Sakeliga wil ook hof toe oor ‘rasteikens’-wet

Piet le Roux (Foto: Facebook)

Sakeliga het gesê hy berei litigasie voor rakende die Wysigingswetsontwerp op Diensbillikheid en sal ook met ander organisasies skakel wat dit doen.

Pres. Cyril Ramaphosa het die Wysigingswetsontwerp onderteken.

“Die wysigingswet laat die regering toe om demografiese kwotas aan private werkgewers voor te skryf, ongeag of hulle met die staat sake doen,” sê Piet le Roux, hoof van Sakeliga.

“Dat die voorskrifte voorlopig beperk sal word tot maatskappye met 50 of meer werknemers, is geen rede tot troos nie, aangesien dit bloot neerkom op die stuksgewyse instelling van ’n fundamenteel onaanvaarbare beleid wat uiteindelik na werkgewers wat onder laer drempels val, uitgebrei sal word.”

Le Roux meen die regsproses sal waarskynlik ’n uitgerekte aangeleentheid wees. “In hierdie stadium is geen regulasies al gepubliseer om spesifieke uitvoering aan die wet te gee nie.

“Sakeliga moedig werkgewers aan om waarde-gefokusde indiensneming te handhaaf, ongeag ras, eerder as om aan fundamenteel onkonstitusionele en skadelike wetgewing te voldoen.

“Ons herhaal ons standpunt dat dit besighede se konstitusionele plig is om skadelike staatsinmenging in die openbare belang teen te staan.”

Solidariteit het ook bekend gemaak dat vir “ ʼn enorme regstryd” gereedmaak rakende die nuwe wet.

Solidariteit het reeds in Augustus verlede jaar aan die president geskryf en daarop gewys dat die wysigings aan dié wet ongrondwetlik is. Die vakbond sê hy het ook ʼn regsopinie verkry wat dit bevestig en dat Solidariteit voorleggings in hierdie verband aan die parlement gemaak het.

Volgens Solidariteit verleen hierdie wetgewing drakoniese rassemagte aan die minister. Solidariteit se regspan het derhalwe reeds begin voorberei vir litigasie en het aangedui dat hy sy hofstukke binnekort sal beteken.

“Die minister kan nou sentrale rassebeplanning op grond van eie diskresie doen. Dit sal die mees ingrypende rasmanipulerende wetgewing ter wêreld wees. Na verwagting sal die private sektor die voorbeeld van die staat moet volg. Private ondernemings sal staatsbestuurde rasse-ondernemings word,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

“Hierdie wet, wat rasteikens op sektore afdwing, sal rampspoedige gevolge vir ons ekonomie inhou. Nuwe definisies van ‘aangewese werkgewers’ gaan klein ondernemings dwing om klein te bly en duisende werke kos.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Harley Davidson ·

Omgekeerde apartheid en diskriminasie teen huidige benaadeelde minderhede.

Danie ·

Hierdie stelling is maar net wer ‘n bewys deur die regering dat hulle nie instaat is om enigiets wat te doen het met werkskepping kan doen nie, nou deur sekere wette af te dwing wil hulle wys hulle is in beheer, maar die groot probleem hier vir die besighede is dat deur dit te doen wat nou gevra word , die besigheid eienaar nie meer self kan besluit wie aangestel moet word, so die beste kandidaat sal dalk nie die werk kry , pateties.

TruthDealer ·

Hierdie regering se mense het Apartheid gehaat maar hulle doen nou basies dieselfde. Restaurante, winkels en publieke plekke is nog gemeng. Maar soos meer en meer blankes nie werk kan kry nie, of hul werk verloor, sal hul nie die geld hê om dit op publieke plekke te spandeer nie. Geleidelik sal ons maar net die paar piepklein private meesal blanke ondernemings begin ondersteun, tot ons op die punt kom waar mense groente in hul agterplase kweek en ons kos by ons bure of boere direk aankoop, en by blanke spaza shops. Wel diegene wat nog kos sal kan bekostig. En ons eie piepklein privaat funksies en “pubs and clubs” vanuit ons garages en agterplase. Ons sal saamkom in ons eie plekke. So met die tyd saam sal ons stadig aan, nood gedwonge, terug gaan na Apartheid gaan. Maar hierdie keer, het die ANC dit bewerkstellig.

Impact ·

Hierdie regering het alle beheer verloor moet hulle drakoniese wetgewings rakende BEE. Hulle skep nie werk nie hulle maak eerder dat mense hulle werk verloor. Maar ja, dit is seker nou hulle beurt, hulle is aan bewind.

annie ·

Meyer&kie moet nou inspring met oplossings, maar sit met groot pensioene, waarom sal hul worry. Daar is duisende witmense sonder ‘n toekoms. Winkelsentrums borrel oor van swart werkers. Dit sal nie verander nie. SA word oorbevolk met die oog op oorheersing. ONS SAL NIE SELF hierdie probleem alleen oplos nie. Maar ons weier om die Groot Baas te nader. Volgens die Bybel verloor volke hul regte en word deur vreemdes beheer as hul afsien van hul geloof/vertroue in die Vader. Ons moet ophou om te dink ons is so oulik en verontreg net agv van ‘ander’. Ons howe is so te sê oorbodig. Die ateïstiese ANC regeer. ‘n Ander Raadsaal sal nederig genader moet word! Wil ons?

Geert ·

As van die NP lede van die groep wat so swak onderhandel het na vore sou kom om dit te erken sal dit ver gaan om SA te red.

Watsenaam ·

Dis hartseer, is dit nie? Ons goedgelowige blankes is in 1992 met die refferendum lekker om die bos gelei. Nou pluk ons die vrugte, So sal die huidige boelie regering en sogenaamde “freedom fighters” se volgers ook die vrugte vir hulle dade pluk.

Kokerboom ·

Dit toon ‘n regering wat GEEN planne het of kan maak, totale gebrek aan insig toon, desperate pogings aanwend en drakoniese wetgewing daarstel vir stemwerwing en vere voel vir ekonomiese groei en goeie rasverhoudinge.

Driaan ·

Hierdie sirkus regering sal nou die laaste speek wat die wiel aan die draai hou, genaamd die privaatsektor, ook teiken en hierdie land heeltemal in die afgrond in bestuur. Die regering plaas ongelooflik druk op die privaatsektor waardeur miljoen mense in staat gestel word om ‘n bestaan te maak. Druk die privaatsektor sodat ons die regering kan help om die werkloosheidsyfer die hoogte te laat in skiet. Hierdie regering sal die oorsaak wees van mense wat op strepe doodgaan van hongerte en ellende.

Tanniepetoors ·

Is daar enige ander regering wêreldwyd wat al soveel wetgewing uitgevaardig het wat werkloosheid tot gevolg gehad het? Wil vir my alhoemeer lyk of die ANC ten doel het om een en almal behalwe hul uitverkose kliek te dwing om op straat bakhand te staan.

Jacques Dawie ·

Die ANC het in teneur en tereur van amper 30 jaar het die land verwoes. 1000e miljoeners reeds uit land agv veiligheid en BBBEE. SARS kry sodoende nie meer dieselfde belasting inkomste nie en so val alles uit mekaar. Hoe op dees aarde dink die regering, wat aangestel is om die lansburgers se belang te beskerm en te bevorder, kan dit enige besigheid vorseer om volgens sy cANCer drakonsiense beleide mense volgens sy ‘keuse’ aan te stel, en die mag in n minister se hande? Dis Apartheid, en praat nie eers oor die BBBEE nie. Daar is soveel besighede wat net besluit het genoeg is genoeg en hul deure gesluit het. Kyk ner hoeveel persele staan leeg. Wat gaan aan in die denke van die cANCer dat dit nie sien dat hul beleide die land tot gronde en verdere armoede gedryf het? Of is die drakoniese beleide net n verkiesings foefie vir stemme?

Watsenaam ·

As ek ‘n stuiwer in die armbeurs mag gooi, Jy slaan die spyker op die kop. Apartheid op sy ergrste. Nie net word ons blankes soos (……….sit hierin wat jy wil, )behandel nie, maar word daar nou ‘n hekse jag uitgevoer om ons totaal te vernietig. Tot siens my geliefde geboorteland.

Ansie ·

Ek wens Sakeliga wil die regering ook hof toe neem ivm die BEE-punte verkrygingstelsel. Nie net kos dit die regering ‘n klomp geld, wat hy nie het nie, dit maak ook die pad oop vir korrupsie aoos reeds oor en oor bewys is.

Herman L ·

Kom ons hoop Sakeliga en Solidariteit is suksesvol. Daar is reeds baie bewyse dat vogehoue druk op die regering vrugte afwerp. Kyk maar na die beurtkrag noodtoestand. Ons sal net verloor as ons besluit om handdoek in te gooi. Dit kos baie moed en geld, maar as ons wil oorleef het ons nie ‘n keuse nie.

JN ·

Maar tog ondersteun ons blankes die einste organisasies wat teen ons blanke witvelle diskrimineer??? Spur? Wimpy,Pepstores? Clicks en so gaan ons aan en aan.As ons dan nie n standpunt wil in neem nie hoe moet n mens verbetering of verandering verwag?

Jaco ·

En die hof wat deur die ANC-regering se department van justisie sal natuurlik uitspraak ten gunste van die “wit rassistiese” Sakeliga lewer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.