Sakeliga bekommerd oor ‘regulatoriese oordaad’

(Foto: Sonder Quest/Unsplash)

Die organisasie Sakeliga het die toegewings oor die verkoop en aflewering van warm kosse wat die regering vandag aangekondig het, verwelkom en sê dit volg op sy voorstelle en eise in dié verband aan die departement van handel, nywerheid en mededinging.

Minister Ebrahim Patel het Saterdag verskeie voorgestelde verslappings aan die regulasies aangekondig wat op vlak 4 ingestel gaan word.

Sakeliga sê egter ondanks die bemoedigende verwikkelinge is hy steeds van mening dat die voorgestelde regulasies oordadig is.

“Suid-Afrika loop tans die risiko van ʼn ekonomiese en maatskaplike ramp. Geen hoeveelheid stimulus kan ʼn heropening van die ekonomie – onderhewig aan risikobeperkings eerder as prohibisies op sekere sektore en produkte – vervang nie,” het die organisasie Saterdag gesê.

“Die ekonomie sal net voldoende kan herstel as ons besighede uit alle industrieë toelaat om rondom risiko’s te innoveer, hul bedrywighede teen enige winsgewende vlak te hervat en om enige produkte aan hul klante te lewer.”

Sakeliga sê die die voorgestelde regulasies is ongelooflik ingewikkeld en gaan onmoontlik wees om aan te voldoen – selfs vir sakeondernemings of lede van die publiek wat in goedertrou optree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lorna ·

Daai hamburger lyk heerlik maar gaan koop hom Dan lyk hy nie nastenby soos nie

DieKriek ·

Die regulasies is erg verwarrend. Die vervaardiging van klere en beddegoed mag voortgaan maar koeriers mag net maskers en mediese goed koerier. Wat van mense wat hulle goed pos (wat in elk geval nie met die publiek werk nie)? Talle bronne sê mense ouer as 60 mag nie werk nie maar amptelike bronne noem dit nie. Die amptelike aftree ouderdom is dan 65; waar kom hulle aan 60? En wie moet na die kleintjies kyk as ma en pa weer werk?

My dogter is n enkelouer maar sy mag nie die baba winkel toe neem nie, niemand mag na haar toe gaan om die kind op te pas nie. So hoe moet sy doeke en melk en kos kry?

Grys Uil ·

Die belaglikste van die hele inperking is dat die mense wat aktief aan die ekonomie deelneem gepolisiëer word, terwyl die wat in elk geval weinig bydrae lewer, toegelaat word om “normaal” voort te gaan. ‘n Groot bron van kommer is dat nagraadse studente wat fisies navorsing doen op toerusting wat slegs by universiteite beskikbaar is, nog nie kan voortgaan met hul studies nie. O ja, hulle is meestal mos nie deel van die massas wat in elk geval nooit ‘n positiewe bydrae tot die ekonomie gaan lewer nie…. dalk moet hul met minibus taxi’s ry, dan kan hul doen net wat hulle wil….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.