Sakeliga gaan beoogde Grondwetwysiging oor onteiening beveg

(Foto ter illustrasie: pixabay)

Die 18de konsepwysigingswetsontwerp op die Grondwet is Vrydag gepubliseer. Die wetsontwerp spits hom toe op wysigings spesifiek rondom eiendomsreg en onteiening sonder vergoeding.

Die organisasie Sakeliga sê die uiteinde, indien dit deur die toepaslike prosesse sou gaan, sou wees dat dit nou moontlik sou wees om, in bepaalde omstandighede soos uiteengesit in wetgewing, geen vergoeding te betaal in die geval van onteiening nie.

Die wetswysiging volg op argumente in veral ANC-geledere dat onteiening sonder vergoeding reeds moontlik was in terme van bestaande grondwetlike bepalings. Enige pogings om hierdie argumente in die hof aan te voer sou, volgens kommentators, waarskynlik moeilik gewees het.

“Die groot gevaar van hierdie wysiging is dat dit poog om ʼn grondwetlike reg onderhewig te stel aan wetgewing wat na willekeur deur die regering verander kan word. Dit is, uiteindelik, vir die nasionale vergadering moontlik om grondwetlike beskerming verder en verder te verskraal met ʼn gewone meerderheid. Veral gegewe die nuutste tendense in grondwetlike interpretasie, is dit duidelik dat die nuwe weergawe van art. 25 net skadelik kan wees,” het Daniel du Plessis, regsontleder van Sakeliga, gesê.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, het gesê die organisasie onderneem om alle regs- en ander remedies toe te pas om die wysiging teen te staan.

“Ons verwerp enige wysiging aan die Grondwet, in teks of interpretasie, wat die konstitusionele orde ondermyn. Saam met vele ander organisasies in die burgerlike samelewing sal ons die sakesektor mobiliseer om die ondermyning van eiendomsreg teen te staan en, waar nodig, om te keer.”

Geskrewe voorleggings moet teen 31 Januarie by die parlement ingedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

Een kommentaar

Pieter ·

Ons blankes gaan nog lang trane huil ons wil nie stanpunt in neem nie die ANC weet baie goed ons blankes praat nie dit is hoekom hulle maak nes hulle wil ons blankes moet by die mense van hong kong gaan leer hoe staan jy saam as n regering nie ore het nie of by die boere van duitsland daar is geen ander plan nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.