Sakeliggaam wil hof nader oor verpligte inenting

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Sake-eenheid Suid-Afrika (Busa) wil die hooggeregshof nader vir ʼn bevel wat sakeondernemings toelaat om inenting in die werkplek af te dwing.

Busa is van mening dat ʼn hofuitspraak oor die grondwetlikheid en wettigheid van verpligte inenting teen Covid-19 in die werksplek nodig is om “sekerheid te skep”.

Busa, wat ten gunste van verpligte inenting is, is besig om met regslui te konsulteer.

Solidariteit het intussen gesê die vakbond sal Busa se voorgenome aansoek teenstaan aangesien verpligte inenting “immoreel en onwettig” is.

Cas Coovadia, Busa se uitvoerende hoof, glo egter inenting is ʼn belangrike uitweg uit die pandemie.

“Ons dink verpligte inenting is van kernbelang om te verseker dat soveel as moontlik van ons mense ingeënt word, sodat ons die virus kan oorkom en na ʼn mate van ’n ‘nuwe normaal’ kan terugkeer,” het Coovadia aan Maroela Media gesê.

Hy sê sommige maatskappye wat aan Busa-lede behoort het reeds verpligte inentingsvereistes ingestel, wat deur dié organisasie ondersteun word.

“Arbeidsgesondheid en -veiligheidsregulasies laat werkgewers reeds toe om verpligte inentingsvereistes toe te pas.

“Die verklarende bevel wat Busa nastreef, is om eindelik regsekerheid binne die raamwerk van die wet te skep. Sakeondernemings probeer nie die regte van ander skend nie. Hulle [werkgewers] het ʼn verantwoordelikheid om ʼn veilige, gesonde werksomgewing daar te stel en een manier om dit te bereik is om te verseker dat alle werknemers ingeënt is.”

Coovadia sê voorts om soveel mense so vinnig as moontlik te laat inent is die enkele belangrikste manier om die koronavirus te oorkom. Hy benadruk wel dat die regte van alle werknemers te alle tye verseker moet word. “Al die wetenskaplike navorsing toon dat inenting die kernhulpmiddel is. Om die oorgrote meerderheid mense ingeënt te kry, verminder die moontlikheid dat die virus versprei. Dit beskerm ook bejaardes en diegene met onderliggende siektetoestande teen ernstige siektes en gee ons land die ruimte om ons ekonomie te begin herbou.” Anton van der Bijl, hoof van regsake by Solidariteit, sê die vakbond is gekant teen die verpligting van inentings teen Covid-19 en dat elke persoon die grondwetlike reg het om sélf oor die entstof te besluit.

“Die Grondwet maak vir elke persoon voorsiening dat hy of sy self kan besluit oor liggaamlike integriteit en mediese intervensies. Elke persoon het ook die reg op vryheid tot assosiasie en vryheid van spraak.

“Wanneer jy na dié regte in die konteks van die Grondwet kyk, is dit waarskynliker dat die individu ’n reg het om die besluit oor inentings te neem, as wat ’n werkgewer die reg het om namens ’n werknemer te besluit.”

Van der Bijl sê voorts die direktief wat vroeër die jaar deur die departement van arbeid en indiensneming uitgereik is, word dikwels verkeerd geïnterpreteer.

“Daardie direktief sê nie jy kan ’n oorkoepelende benadering volg nie. Die direktief sê elke werkgewer moet kritieke werknemers identifiseer wat ingeënt moet word en dié mense kan dan sê hoekom hy of sy nie ingeënt wil word nie.”

Boonop, sê Van der Bijl, sal verpligting bloot tot meer weerstand teen die entstof lei.

“Daar is wetenskaplik bewys dat indien jy iemand verplig om iets te doen, die weerstand soveel groter is.

“Dus kan dit uit ’n morele oogpunt ook nie plaasvind nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Chef ·

‘n Mens sou dink dat BUSA ,van alle organisasies, sou kennis neem van die verreikende gevolge van sulke wetgewing, gemeet aan die hordes internasionale protesoptogte daarteen, asook die verval van die Amerikaanse ekonomie wat direk toegeskryf word aan sulke mandate.

RB ·

En dat hulle bewus sou wees van die berig in Citizen van 30 Okt. Enige werknemer wat newe-effek het weens verpligte ent deur werkgewer afgedwing, kan van werkgewer vergoeding ge-eis word.
Kyk gerus self na video(s) van Schalk vd Merwe wat nou betrokke is by saak/sake rakende covid-19.

Anoniem ·

RB dit is hoe seker hulle is dat daar nie newe effekte sal wees nie

Chef ·

…slaap in die rus van die eeue gesus. Liberale Koos jy is goedgelowig

MakersMark ·

Dit is ja dat nog soveel sameswerings profete deur ‘n wet gedwing moet word om hulself en ander inwoners van die planeet teen ernstige infeksie, die dood of hospitalisasie agv CV19 te beskerm.

Chef ·

Hoekom so bekommerd oor die wat nie ingespuit is of wil word nie? Jy is mos klaar ingespuit en daarom mos beskermd. Dit gaan lankal nie meer oor die inspuiting nie.

NEO ·

Ek verneem werkgewers wat werkers dwing om ingeënt te word gedagvaar kan word as die werknemer enige neweeffekte ervaar na die inenting. Ek sien nog hofsake kom.

Francois Le Cochon ·

Neo, nie gedagvaar word, lees weer. Jy verdraai die feite.

Althes ·

Ek stem saam met Solidariteit. Niemand kan gedwing word om ingeënt te word nie. Menslike lewens kan nie getipeer word soos in bv klere ‘One size fits all’ deur inenting kry.
Ek wou ook my siening van moet inent op ñ nabye familielid afdwing, maar toe die persoon sy spesialis sien, het die spesialis gesê dit is nie nou die regte tyd en is gevaarlik onder die huidige toestand om ingeënt te word.
Ek sou my self nooit vergewe het as daardie familielid onder my dwang gaan inent het nie.
So gee mense die spasie, asseblief!!!
Die wat hul wil laat inent doen dit, moet nie dit wel in ander se kele afdwing nie.!

piet ·

Ek het nuus vir jou, jy kan gedwing word deur die staat. So word jy gedwing om ‘n geldige ID, rybewys, ens, ens te he. Om te moan dat jy nie daarvan hou nie, gaan niks help nie. Staat is die oppergesag in die land.

Frank John ·

Ek het lankal probleme met bloed klonte, as die entstof dit bevorder, hoe kan ek die kans vat om te kyk of dit met my gaan gebeur of nie?

Johan ·

Waarom Madeleine? Ek verstaan nie hoe jy dit kan sê nie….hoeveel vryheid wil jy nog opgee vir die illusie van veiligheid. Dis al wat die inenting, maskers en ander bitterlik destruktiewe regulasies is….n illusie van veiligheid.

Willem ·

Kan hierdie mnr Covadia net vir my die volgende verduidelik: die entstof keer nie dat jy siek word van Covid nie en dit keer ook nie dat jy die virus versprei as jy aangesteek het nie. Daar is nou selfs aanduidings dat ingeënte mense ‘n groter virus lading het as diegene wat nié ingeënt is nie. Wat ookal – hoe meen hy gaan hierdie entstof (of wat dit ookal is) die pandemie stop?

jou gewete ·

lees liberale Koos, deur te lees en nie blindelings te glo nie

Chef ·

Publiseerde studies in die Lancet, British Medical Journal, New England Journal of Medicine en nog meer. Sal graag vir jou skakels hier plaas maar MM keer dit

MakersMark ·

Enige peasant kan joernale noem. Wys die duisende wat dood is.

Mercia ·

Jy het die reg om jou te laat spuit nie waar nie? As jy dit dan gedoen het, het jy ook nog die reg om nie met aflegging gedreig te word nie. En dan is jy mos beskerm van hospitalisasie en dood…….volgens “wetenskaplike” uitlatings? So watter regte wil jy nóg hê?

MakersMark ·

Goeie nuus. Dit is werkgewers se plig om werknemers se gesondheid en veiligheid in die werkplek te verseker. Dit gaan gebeur, wêreldwyd. Saam met die vaksien paspoort wat sosiale interaksie en beweging sal dikteer. So mense moet maar kies – ent in en werk of die alternatief……

piet ·

Nie net dit nie, verskeie lande maak dit nou ‘n verpligtige ding algeheel en nie net in die werksplek nie. SA se hoe syfer “ek is bang vir die naaldjie-ongehoorsames” gaan dit noodsaak dat die regering inenting op all vlakke gaan afdwing want lyk my daar gaan nie ‘n ander keuse wees nie. Ons mense is te stroomop en hardkoppig om in te ent, moet maar gedwing word in landsbelang.

jou gewete ·

laat hulle probeer, ek weier om my te laat spuit met n stof wat deurgaan as entstof maar nie aan die definisie van entstof voldoen nie, dis op sy beste n griep inspuiting

Mercia ·

Lyk nie of die 3 “spuit-musketiers” veel ondersteuning kry vir hulle begeerte vir outokratiese en kommunistiese beheer nie. Toemaar ouens…..daar sal verseker vir julle plekkie wees in China, Laos, Noord Korea, Cuba en Vietnam.

MakersMark ·

Dis waar jy die fout maak. Wêreldwyd al meer as 4 bn ingeent. Met die inentings paspoort in sekere lande in die Amerika’s en Europa ten volle geimplimenteer. Groot maatskappye wêreldwyd begin reeds eis dat werknemers ingeent word of bedank. Dink jy regtig ‘n paar peasants agter hul selfoon keyboards in die suide van Afrika wat geen statistieke kan noem van die kamstige “dood en verwoesting” wat die vaksien veroorsaak sal die situasie verander ? Hou aan droom.

Schalk ·

Kom ons maak dit maklik. Indien die ouens ons met n hofbevel gaan verplig, kom ons kry dan ook uitsluitsel oor my bloed en organe, dit is myne, en ek mag dit dan sekerlik verkoop as ek wil? Geen meer gratis bloed vir die bloedbank nie, as jy n nier soek? Die prys is onderhandelbaar. My liggaam my besluit.

Frank John ·

Ek sê: “Ek soek assuransie dat as ek iets oorkom hulle sal uitbetaal. Vir elke orgaan wat nie meer werk of verkeerd werk, betaal. As ek sterf, no-problem, graduation day, heaven is my home, maar vir my agter-geblewenes, betaal. Ek is nie cheap nie.

Geregtigheid ·

TYD DAT MENSE WAAKER WORD. DIE VACCINE HET NIKS OM JOU BETER TE MAAK NIE. INTEENDEEL DIE VACCINE HET HORDE NEWE EFFEKTE EN DOOD. DINK MOOI HOE JY WIL STERF. MOET WHO VIR JOU BESLUIT.

MakersMark ·

Wys die statistiek van die amper 4 bn mense wat wêreldwyd ingeënt is se afsterfte syfer asook die hordes newe effekte wat hul ervaar of ervaar het wat direk aan ‘n CV19 inenting gekoppel kan word.

Lourens CFG ·

Lyk my al wat hulle lees is die kommentare, en dan wil hulle commontaar.

MakersMark ·

Ja enige peasant kan die lancet noem. Wys die statistieke hoeveel duisende is dood of siek agv inentings ?

Chef ·

Goeie een Koos, :-) laat my dink hoe jy weet van my relletjie met MM oor skakels

Chef ·

Vir hart inflamasie kyk na eweknie be-oordeelde studie by Primary Doctor Medical Journal 14 Julie 2021

MakersMark ·

Dis al wat die foeliekoppe kan doen. Vrees aanwakker met “hulle” gaan dit en “hulle” gaan dat. Ek het al duisend keer gevra wie is hulle ? Nog geen antwoord. Tweedens die berigte van duisende dood of permanent siek van die inentings – daar is wel sulke gevalle, Sover wereldwyd 0.00004% van die > 4 bn ingeentes. Op die versoek om die statistieke uit betroubare bronne te kwoteer wat die “duisende” dood bewys is die antwoorde “kyk die hofsaak van Fauci” of lees Lancet of my Tannie se haarkapster se niggie…….geen statistieke. Dan die spul wat sê die “ANC” manipuleer die CV19 statistieke…..as mens vra dat hulle dan die teendeel bewys is daar net radiostilte. Ongelukkig dis wat gebeur as wetenskaplike ongeletterdes toegang het tot sosiale media – alles word ‘n sameswering of ‘n heksejag.

Chef ·

Makers Mark, jy is mos nou mooi beskerm, so gun elke indvidu sy reg om self te kies

Chef ·

Mark, is die 3e en 4e al geboek, want blykbaar werk die eerste 2 nie so goed nie :-)

jou gewete ·

ek is nie n skaap en sal nie gehok word oor jy snert glo nie

Fritz ·

Ons weet hoe (on)suksesvol die regering is om wette af te dwing. E-tol, TV lisensies, betaling van verkeersboetes, ens. So laat hulle dit maar wetlik verpligtend maak. Slegs die “goody two shoes” tipe mense steur hulle ten alle tye aan die regering.

Anoniem ·

Dan is ek maar ‘n goody two shoes maar ek is groot gemaak dat mens landswette respekteer

Barney ·

As jy wettig my kan vergiftig kan ek seker wettig ń stuk lood in jou kop deponeer. Haha.

Karel Kobus Kruger ·

Gelukkig beskik ons oor n uiters professionele swartmark wat reg staan om in die vraag na onwettige inentings te voorsien.

Sluier ·

WERKGEWER MOET BETAAL
Ek het nou net na n klankgreep van vroue prokureur geluister en het die volgende goeie nuus om met alle werknemers uit haar bekwame mond te deel. As jou werkgewer jou dwing om die jab te loop vat, is hy direk aanspreeklik vir enige beserings, gestremdheid of dood wat deur die jab veroorsaak mag word en hy sal wetlik verplig word om kompensasie te betaal. Maak seker dat jy n volledige mediese ondersoek met volledige bloed toetse doen voordat jy die jab op aandrang van jou werkgewer loop vat, want jy sal moet kan bewys dat jy honderd persent gesond was, voordat jy die jab gevat het. Laat die slimmetjies vir n slag betaal, al beteken dit dat jy sy huis en sy kar op n openbare Balju veiling moet gaan verkoop ::: Sluier De Ridder

Schalk ·

Nee wat Piet. Voordat hierdie regering of enige hof my verplig, stel ek voor hulle erken eers my regte soos in die grondwet vervat. Eerstens, my reg op lewe, tweedens my reg tot vryheid, net daai twee regte dring ek op aan, ek stel nie belang in ander se oortuigings nie, moet dit nie op my afdwing nie, dan sit ons met n probleem. En indien my werkgewer more van my verwag om die spuit te vat, kan sy werk maar daar beland waar die son nie skyn nie.

Nico ·

Hierdie entstof is net ‘n Ëxperimental drug” niks anders nie.

john ·

lees mooi n ” nuwe normaal” nie n normaal nie… Take a hike Busa!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.