acc is ook donker van 10 miljard tand tot R0.0

Henk ·

Ek wil steeds weet waarom swart verbruikers minder per eenheid vir hul koopkrag betaal EN ook nie BTW daarop betaal soos wat wit verbruikers doe nie

Mathilde du Plessis ·

Hier is nou `n goue geleentheid. Die regering kan BTW afhaal van son krag stelsels EN sommer `n belasting aftrekking bysit vir almal wat dit installeer en dan kan ons ook nog krag terug invoer in Eskom se stelsel in wanneer ons `n oorskot het.

jakes ·

Dank die 50000 oortollige werkers af wat geen posbeskrywing het nie. Die onbekwaamheid van die bestuur en tegniesebestuur kan vergelyk word met n graad 1 kleuter wat n hartoorplanting moet uitvoer. Geen kans dat Eskom ooit sal oorleef nie.

Wet van Transvaal ·

Pres. Ramaphosa vra dat verbruikers hulle elektrisiteitsrekenings moet betaal. Hier by my word die krag afgesit enkele ure na ‘n rekening nie betaal is nie.

Wie en waar is die verbruikers wat nie rekenings betaal nie maar nog steeds krag ontvang?

Of verstaan ek hom of iets verkeerd?

Chrisjan ·

Ek weet van blankes wat op ‘n plaas woon wat nie kon betaal nie en eskom het hul krag rekening laat loop tot meer as R100,000 voor hulle die krag afgesny het.
Wie gaan daai uitstaande skuld betaal want daai mense het amper niks?En dis eskom se eie skuld.

zeno ·

Ek stem,sny alle krag waar dit nie betaal is nie en onwettige krag wat gebruik word. Ons blankes se krag word baie gou gesny as ons nie betaal nie. Die beurtkrag laat besighede duisende rande skade ly, met die gevolg werksmense word afgedank en meer werkloosheid in die land. Besighede word gedruk daartoe.

humor ·

Vergeet maar dat onwettige kragtappery en die skuldlas van Soweto en ander swartgebiede afgeskryf gaan word. Hulle sal dit nie aanspreek nie, want dan gaan hulle stemme verloor. So waarop dit neerkom, is dat ons betaal sodat dat die anc stemme kan behou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.