Sakelui eis miljoene by polisie ná betogers fabrieke afbrand

Een van die fabrieke wat in 2012 deur betogers verwoes is. Foto: Verskaf

Die uitkoms van ʼn hofgeding tussen twee sake-eienaars wie se fabrieke in gewelddadige betogings verwoes is en die minister van polisie – wat die eienaars aanvoer die skade moes gekeer het – kan verreikende gevolge inhou én die polisie miljoene rande uit die sak jaag.

Dis nou reeds ses jaar nadat verskeie eiendomme in die Wes-Kaapse plaaswerkeropstand vernietig is, maar die eienaars van twee fabrieke wat afgebrand is, sukkel steeds om van die verlies te herstel. Hulle hofgeding om die polisie verantwoordelik te hou, sloer boonop óók.

Theuns Hanekom, die eienaar van ʼn onderneming wat vrugtelekkers vervaardig het, en Johrina Hanekom (geen verwantskap), wie se onderneming kratte en palette vir die vrugte-uitvoerbedryf vervaardig het, het albei miljoene rande skade gely toe oproerige plaaswerkers in November 2012 op hulle ondernemings toegesak het.

Stakende plaaswerkers het ʼn verhoogde minimum loon en verskeie ander voordele geëis.

Een van die fabrieke in ligte laaie nadat dit in 2012 die teiken van woedende betogers geword het. Foto: Verskaf

Die dorpie De Doorns was die middelpunt van die staking, maar die oproer het binne ʼn paar dae na omliggende dorpe uitgebrei. Daar was verskeie gewelddadige botsings tussen plaaswerkers en die polisie. Privaat eiendom is op groot skaal verwoes – ook dié van Theuns Hanekom en Johrina Hanekom. Hulle het die minister van polisie gevolglik hof toe gesleep vir die skade wat hulle gely het.

In hofstukke voer hulle aan die polisie moes opgetree het om die skade te verhoed. Hulle dagvaar hom saam vir meer as R100 miljoen.

Theuns sê polisielede wat in die omgewing ontplooi is, het destyds bloot toegekyk hoe die fabrieke afgebrand word. Hý was magteloos om die verwoesting te keer. “Dit was asof ʼn deel van my lewe weggevat word. Dit (die plundering) word voor jou eie én die polisie se oë gedoen en ek kon net toekyk hoe dit gebeur,” het Theuns gesê.

Een van die fabrieke wat in 2012 deur betogers verwoes is. Foto: Verskaf

Theuns én Johrina het hulle werkers destyds aansienlik meer as die minimum loon betaal en daardie werkers was nie self by die plundering betrokke nie. Tog het hulle, en uiteindelik ook hulle werkers, in die spervuur beland.

Theuns kon en wou nie weer sy onderneming in Hamlet aan die gang kry nie en in die dorpie is meer as 200 werkers uiteindelik weens die onluste afgelê. Theuns het intussen na Hopefield aan die Weskus verhuis waar hy op ʼn veel kleiner skaal sy onderneming probeer herbou. Hy het grootgeword in Hamlet, maar sê ná die voorval het hy onwelkom gevoel in dié omgewing wat vroeër vir hom ʼn tuiste was.

Ook Johrina sê die onderneming wat hulle ʼn leeftyd geneem het om op te bou, is tydens die betogings in ʼn oogwenk verwoes. Sy sê die destydse gebeure en die daaropvolgende hofsaak het hulle boonop emosioneel gedreineer. Sy bedryf nou ʼn ander onderneming.

Een van die fabrieke wat in 2012 deur betogers verwoes is. Foto: Verskaf

Die geding teen die minister is vandeesmaand in die Kaapstadse hooggeregshof hervat en toe wéér uitgestel, dié keer tot April volgende jaar.

Brett Cotterell, die eisers se prokureur, sê die omstandighede van elke saak sal die aanspreeklikheid van die polisie vasstel.

“Die polisie gaan nie in elke situasie aanspreeklik wees nie, maar in ons saak het die polisie geweet van die betoging. Hulle was op die toneel, maar het versuim om op te tree in ooreenstemming met hulle wetlike plig, soos deur ons kenner in sy getuienis beskryf,” het Cotterel gesê.

Dié getuienis was van oudkolonel Willem Bezuidenhout, wat getuig het die polisie se optrede op die toneel was nie soos beleid dit vereis nie. Volgens hom was die polisie se optrede hopeloos onvoldoende.

Een van die fabrieke wat in 2012 deur betogers verwoes is. Foto: Verskaf

Prof. Rika Snyman, verbonde aan Unisa, het ook vroeër getuig die polisie se openbareorde-eenheid se versuim om burgers te dien en beskerm, is ʼn toenemende risiko vir die maatskaplike bestel. Sy het getuig dit bedreig onder meer die handhawing van reg en geregtigheid in die land, voedselsekerheid en beleggersvertroue.

Snyman het getuig ander soortgelyke voorvalle – soos die plundering van H&M-winkels weens ʼn ongewilde advertensie en grondgryping waar strukture opgerig is – het plaasgevind omdat die polisie nie tydig ingegryp het nie.

Volgens Snyman bestaan die kans dat die versuim van die polisie se openbareorde-eenheid om op te tree Suid-Afrika oor ʼn afgrond na wetteloosheid en anargie kan stoot.

Phephelaphi Dube, direkteur van die Sentrum vir Grondwetlike Regte, sê ingevolge die Grondwet hét die polisie ʼn plig om burgers en hulle eiendom te beskerm. Hóé dit gedoen word, word in onder meer die Polisiewet vervat en dit is waaroor die hof moet beslis.

  • Theuns Hanekom en Johrina Hanekom sê ander mense wat in soortgelyke omstandighede skade gely het, of by die saak betrokke wil raak, is welkom om hulle te nader by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Asmain ·

Gewonder wanneer gaan iemand die regering begin verantwoordelik hou vir skade gely agv die feit dat die SAP betogings & vandaliste “monitor”, nooit word iemand vasgetrek nie

Adri ·

Ek hou hiervan. Hoog tyd! Dalk dwing dit die lam SAPD tot optrede.

humor ·

Miskien is dit nie vir die regering so n pyn om te betaal nie. Ek is bly as Theuns- hulle die geldjies kry,maar ek as belastingbetaler sal maar net weer die hand dieper in die sak moet steek.

Die Waarheid ·

Jip, aan die einde is dit die belastingbetaler wat moet opdok.

nico k ·

Ek het simpatie met die polisie. As hulle dit met geweld probeer beeindig (hoe anders) is hulle ook in die moeilikheid. Maar die meeste optogte word deur ‘n spesifieke organisasie gereel. Vat hulle hof toe met ‘n siviele eis.

leser ·

hoop daar kom iets hiervan, saak sloer al 6jaar en is alweer uitgestel, wys jou hoe treurig is ons regstelsel, polisielede van daardie tyd is almal al uit die polisie of glad nie meer bereikbaar nie

Aw ·

“There is no nice way to arrest a potentially dangerous, combative suspect.
The police are our bodyguards; our hired fists, batons and guns.
We pay them to do the dirty work of protecting us.
The work we’re too afraid, too unskilled, or too civilized to do ourselves.
We expect them to keep the bad guys out of our businesses, out of our cars, out of our houses, and out of our faces.
We just don’t want to see how it’s done.”
– Charles H. Webb, Ph.D.

AW ·

It is a general fact that, no matter how many times people are arrested for public violence, That there are very few convictions.

This, due to verious reasons.

Then whether, there was a trial or Not or a conviction or Not….

The civil claims against the police for Wrongful Arrest and Detention and or Prosecution will be instituted!!!

Proof me Wrong
Proof me Right

That is a South Africa Reality !!!

AW ·

National Instruction 1/2016
CHAPTER 6: THE USE OF LETHAL FORCE

(5) In the case of crimes against property, irrespective of the value of the property, the use of lethal force in order to effect an arrest will never be permissible. Property can never be more valuable than the life of a human being.

DieWaarheid ·

Lethal force beteken n persoon kan maklik doodgaan. Sambok, rubber koeels, traangas, is alles nog wetting. maar niks was gedoen nie.

Inkies ·

Hierdie berig bring angswekkende herinneringe terug. Sterkte aan Die Hanekom’s en andere wat finansiele en emosionele skade gelei het

AW ·

Regulation of Gatherings Act, 1993 (Act No 205 of 1993) read with

National Instruction 4 of 2014 – Public Order Policing: Crowd Management During Public Gatherings And Demonstrations

Parr 1/2

Paragraph 14.
EXECUTION OF PUBLIC ORDER RESTORATION OPERATION

1. The use of forse and dispersal of crowds must only be conducted by those members of POP trained in crowd management and equipped with the relevant crowd management equipment.

2. …

3. If the use of force is unavoidable, –
(a) the purpose of the offensive action must be to de-escalate conflict with minimum force to accomplish the goal and therefore the success of the action will measured by the result of the operation in terms of loss of life, injuries to people, damadge to property and cost;

(b) the degree of force must be proportional to the seriousness of the situation and threat posed in terms of situational appropriateness;

(c) it must be reasonable in the circumstances;

(d) the minimum force must be used to accomplish the goal: and

(e) the use of force must be discontinued immediately once the objective has been achieved;

(f) if the participants are going to be dispersed, make sure that they have enough escape routes in order to try and avoid serious injuries or possible deaths as a result of a stampede;

Staak saam ·

Die uiteinde van die saak sal ons nooit sien nie tensy die media en organusasies hulle gewig agterna gooi.
Ek weet van n saak teen die SAPD wat nou al vir 12 jaar draai.
Die staat vra elke keer uitstel, hierdie saak waarvan ek praat kos die persoon nou oor R1 000 000 en die persoon is nognie n tree nader aan n uitkoms nie.
Dit is baie goed om hulle aantevat maar skuldig gaan hulle nooit kom nie.

Johnnie ·

Hierdie eise gaan doodloop want hulle gaan dit net bly uitstel en van uitstel kom afstel, dis hoe die regering en sy howe werk.

AW ·

Regulation of Gatherings Act, 1993 (Act No 205 of 1993) read with

National Instruction 4 of 2014 – Public Order Policing: Crowd Management During Public Gatherings And Demonstrations

Part 2/2

(g) if dispersion is unavoidable, an attempt must be made to disperse the partisipants in the direction of a positive attraction point (an area where participants would most likely be willing to move to); and

(h) always implement gradual police response.

4. Force may only be applied in a coordinated manner and on command. No individual action will be permitted except in instances of private defence.

zoom zoom ·

Dagvaar die rook uit die vakbond of unie wat die werkers opgestook het en aangehits het tot die dade.

Penellope Jones ·

Dalk is die polisie ook, soos die weermag “not trained for it” soos Cele genoem het . . . . . . .

Patriot ·

Zoom zoom… jy is reg, dagvaar die unie / vakbond ook. Tyd laat hulle les opse en besef afbrand kom jou duur te staan!

Justine ·

“Arrest may lead to increased violence in same cases and thus defeat the principles of crowd management.
In those circumstances it would often be more effective to wait for an opportune moment after the gathering, or to charge offenders at a later stage.”
= Principle Of Situational Appropriateness.

Also

The police are not Allowed to make use of sjamboks like in the Apartheid days.

PieterJohannes ·

As daar nie opstokers was nie, sou dit nooit gebeur het nie. Die leiers van enige optog moet verantwoordelikheid aanvaar. As hulle nie die stakers kan beheer nie, en hulle rig enige skade aan, moet die leiers gedagvaar word. Dink daaraan dat hulle genoeg tyd het om ‘n volledige ledelys, asook ‘n lys van leiers wat die stakers moet beheer, kan saamstel omdat hulle vooraf moet aansoek doen vir ‘n wettige staking. Dit sou ook maklik wees om die staking se wettigheid te kanselleer sodra daar wangedrag begin plaasvind.

Gerhard ·

Dis reg dat hulle eis maar my gevoel is om eerder teen die lede wat nie opgetree het nie, of dan hulle bev. in hulle persoonlikke hoedanigheid te eis want nou betaal ons belasting betalers vir hulle nalatigheid

Elsabe Hardy ·

Eis van die regering after ook. Hulle sit ook maar net agteroor en toekyk hoe al die gebeure afspeel.

sinies ·

Die polisie is krimineel aanspreeklik saam met Nosey Pieters se vakbond. Vat hom Flaffie!

Hans ·

Stem dat SAPD en vakbonde verantwoordelik is en deur hofbevel gedwing moet word om die eienaars wie se eiendom verwoes is.

Hendrik ·

Die verantwoordelike polisielede en -leierskap moet in hulle persoonlike hoedanigheid gedagvaar word, sonie word hulle nooit tot rekenskap gebring nie. Die belastingbetaler kan nie aanhou opdok vir die staat se talle blapse in polisiëring, gesondheidsorg, en openbare ondernemings nie.

Grysburger Pretoria ·

Soos ek dit het, reken akademici dat dit ongrondwetlik is om mense te dood om eiendom te beskerm.

Buks Barnard ·

Die hof moet hierdie keer regverdig wees en bepaal dat die pandoerminister en die betrokke pandoeroffisiere die eis uit hulle eie volgestopte sakke moet betaal en dit nie net weer op die onskuldige belastingbetaler afskuif nie. Die belastingbetaler het reeds die spul nuttelose toeskouers in uniform se onverdiende salarisse betaal en dit is genoeg.

Monica ·

Dagvaar sommer die hele regering, veral die ou en nuwe presidente, want hulle hou net hul bekke oor al die misdaad

Adam ·

Ek vind dit vreemd dat nerens verwys word na of die slagoffers SASRIA dekking gehad het nie. In ‘n land soos SA waar ons reeds dekades aan openbare geweld blootgstel is, dit onontbeerlik.

PJC ·

Adam dit lyk vir my of die publiek in die meeste gevalle nie daarvan bewus is dat daar iets soos SASRIA dekking is nie.

HPV ·

Ja Adam en PJC, en dit kos ook nie ‘n plaas se geld nie. Besighede, eiendom en voertuie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.