Sakeliga: ‘Sê ons hoe is besluit oor inperking’

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. (Foto: Siya Duda/ GCIS)

Die organisasie Sakeliga wil die Suid-Afrikaanse regering met ’n hofaansoek dwing om sy gronde vir die instel van die staat van inperking, rampbestuursregulasies en die onderskeie inperkingsvlakke te midde die Covid-19-pandemie bekend te maak.

Sakeliga meen daar heers groot geheimsinnigheid oor hoe besluite rondom die inperking geneem en gewysig is, wat boonop reuse-ekonomiese implikasies tot gevolg het.

“Ondernemings en verbruikers mag en moet weet op watter gronde hulle vir uitgebreide tydperke hul ondernemings moes sluit, nie werk toe kon gaan nie, hul werk verloor het, en selfs waarom hulle – banaal genoeg – nie sekere produkte soos warm hoender mag gekoop of verkoop het nie,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga.

Volgens die organisasie het die hofaansoek ten doel om die verantwoordelike persoon, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, te dwing om haar rekords van besluitneming vir openbare insae beskikbaar te maak. Dié aansoek is ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) gebring.

“Die doelpale vir wanneer die inperking opgehef moet word, skuif aanhoudend.

Die ramptoestand, wat in Maart verlede jaar aanvanklik vir net drie maande sou geld, is intussen 16 keer al verleng.

“Pres. Cyril Ramaphosa se standpunt hierdie afgelope Sondag dat die inperking sal voortduur totdat ’n aanvaarbare hoeveelheid persone ingeënt is, weerspreek die vroeëre rasionaal dat inperkings ’n tydelike stap is en net ten doel het om infeksiegolwe af te plat,” sê Le Roux.

Volgens Le Roux is die verskuiwing van dié doelpale nadelig vir die maatskaplike, ekonomiese en konstitusionele orde in die land.

“Die ingrypende inperkings, die koste daarvan, en nou die moontlikheid van verpligte inentings is faktore wat met groot sorg nagegaan moet word.

“Die besluite wat daartoe gelei het dat nagenoeg 2 miljoen meer mense vandag sonder werk sit as aan die begin van verlede jaar, moet deeglik ondersoek word.”

Le Roux sê voorts Ramaphosa het sedert die begin van die inperking nog nie een mediakonferensie gehou om vrae oor die regering se strategie rondom die pandemie te beantwoord nie.

Intussen skryf Dlamini-Zuma die weiering om die inligting wat Sakeliga versoek te oorhandig glo aan kabinetsprivilegie toe.

“Dit kan egter nie die geval wees vir al die inligting relevant tot haar besluite nie, aangesien die wet duidelik sê dat sy in die uitvaardiging van regulasies haar oordeel moet uitoefen.

“Nie alles wat relevant is kan deur kabinetsprivilegie gedek word nie.”

Sakeliga sê hy beoog om die inligting wat met hierdie proses bekom word openbaar te maak, sodat lede van die publiek insae daartoe kan kry.

“’n Mens kan waarskynlik min aan die skade doen wat reeds met swak besluitneming aangerig is, maar die rekords kan help om skadelike beleid stop te sit en toekomstige skade te verhoed.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

SlinkseKoljander ·

Hulle sal moet uithaal en wys, die familie het meer geld gemaak met lockdown as ons almal saam.

Anel ·

Hy gaan lank wag as hy dink almal gaan hulle laat ent. En elke jaar moet die oefening herhaal word want hoe lank is die goed geldig of beskerm dit teen een virus? Soos die Engelse sê, kopdoek en kie moet nou hulle “mind” op maak. Die klug het niu lank genoeg aan gehou. Ons betaal hulle nie om ons in geperk te hou nie en vir ons voor te sê wat ons mag eet en drink en aantrek en wat in ons liggame in gaan en of ons mag werk of nie en waar ons mag gaan en nie. Ons betaal hulle om die land te regeer.!!!

Johann ·

Effens onregverdig…kan mos nou nie verwag dat onse Minister van Kopdoeke iets wat sy self nie weet nie vir ons te vertel?

Pieter ·

Kom met n plan sakeliga dat ons die brein dood anc se geld weg vat. Die anc is nie gepla oor die hof nie hulle weet mos die regters sal doen wat hulle se.

Hoekom ·

Jy kan sulke dinge net verwag vanaf ‘n Republiek se regering, waar die publiek veronderstel is om aan die bestuur van sake te wees en almal onderhewig is aan die konstitusie. Nie Suid Afrika nie, hierdie is net nog ‘n sosialistiese diktatorskap met ‘n masker van demokrasie aan. Niks beter as die Taliban van Afghanistan nie…

Wanneer laas het die regering van Suid Afrika op groot besluite ‘n referendum ingestel om die burgers van Suid Afrika se insette te hoor of na die burgers te luister!?

Anton ·

My fellow South Africans, your job is to work and pay taxes, so sit down and be quiet

JohanR ·

My gooiste maar die tannie het darem gou beweeg, en seker weer gelieg! Miskien het hulle vir haar ‘n nuwe stel Duracell batterye ingesit?

Hardekwas ·

Vergeet die lockdown. Mense en besighede moet optree soos hulle wil. Die regering kan nie – soos met etol – miljoene mense vervolg nie. Burgetlike verset en ongehoorsaamheid moet geimplementeer word.

Johanncb ·

Haar weiering om te antwoord, dui daarop dat die besluit ‘n persoonlike magsbesluit was.

Frederik C ·

Doktor !!! Dis geen wonder dat die buiteland SA kwalifikasies bevraagteken nie. Net een kyk na die foto is genoeg.

Chris ·

Madam Kopdoek het voet neergesit en haar stem dik gemaak, want dit het haar en Boetie die geleentheid gegee om miljoene te in met hul onwettige sigarette en alkohol TEN DUURSTE op die sogenaamde “….. mark” te verkoop. Pakkies sigarette het tot R500 per pakkie gegaan. Dis mos blatante diefstal, maar nee, dis “creative thinking “.

annie ·

Die ANC glo nou al hulle is ‘n eenpartystaat wat besluite kan neem sonder parlementêre besprekings met ‘n grootse leierskorps vol gekroonde ikone. Wat hulle nie besef nie is dat ons totaal respek verloor het vir die kamma-induna’s soos hul een na die ander ontmasker word en die party se integriteit tot as verpoeier… As dit maar wou wegwaai. Wie betaal die se plastiese sjirurgie en wie is die Big Sixers se skatryk klereontwerper? Maak laasgenoemde ook hoofdeksels vir helde en stortpette?

Samuel ·

Die aanvanklike inperking was heel aanvaarbaar, maar toe kom die groot lieg en geheimsinnigheid. Ons moet onthou die ANC-REGERING is sosiaal-kommunisties en daarom moet hulle deur die agterdeur inkom om ons sentraal te beheer, te onderdruk en voor te skryf. Kopdoek &kie weet die howe is die ANC ter wille.

Nie Verbaas ·

Kyk net na die gesiggie, dit sal jou n goeie idee gee van bekwaamheid.

Genis ·

Daai kiekie spreek boekdele… Die hele afre is absurt… Nou begin hulle met inentings… Hoe kan mens die ministrie op inentings vertrou, as daar soveel korrupsie was met die vorige minister van gesondheid?

john ·

Ja maar die regstelsels is net so korrup as die ANC EN SAL DOEN WAT HULLE MASTERS SE

Mariana ·

Kyk teen die tyd weet ons dat Ramapoza se toutjies getrek word deur die antie. Sy neem al die besluite en meeste van die besluite is nonsens. Sy het nie ‘n idee wat reg en verkeerd is nie solank sy net die mag het om SA te “rule en regulate”, sy moet seker maar haar mag op een of ander manier uitleef. Dis tyd vir haar om af te tree en ook sommer al die ministers met hul planne saam te vat. Dis tyd dat die mense in die land weer die leisels optel en vir hul bestaan baklei, anders gaan ons vir nog baie lank in hierdie fase van ramptoestand en wat nog bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.