Sakeliggaam skors Eskom en Transnet

Argieffoto: GCIS

Die sakeliggaam Business Leadership South Africa (BLSA) het Donderdag aangekondig dat hy die lidmaatskap van Eskom en Transnet met onmiddellike effek opgeskort het oor bewerings van staatskaping.

BLSA het gesê dit volg ná gesprekke met die twee staatsbeheerde ondernemings oor omvattende bewerings wat korrupte gedrag oor ʼn lang tydperk betref.

Bonang Mohale, uitvoerende hoof van BLSA, het in ʼn verklaring gesê Suid-Afrikaners is met reg ontsteld oor die talle bewerings van korrupte gedrag en Eskom en Transnet se growwe versuim om aanspreeklikheid te aanvaar.

“Hierdie gedrag is teenstrydig met die waardes van BLSA. Nie een van die ondernemings kon aan BLSA die bevestiging gee dat hulle die erns van die kwessies begryp of dat hulle die nodige wil en doelwit het om hul huis in orde te kry nie,” het Mohale gesê. “Die BLSA het dus geen ander keuse gehad nie as om hul lidmaatskap op te skort by die organisasie.”

E-posse wat uitgelek het, het aan die lig gebring dat die omstrede Gupta-familie miljarde rand in beweerde kontrakte ontvang het om China South Rail by te staan om tenders van Transnet te bekom.

Eskom word ook geïmpliseer in staatskaping toe die Gupta-maatskappy Tegeta Exploration and Resources ʼn 11-jaar kontrak vir die verskaffing van steenkool bekom het, ondanks die feit dat die maatskappy nie voldoen het aan steenkoolstandaarde nie. Tegeta, wat voorheen gedeeltelik besit is deur die Gupta-familie en Duduzane Zuma, is tans onder forensiese ondersoek wat betref die manier waarop die kontrak bekom is en of die Gupta-familie en hul vennote enige gunstige voordeel ontvang het.

Die Guptas het verlede maand sy aandeel in Tegeta vir R2,97 miljard verkoop aan die onbekende Switserse Charles King SA “om werknemers se poste te beskerm”.

BLSA het verlede week ook KPMG Suid-Afrika se lidmaatskap opgeskort hangende die uitslag van ʼn onafhanklike ondersoek oor die maatskappy se betrokkenheid by staatskaping in die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

Rookskerm Feelgood Do Good pollitiekery. NOU skielik? Probeer PR punte score terwyl die res van die besigheids wereld erns maak van korrupsie? Wat van kommentaar lewer oor ZUPTOPIA en sy ZUMAUKIES? KLUG!

Popeye ·

Charles King SA is net die front om geld uit die land te kry. Net nog ‘n gupta-front maatskappy. Ons regering moet wakker word en die kolletjies verbind!Helaas hul geskiedenis bewys dat daar ‘n totale koma-sindroom is. Durf ek sê breinkrag is daar nie! Let wel Maroela , ek maak nie melding van kleur of ras nie , maar wel van REGERING….verteenwoordigend van die burgersvan S.A…. Tragies dat ons polities korrek moet sê wat ons dink nê? As jy “suck”, dan “suck” jy. …dit my liewe vriende is die waarheid!

LBS ·

Net baie verdag noudat die eposse uitgelek het, NOU skrik almal skielik wakker

Marius ·

Nou eers! Dis lagwekkend. Almal weet al jare van die skelm besigheid… Nou spring BLSA ook op die wa…. Hoekom nou eers?

Alida ·

SKANDE OP SKANDE TREF SA. WANNEER GAAN HULLE BESEF DAT ZUMA EN SY GUTA VRIENDE MOET UIT !!!!

Lientjie ·

Jy doen nie besigheid met ‘n Indier en dan steek jy hom in die rug nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.