Sakeliga in hof oor rassekwotas

piet-le-roux

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga. Foto: Morné Prinsloo

Rassekwotas en rasseklassifikasie soos toegepas in die Wes-Kaapse regspraktykraad is ongrondwetlik, sê die sakeorganisasie Sakeliga.

Sakeliga het vandeesweek as vriend van die hof (amicus curiae) in die hooggeregshof en gelykheidshof verskyn nadat ʼn swart vroue-advokaat weens ʼn kwotastelsel nié in ʼn spesifieke pos aangestel is nie.

Sakeliga sê adv. Ncumisa Mayosi het verlede jaar die derde meeste stemme in ’n verkiesing van die Wes-Kaapse regspraktykraad ontvang. Mayosi is egter nie toegelaat om ʼn betrokke posisie te beklee nie aangesien kwotas in die regspraktykraad slegs voorsiening maak vir een swart vroue-advokaat in elke tien posisies.

Die provinsiale balieraad het ná die kwotabeslissing aansoeke teen onder meer die minister van justisie en korrektiewe dienste, asook die regspraktykraad in die hooggeregshof en gelykheidshof gebring. Hy het die hof gevra om die tersaaklike voorskrifte van die regspraktykraad ongrondwetlik of as onbillike diskriminasie te verklaar.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, voer in sy beëdigde verklaring aan dat as ʼn staat dit nodig ag om rasseklassifikasie te gebruik, hy verplig is om voorsiening te maak vir die behoorlike administrasie van die proses.

“Ons voer dus aan dat rassekwotas in hierdie aangeleentheid ongrondwetlik is,” sê Le Roux.

Sakeliga sê as die hof bevind dat dié rasseklassifikasie nie ongrondwetlik is nie, moet daar ten minste objektiewe standaarde en regverdige prosesse vir die klassifikasie bestaan. Mense moet ook ʼn geleentheid kry om teen hulle rasseklassifikasie te appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

koos10 ·

Jip, diskriminasie is goed lewendig in hierdie land. Ons Presiedent van ontkenning het onglangs nog gesê dat die beste in posisies aan gestel moet word. Well done aan die Wes-Kaapse regspraktykraad.
Hierdie is net weer ‘n bewys dat die ANC net lippe diens lewer, maar nou begin die beleid van 25 jaar terug ook swart mense tref!!

Leon ·

Wel jy mag slegs 36% vroue in diens neem in Gauteng. Vra ‘n sjokolade vervaardiger. Die Wes Kaap het seker te min vroue. Voer so ‘n paar vroue in van ‘n ander plek af.

Kakamiet ·

Oh. So vir hulle is dit onregverdig maar wat van die wit meisiekind wat nie medies mag swot agv rassekwotas? So alles moet reg gestel word vir die meerderheid maar nie die minderheids groepe nie? En as ons hof toe gaan? Gebeur daar net mooi niks! Vreet maar wat jou kant toe kom sister, ons sit in daai posisie ook maar jy natuurlik sal alles regkry oor hou velkleur. Dis maar erg as jy met jou velkleur alles moet regkry inplaas van breins. Nxnxnxnxnxnx

Stefan ·

SA is sekerlik die mees rassistiese land ter wereld.
Als maar dan letterlik als gaan oor velkleur.
Maar volgens ons wette is almal gelyk, se voet man.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.