Sakeliga wil agter kap van Nedlac-byl kom

(Argieffoto: Unsplash)

Sakeliga het ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) aan die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac) gestuur om vas te stel wat dié liggaam rol is in voortgesette inperkings en druk om inentings teen Covid-19 landwyd te verplig.

Sakeliga versoek in sy Paia-aansoek alle notules, dokumente en besluite van Nedlac wat met verpligte inenting op nasionale vlak, inentingsertifisering en ander voortgesette inperkingsmaatreëls verband hou.

Maroela Media het in Desember verlede jaar berig dat Nedlac ná intensiewe beraadslaging besluit het dat werkgewers van werkers behoort te vereis om ingeënt te word om beroepsgesondheid en ‑veiligheid moontlik te maak. Die raad wil ook hê dat toegang tot sekere plekke en byeenkomste tot ingeënte mense beperk word.

Sakeliga sê sy versoek volg op aanduidings dat Nedlac, oftewel invloedryke lede van Nedlac, ʼn sleutelrol speel in politieke druk ten gunste van die handhawing van die ramptoestandmaatreëls.

Die organisasie het reeds verlede maand versoek dat die ramptoestand ter wille van dringende maatskaplike en ekonomiese herstel in sy geheel opgehef moet word.

“Dit val te betreure dat Nedlac en persone binne Nedlac, wat op diskresie van ministers aangewys word, die ramptoestand en ongekende ingrype op grond daarvan aanmoedig en legitimeer.

“Dit bemoeilik die werk van Sakeliga en ander onafhanklike organisasies op vele wyses, insluitend by litigasie teen regeringsvergrype, onder meer omdat die regering kan voorgee dat dit behoorlik met die sake-, arbeids- en gemeenskapsektor beraadslaag het. In werklikheid het die regering verkies om met statutêre entiteite soos Nedlac te konsulteer, ongeag die konflik van belange.”

Sakeliga meen dat pres. Cyril Ramaphosa so laat as September 2021 in die parlement nog sterk teen verpligte inenting gekant was, maar skielik in November ’n ommeswaai ten gunste daarvan met spesiale erkenning aan Nedlac gemaak het.

“Nedlac is ingevolge die Nedlac-wet (35 van 1994) statutêr as ’n regspersoon in die lewe geroep. Lidmaatskap vir sake-organisasies en arbeidsorganisasies word deur die minister van arbeid bepaal, op diskresie aan die hand van ’n lys wat onderskeidelik deur Busa en Cosatu, Fedusa en Nactu saamgestel is.

“Aangesien Nedlac ’n statutêre entiteit is, wil Sakeliga weet wie hierdie besluite geneem het, wanneer en op watter gronde dit geneem is, en watter ‘sosiale vennote’ ten gunste daarvan was.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Marius ·

Dit is ‘n bewys hoe ruggraatloos ons leiers is en hul word maklik aan die neus rondgely solank daar een of ander persoonlike finansiële gewin is. Heel moontlik maak nedlac miljoene deur die ramptoestand lewendig te hou en veral met die inentings wat afgeforseer word waarvoor die belasting betalers opdok. Dit tyd dat ons, ons voete neersit en baklei vir ons vryheid, die regering gaan dit nie doen nie.

Jacobus ·

Knap opgesom Marius. En dit vreesaanjaend – beheer van ons bestaan vir redes anders as ons welstand. Mag van internasionale poppemeesters!

Johann101 ·

Nedlac & ruggraatloos ramaphosa / anc government is in dieselfde bed… maak geld uit covid / lockdown…
Moet nie dink ramaphosa dra die citizens van suid afrika op die hart nie…
Sy masters moet gehoorsaam word, hy het ‘n groot bribe gevat…

Boon ·

Die lidmaatskap en samestelling van Nedlac is kommerwekkend eensydig. Lyk of dit geskep is om die indruk te wek dat private sektor n wesenlike bydrae lewer tot regeringsbeleid. Maar skynbaar is dit ook gekaap. Nes die RegsAdviesraad ook deur politici gekaap is. Nes die Staatsondernemings. Dis noodsaaklik dat al hierdie rade in die kslklig kom, want hulle is grondwetlik veronderstel om die uiters belangrik rol van ” ckecks and balances” en ssmelewing se waghonde te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.