Sakeleiers verwelkom KPMG-bedankings

KPMG-twitter

Foto: @SADN_Diaspora/Twitter.com

Besigheidsleierskap Suid-Afrika (BLSA) het die leierskapskommeling by die ouditeursfirma KPMG en die maatskappy se bereidwilligheid om beslissend op te tree ná omstredenheid oor oudits en verslae, verwelkom.

Dit volg nadat Trevor Hoole Vrydag as die uitvoerende hoof van KPMG Suid-Afrika bedank het ná ʼn storm oor werk wat die maatskappy vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die Gupta-familie gedoen het.

Uitvoerende bedryfshoof en risikobestuurvennoot

Steven Louw en vyf ander senior vennote het ook besluit om die maatskappy te verlaat.

Nhlamu Dlomu, voorheen hoof van mense en verandering by KPMG SA, is gevra om by Hoole oor te neem.

BLSA het in ʼn verklaring die regering versoek om ʼn bladsy uit KPMG se voorbeeld te neem wanneer bewerings van wangedrag hanteer word.

“BLSA verwelkom die bevindings van KPMG se ondersoek en sy bereidwilligheid om beslissend op te tree,” het die organisasie in ʼn verklaring gesê. “Dis belangrik dat, wanneer ʼn maatskappy van wangedrag beskuldig word, dat hy die regte ding doen. Ons versoek ook die regering om beslissend op te tree wanneer hy van korrupsie of wangedrag beskuldig word.”

Die SAID het in Desember 2014 KPMG SA aangestel om ʼn omvattende ondersoek te doen oor ʼn sogenaamde “rogue-eenheid” wat glo deur die vorige minister van finansies, Pravin Gordhan, opgestel is. Die ondersoek het gelei tot ʼn “Verslag oor bewerings van onreëlmatighede en wangedrag”.

KPMG het Vrydag gesê die bewyse in die dokumentasie ondersteun nie die interpretasie dat Gordhan geweet het, of moes geweet het, van die “rogue”-aard van die eenheid nie. Die maatskappy het gesê hy erken en het berou oor die impak wat die verslag gehad het, en dat hy “geen politieke motivering gehad het of bedoeling gehad het om te mislei nie”.

KPMG het daarna aangebied om die R23 miljoen wat hy vir die werk vir die SAID ontvang het, terug te betaal, “of om ʼn donasie van dieselfde bedrag aan ʼn liefdadigheidsorganisasie oor te betaal”.

Die maatskappy het ook die verhouding ondersoek wat sy vennote gehad het en die ouditwerk wat hulle vir maatskappye gedoen het wat deur die Gupta-familie besit word, insluitend Linkway Trading, ʼn maatskappy wat geïmpliseer is dat hy miljoene rand uit ʼn Vrystaatse suiwelplaas bekom het om ʼn troue te finansier.

Vier van KPMG se vennote het die luukse Gupta-troue in 2013 by Sun City bygewoon.

Alhoewel KPMG gesê het sy ondersoek oor die verslag het nie enige bewyse gekry van enige onwettige gedrag of korrupsie nie, voldoen die werk wat vir die Gupta-familie gedoen is, nie aan KPMG se standaarde nie en dat die ouditspanne versuim het om ten volle te voldoen aan ouditstandaarde.

Die maatskappy het ook gesê die vennote moes nie die Gupta-troue bygewoon het nie.

KPMG het gesê hy sal die R40 miljoen, wat hy sedert 2002 van Gupta-entiteite ontvang het, skenk aan opvoeding en niewinsgewende teenkorrupsie organisasies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

John ·

Mens wonder hoe voel die Indier-gemeenskap oor so baie van hul mense wat deesdae geimpliseer word in ongure aksies en selfverryking ten koste van die land en sy mense. Dit wil blyk of sekere bevolkingsgroepe wat hier aanland bloot oppertuniste is met eie gewin vooropgestel. Die Afrikaners word die heeltyd beswadder ten spyte daarvan dat hulle een is met die land en word uitgedruk met slinkse plannetjies om ander in te voer. Die skade is gedoen en die web span reeds wyd. Ons regering gryp aanhoudend na kamma-helpende hande… eintlik net grypende hande… Die skok gaan te laat kom…

Pieter Ellis ·

KPMG se aksie word verwelkom, en die regering kan verseker lesse leer oor wat om te doen met mense wat aanjaag.

Ek sou graag wou hoor wat KPMG se optrede is aangaande die junior wat op daardie tydstip die problemem aan die senior vennoot uitgewys het aangaande die 30 miljoen wat as uitgawe aangegee is vir die troue. Daar was berig dat die junior kapsie gemaak het en is deur die senior “overrule”.

Kom KPMG, vertel ons wat van daardie junior geword het.

Piet Snot ·

Maroela, Pieter maak hier ‘n geldige punt. Kan julle dalk ‘n artikel skryf oor daardie junior?
Hy was oënskynlik die eerlike werknemer.

Eish ·

Wat is fout met ons leiersfigure dat integriteit n haas onbekombare eienskap geword het? Hierdie bedryf wat die morele kompas van sakebdrywighede moet wees, verval in die grys wêreld van bedenklike optrede en substandaard dienslewering. Dit, van mense wat opgelei is oor baie jare en wat van die gesogste kwalifikasies ter wêreld het. Die werklikheid lê nog voor vir KPMG. Die skoonmaakproses van die topstruktuur is beslis n stap in die regte rigting. Die opskorting van diegene se lidmaatskap van SAICA moet deel wees van die proses ten einde te verhoed dat hul ooit weer in n soortgelyke posisie gestel kan word. Hul moet maar die kerk se boeke gaan doen. Die werklike skade kom nog en wel in die vorm van die werknemers. Baie klerke doen hul bloedsweet opleiding by die firma en baie mense se loopbane is geslyp hier. Hulle gaan die wrange vrugte van die leierskorps se optrede ervaar. Dalende kliëntebasis, afskaling van bedrywighede en moontlike afleggings gaan volg. Dit sal my glad nie verbaas indien die grootste deel van die werkerskorps intussen nuwe loopbaanmoontlikhede gaan ontgin nie. Die vrot kroon op die hele lamsakkige situasie, die Gupta’s.

Wonder ·

SAICA se ,en die hele Ouditbedryf in Suid Afrika se integriteit is opvolg die spel !

Johann ·

En steeds geen rep of roer na die ZUMAIKIES van ZUPTOPIA wat deel was en steeds is van die korrupte HANDPOP SHOW genaamd: Só dra jy n land leeg! ANC LEGACY van korrupsie en magsbeheptheid sonder weerga of gewete! INTERNASIONALE maatskappye wat herken en erken die ZUPTIPIA RYK is gif…maar die ANC byt vas en hou vas aan Zuma en sy mags pionne…tipies terroriste wat anargie saai en chaos maai.

Action Jackson ·

Nogal interessant dat Wessels en Kgosana die twee name is wat genoem word wanneer daar oor die gupta troue berig word……maar die hele top bestuur wat nou bedank is almal wit behalwe een? Net om vervang te word met “polities korrekte” aanstellings? Gaan dit hier om die hondjie, of die halsbandjie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.