Sakeliga eis opskorting van rasvoorvereistes by Eskom

piet-le-roux

Piet le Roux, uitvoerende hoof van die Sakeliga. Foto: Morné Prinsloo

Die sakeorganisasie Sakeliga het Dinsdag regstappe aangekondig om rasvoorvereistes vir kontrakteurs by staatsondernemings uit te daag.

Die organisasie sal ook Eskom, die minister van finansies en die minister van openbare ondernemings versoek om rasgebaseerde voorvereistes by Eskom op te skort hangende die uitkoms van Sakeliga se regstappe.

“Ons het besluit om die saak in die hof voort te sit en die wettigheid van staatsondernemings se vooraf-diskwalifisering van kontrakteurs op grond van ras uit te daag, veral in die lig van die elektrisiteitskrisis in Suid-Afrika,” het Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, gesê.

Le Roux meen die rasgebaseerde uitskakeling van kontrakteurs beperk op ʼn onredelike wyse die poel waaruit dit veronderstel is om kundigheid te moet lok.

“Dit het onder ons aandag gekom dat Eskom toenemend rasgebaseerde voorvereistes in sy tenderdokumente stel. Vandag word ondernemings wat nie minstens 51% in swart besit is nie gereeld by voorbaat gediskwalifiseer om vir ʼn tender in aanmerking te kom.

“Deur kontrakteurs op grond van ras te diskwalifiseer ontneem Eskom nou – op ʼn kritieke tydstip vir die ekonomie en samelewing – elektrisiteitsverbruikers in Suid-Afrika van die volle omvang van kostedoeltreffende kundigheid beskikbaar op die mark.

“Ek sal daarom aan Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, Tito Mboweni, minister van finansies, en Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, skryf en hulle versoek om rasgebaseerde voorvereistes by Eskom op te skort hangende die uitkoms van Sakeliga se hofsaak.”

Le Roux brei uit oor Sakeliga se regsaksie: “Staatsondernemings stel hierdie voorvereistes vir kontrakteurs met verwysing na regulasies uitgevaardig ingevolge die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkryging (Preferential Procurement Policy Framework Act, oftewel PPPFA, wet 5 van 2000). Die regulasies is in 2017 uitgevaardig onder Gordhan, die toenmalige minister van finansies. Sakeliga het destyds teen die regulasies beswaar gemaak en dit uiteindelik ná promulgasie in die hof uitgedaag. Alhoewel die Gautengse hoë hof die saak aanvanklik in November 2018 verwerp het, het Sakeliga, op aanbeveling van verskeie regslui onder wie twee senior advokate, besluit om te appelleer.”

Sakeliga voer onder meer aan dat die PPPFA-regulasies van 2017 ultra vires en ongrondwetlik is, omdat dit staatsondernemings toelaat om tendervoorvereistes te stel buiten waarvoor die PPPFA voorsiening maak. Die PPPFA in artikel 2(1)(d) saamgelees met artikel 2(1)(b) laat nie toe dat die BBBEE-status van ʼn tender ʼn voorvereiste mag word sodanig dat ʼn kontrakteur of subkontrakteur 51% in swart besit moet wees nie. In sy promulgasie van die regulasies het Gordhan opgetree buite die raamwerk wat die PPPFA vir hom daargestel het, en sodoende wetmaking gepleeg in stryd met die Grondwet se voorskrifte vir die skeiding van magte.

Le Roux sê Sakeliga se hofsaak het implikasies vir alle staatsondernemings en hul kontrakteurs.

“Eskom is nie die enigste staatsonderneming in krisis nie. Elektrisiteitsvoorsiening is nie die enigste diens waartoe die publiek nie kostedoeltreffende toegang het nie omdat sommige rasgroepe by voorbaat daarvan gediskwalifiseer word om ʼn bydrae te lewer nie. Ons hofsaak is ʼn poging om alle spelers by die tafel toe te laat, in stede daarvan om sommige van die staanspoor op grond van ras uit te sluit.

Geskiedenis van die saak

  • 2016: Sakeliga lewer kommentaar op die voorgestelde PPPFA-regulasies.
  • Mei 2017: Sakeliga stel regsstappe teen die minister van finansies in, met die versoek dat die regulasies ultra vires verklaar word.
  • Junie 2018: Saak word aangehoor in die Gautengse hoë hof.
  • 28 November 2018: Uitspraak gelewer; Sakeliga se versoek word verwerp.
  • Desember 2018: Sakeliga gee kennis van aansoek om verlof tot appèl.
  • Desember tot Maart 2019: Sakeliga bekom verdere regsadvies; ontvang klagtes deur verskeie lede dat hulle op grond van ras by voorbaat van tenders by Eskom uitgesluit word.
  • April 2019: Sakeliga sal Eskom versoek om rasgebaseerde voorvereistes vir kontrakteurs wat aan Eskom wil tender op te skort hangende die uitkoms van Sakeliga se regstappe. Openbare deelname word aangemoedig by www.kiesmykrag.co.za.
  • Mei – Junie 2019 (verwagting): Sakeliga se aansoek om verlof tot appèl word aangehoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

De Villiers ·

Hierdie is mos niks anders as rassisme nie. Dis nou al 25 jaar na sogenaamde apartheid wat die ANC regeer, en steeds word daar regstellende aksie toegepas. Sekerlik die meeste werkers en direksie van maatskappye was nie eens daar in 1994 nie. Hoekom nog voortgaan met hierdie aksies. Dit geld ook vir sportkwotas, en alle vorme van diskriminasie gebaseer op ras wat die ANC toepas. Kla hulle dus ook vir rassisme aan.

Koos ·

De Villiers, het dit jou 25 jaar gevat om dit te besef? Ons almal weet dit, maar volgens ons regstelsel, en tot so onlangs soos laas week in die saak met Julius Malema, is dit mos duidelik dat swartmense nie rassisties kan wees nie.

Avra ·

Regstellende aksie was met die onderhandeling in 1994, ooreengekom dat dit slegs vir 10 jaar sou wees….

Elize ·

Ek wens julle alle voorspoed toe. Dit is een hengse onding wat julle aanpak. Dit is beslis nie net van toepasing op staatsinstellings nie, die hele SA lyk so. Ek weet nie wanneer laas ek n blanke persoon sien werk het nie. Dit sluit banke, winkels in malls ens ens in. Wonder elke dag WAAR is die blankes van SA. Wat doen hulle om aan die lewe te bly.

Essie ·

Ek sê weer ongeag die persoon se kleur moet hy geskik wees en die nodige geleerdheid hê om die werk te kan doen so ook vir sport moenie n leek in die veld stoot net om aan die rassevoorste te voldoen nie

fred ·

ja..my vra ook..waar werk al die blankes?ek stap in die oggend langs Lever Rd in Midrand en sien net nie blankes werk toe ry,meeste in luukse duitse karre en dit tussen 8u30 en 9u30 ????? In Pretoria sentrum sien jy al lank nie meer blankes nie….Die ANC is altyd vinnig om die raskaart te speel,maar wat is meer rassisties dan n BEE scorekaart gabasseer op ras?

Tom ·

Is nie net CancER wat BEE afdwing nie, die kamtige amptelike opposisie onder maimane ondersteun regstellende aksie!

Sophia ·

Ek wens julle alle sukses toe, Sakeliga! Ons as Belastingbetalers moet begin opstaan vir ons regte, en as ons nie kundige tegnici in Eskom en ander staatsbeheerde instansies kan kry nie dan is ons belasting ook nie goed genoeg nie!!

Sakeliga ·

Dankie vir jou steun Sophia – ons is sterk danksy sakelui wat lid word en lede van die gemeenskap (soos jy) wat ons ondersteun. Kom lees op ons webtuiste as jy nouer betrokke wil raak by ons.

Johanna Botha ·

Al die bee weet ons mos nou het nie gewerk nie …juis hoekom eskom ook in die gemors is ???

Die Stem ·

Dis verfrissend om te sien dat daar uiteindelik n poging is om die rassisme teen blankes te verminder.
Wanneer die saak afgehandel is, beywer julle asb vir die regte van die res van die wit mense.
Ons is so n klein persentasie van die bevolking. Gebruik dit wegspringpunt om te veseker dat ons n gelyke kans mag hê in Suid-Afrika.
My generasie en die van my kinders, weet nie veel van hoe die lewe was voor ons die huidig benadeeldes geword het nie.

Gert ·

Dankie Sakeliga dat julle iets probeer doen.
My besigheid is amptelik 100% SEB, omdat sy omset klein is, maar in die praktyk is herhaaldelik vir my gesê dat ek geen bestellings sal kry by semi-staats en staatsdiens nie omdat ek nie meer as 50% swart eienaarskap het nie. Hulle kan net sowel die SEB gradering skrap, dit word nie gebruik nie.

Dries du Toit ·

Dit werk vir hulle. Duisende blanke besighede maak toe a.g.v. BEE. Besighede wat afhanklik is van myne en staats organisasies kry net nie meer werk as 51% nie aan n swarte behoort nie. En gee jy 51% weg is daar nog n middelman wat betaal moet word om te sorg dat jy die werk kry. Korupsie korupsie en nogmals korrupsie

B ·

Ek verstaan SASOL is ook weer besig met herstrukturering.
Senior wit mense is onsuksesvol in hulle aansoek vir hulle poste en onervare jong swartes word dan in die poste aangestel. Die vorige posbekleërs moet dan die nuwe werknemers oplei voor hulle moet vertrek.

Von ·

B…ek sien Sasol die selfde pad loop as Eskom en dit gaan hulle duur te staan kom…die eerste krake is al sigbaar…so jammer dit was n fantastiese plek om voor te werk

Dries du Toit ·

Sakeliga. Hoekom word Gert hier uitgesonder . Is dit dalk omdat hy 100% SEB bemagtig is

jakes ·

SEB is n vloekwoord in die sakebedryf. Die agteruitgang van SA op vele gebiede is maar n bewys hoe die land van n ontwikkelende land na n derdewereld land gestagneer het omdat onbevoegdheid van grondvlak na bestuur aan die orde van die dag is. Sakeliga doen uitstekende werk maar ek betwyfel of howe hul betoog sal aanvaar. Ek het self n besigheid wat aan SEB vereistes voldoen maar my venoot dra absoluut niks by tot die vooruitgang van die besigheid nie maar staan elke maand bakhand om geld te ontvang.

Ag ·

RSA was nog nooit so rassisties soos in die laaste 25 jaar en dit word met die dag erger.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.